kategorieë: Leef gesondGesondheid

Woeker met jou eierselle

Die advertensie aan die regterkant van die webblad wat jy voor jou oop het lees: “Eierselskenkers nodig. Klik hiér.” Die idee het dalk al by jou opgekom. ’n Paar eierselle vir ’n paar duisend rand – dalk net genoeg om die laaste paaiement op jou motor te betaal, of skoolboeke vir jou kind te koop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit klink na malligheid, maar in sommige dele van die wêreld maak eierselskenkers ’n klein fortuin uit ander se groot hartseer. Agentskappe vir eierselskenkers, -ontvangers en surrogaatmoeders kan nie voorbly in die vraag na skenker-eierselle van vroue van álle rassegroepe nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Derduisende vroue kan nie kinders hê nie, tensy hulle iemand anders se eierselle gebruik. Jy skei maandeliks minstens een gesonde, volwasse eiersel af en jy kán swanger raak, sou jy wou. Jou gesonde eierselle beteken hoop vir duisende vroue wat nie met hul eie ovum kan swanger raak nie. Jy het waarna ander vroue wêreldwyd smag: gesonde eierstokke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maar wat is daarin vir jóú sou jy jou eierselle skenk? Of moet jy glad nie aan die geld dink nie?

Dit gaan immers daaroor om iemand anders die kans op swangerskap te gee. Daleen (skuilnaam), 34, het twee jaar gelede besluit om haar eierselle te skenk. Sy erken sy hét gedink aan die geld wat sy sou ontvang, al was geld nie haar enigste rede nie. “Ek was in daardie stadium in ’n finansiële verknorsing. Ek was ’n enkelma met twee jong tieners en die geld hét gehelp. “Dit het my ’n paar maande geneem om te besluit ek gaan met die skenking voort. Ek het gewonder of dit die regte ding is om ’n stukkie van myself weg te gee? “Dit hét gehelp om te weet ek help iemand anders. Nadat dié gedagte ingesink het, was ek ook nie bang dat ek jare later sal wil weet hoe die kind lyk nie. Ek het besluit ek wíl nie weet nie. Dis nie my kind nie, ek help net!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Daleen sê sy sou graag wou weet hoe die ervaring vir die ontvangers was. “Maar aan die ander kant wil ek nooit kontak hê nie, want ek wil nie hê hulle moet voel ek wil deel van die kind se lewe wees nie.” Sy het ná die skenking gehoor die in vitro-bevrugting met háár eiersel was onsuksesvol. “Ek was baie teleurgesteld en jammer vir die vrou wat al die hoop op ’n swangerskap gehad het. Ek oorweeg dit om weer te skenk. Noudat ek weet waaroor dit gaan, sal dit vir my makliker wees.”

Wat sê die wet?

In Suid-Afrika mag geen betaling vir orgaanskenking, ook eierselle, ontvang word nie. Dít is gelykstaande aan orgaanhandel. Daar mag wel ooreengekom word op ’n vergoeding vir die eierselskenker se tyd, moeite en koste, soos brandstof en verblyf. Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Reproduktiewe Wetenskappe en Chirurgie (SAVRWC), beveel ’n vergoeding van tussen R5 000 en R6 000 aan. Enigiets meer as R10 000 moet gemotiveer word. Skenking in Suid-Afrika word heeltemal identiteitloos gedoen, behalwe wanneer jy uit eie keuse mense gebruik wat jy ken. A-Z van eierselskenking

Dit klink na ’n edele ding om te doen. Gee ’n stukkie van jouself, maak iemand anders ’n mamma en steek ’n paar duisend rand in jou sak. “Hokaai! Dit is nie só eenvoudig nie,” sê Tertia Albertyn van Nurture, ’n agentskap vir eierselskenkers, -ontvangers en surrogaatmoeders. “Jou aansoek om ’n skenker te word, is net die begin.”

Die skenkingproses

Sodra die agentskap besluit het jy is geskik om te skenk, word jou profiel op ’n gedeelte van die agentskap se webwerf geplaas wat slegs deur voornemende ontvangers gesien kan word. Jenny sê vroue se grootste motivering om hul eierselle te skenk, is om ander te kan help. “Hulle voel bevoorreg om deel te kan wees van hierdie proses en ’n verskil te kan maak in iemand anders se lewe.” In vitro-bevrugting, met of sonder ’n skenkereiersel, kos ouerpare tussen R40 000 en R50 000 in SA – dit sluit die kliniekkoste en agentskap se deel in. Om R6 000 aan die skenker af te staan, is byna kleingeld. “Die proses is nog ‘goedkoop’ in Suid- Afrika. In ander wêrelddele is dit onbekostigbaar vir gewone salaristrekkers,” sê Tertia.

Agentskappe sien jaarliks ’n groei in die aantal buitelandse ouerpare wat Suid- Afrika toe kom om ’n skenker te soek, en die hele in vitro-proses hier te laat doen.” Mediese fondse betaal nie die proses van in vitro-bevrugting nie en paartjies wat nie self kan swanger raak nie moet maar die hand diep in hul sakke steek hiervoor. Tertia sê dit is gewoonlik vir die ontvanger- paartjies traumaties, veral wanneer die proses nie die eerste keer suksesvol is nie.

