1 Winterwarm-mokka
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Smelt 200 g donker sjokolade en 45 ml organiese koffie (ons het Woolworths s’n gebruik) in ’n klein kastrol. Skep die sjokolademengsel in 4 hittebestande glase en verdeel 2 1/2 k warm volroommelk tussen die glase. Sit voor met malvalekkers en ’n skeppie van die melkskuim.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }2 Stroperige poeding
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Gee jou gunstelinggebakte nagereg ’n gedaanteverwisseling en bedruip dit met 125 ml gegeurde rooibosstroop terwyl dit nog warm is. Sit voor met lepels vol mascarponekaas.
3 Ryk sjokolade-en-karamel-drankie
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Verhit 3 k volroommelk en geur met ’n vanieljepeul en -saadjies en 3 kardemompeule. Voeg 2 groot eetlepels sjokoladesous en 2 groot eetlepels karamelfudge by die warm melk en roer tot die sous gesmelt is.
Om dit nog lekkerder te maak, kan jy ’n paar skeutjies van jou gunstelinglikeur byvoeg. Verwyder die vanielje-en-kardemompeule. Verdeel in vier glase en versier met gerasperde sjokolade.
Probeer ook warm gebakte brie
Gebruik gegeurde rooibosstroop oor ’n groot, ryp brie- of camembertkaas en strooi ’n hand vol heel, geroosterde amandels en droë appelkose bo-oor die kaas. Bak vir 10 min. tot deurwarm en smul.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.