Genoeg vir 6
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }• 200 g witsjokolade, ruweg gekap
• 60 ml (¼ k) water
• 80 ml (⅓ k) brandewyn
• 250 g tuisgemaakte mascarpone
• 250 ml (1 k) vars room
Maak jou eie mascarpone-kaas. Klik hier vir ons resep.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Pere
• 6 klein geskilde pere – los die stingels aan
• 1 x (750 ml) bottel soetwyn, soos wit muskadel
• 2 kaneelstokkies
• 3 steranys-peule
• 6 stukkies versuikerde gemmer in stroop (opsioneel)
1 Maak ’n middelslagkastrol halfvol water en laat dit liggies oor matige hitte prut.
2 Smelt die sjokolade, water en brandewyn in ’n glasbak wat knus op die kastrol pas.
3 Roer tot glad. Maak seker geen stoom ontsnap nie, anders trek die sjokolade saam.
4 Haal van die hitte af en laat effens afkoel. Roer die mascarpone deur tot glad.
5 Klits die room tot stywe punte vorm.
6 Vou die room versigtig in die sjokolademengsel in. Sit vir 2 uur in die yskas of tot gestol.
7 Posjeer die pere en speserye in die soetwyn in ’n middelslag-kastrol oor matige hitte vir sowat 20 min. of tot net-net sag.
8 Lig die pere met ’n gaatjieslepel uit en kook die wyn verder af tot dit stroperig raak.
9 Sit die pere in die afgekookte sous terug en meng saggies deur sodat dit ’n mooi glanslaag kan kry.
10 Sit die pere by kamertemperatuur saam met die mousse voor sodat die mousse nie smelt nie.
11 Tooi elke bakkie met ’n stukkie gemmer en ’n bietjie van die gemmerstroop.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.