Eers is dit traumaties om te hoor jy kan nie met jou eie eierselle swanger raak nie. Dan moet jy vrede maak daarmee dat jou baba uit ’n klein deeltjie van ’n vreemde vrou gaan bestaan. “Maar wéér moet vroue verstaan dit is nie gene wat ’n mamma maak nie – jy is ’n ma as jy daardie baba vir nege maande in jou voel groei het, nagte om by ’n siek kind se bed gesit het, of soentjies steel van jóú baba aan wie jy geboorte gegee het. “Dit gebeur baie dat die proses die heel eerste keer nie ’n swangerskap oplewer nie. Dan moet paartjies besluit of hulle wéér deur die hele emosionele proses wil gaan (ook of hulle die geld daarvoor het), of gaan ophou probeer.” Ons het ontvang Daniël (skuilnaam) en sy vrou het verlede jaar van Nigerië af gekom om in vitrobehandeling in Suid-Afrika te kry. “My vrou kan nie haar eie eierselle produseer nie. Ons het drie in vitro-probeerslae in Nigerië gehad, elke keer onsuksesvol. Dáár het een so ’n proses ons 000 gekos. “In Suid-Afrika het ons deur Baby2- Mom-agentskap gewerk. Ons was baie opgewonde en het op ’n skenker besluit, maar sy het ná die aanvanklike toetse kop uitgetrek. Ons moes wéér kies … nogal moeilik, want “swart” skenkers is baie skaars. Die tweede probeerslag was ’n vreugde. Die hele proses is voltooi en my vrou is al ses maande swanger! Dis ’n baie emosionele proses om deur te maak – eers die wete dat jy nie kinders uit jou eie eierselle kan hê nie. Dán moet jy begin soek na ’n skenker. Dis ’n groot besluit. Indien die proses nie die eerste keer suksesvol is nie, moet jy besluit of jy weer daardeur wil gaan. Ons wou bitter graag ons eie kinders hê en sou nie ophou nie.”

Eierselskenker-Agentskappe in Illinois, Amerika, sê hulle het ’n derde meer skenkeraansoeke gekry nadat die wêreldekonomie in duie gestort het. Skenkers wat deur agentskappe werk, bank so $7 000 per skenking. As jy privaat skenk, kan jy tot $20 000 maak. Bewusmaking die sleutel “Die sleutel tot ’n goeie beeld van eierselskenking in Suid-Afrika, (eintlik wêreldwyd), is om mense bewus te maak van die nood aan eierselskenkers uit alle rassegroepe. Daar bestaan in sommige rassegroepe ’n wanpersepsie dat skenking ’n bose ding is. Daar is niks daarmee verkeerd as iemand nie kan swanger raak nie, en iemand anders se eierselle gebruik om ’n droom te verwesenlik nie,” sê Tertia.

Meer inligting oor eierselskenking: www.baby2mom.co.za en www.nurture.co.za

Die risiko’s

  • Die algemeenste risiko is eierstokhiperstimulasiesindroom, wanneer jou eierstokke oorgestimuleer word deur die hormone wat jy in dié tydperk moet neem. Die simptome is opgeblasenheid en in sommige gevalle naarheid en diarree. Indien daar nie vroegtydig omgesien word na die toestand nie, kán dit tot die dood lei. Maar dit is die uitsondering.
  • Hormoonverwante buierigheid.
  • ’n Moontlikheid van kanker van die eierstokke, hoewel geen navorsing nog die verband bewys het nie.
  • Narkose-verwante komplikasies.
  • Pelviese absesse ná die operasie en gevolglike onvrugbaarheid.
  • Die risiko van perforasie van ’n aar of organe, soos die blaas.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Rolene Strauss deel haar storie oor MIV

Na die geboorte van haar eerste seun in 2017, het sy haar mediese studies voltooi…

16 hours Gelede

“Mamma, jy speel nooit saam met my nie!” Hoekom speeltyd so belangrik is

Deur Tanya de Vente-Bijker “Mamma, kan jy asseblief kom speel? Asseblief, net ʼn rukkie? Jy…

18 hours Gelede

Basiese kragsoppe

Ons Suid-Afrikaners hou van lekker vleiserige kragsoppe of “broths”, soos die Engelse dit noem. Dié…

21 hours Gelede

Die twee kante van Luan Jacobs in ‘Diepe waters’

Vertel ons meer van jou karakter. Ek vertolk die rol van Damian. Hy is ’n…

22 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Binnelanders-nuweling, Deoudoné van der Merwe

Jy kan dalk dink Deoudoné van der Merwe se TV-loopbaan het laas jaar met ’n…

4 days Gelede

Verruklike winterpizza

Verruklike winterpizza met gekaramelliseerde uitjies, crème fraîche, orego en tiemie. Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.