kategorieë: Reis

Word stil tussen die heuwels van Brahman Hills

Naam
Michelle Nortje

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Waar ons was
Brahman Hills

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ligging
Natalse Middellande, KwaZulu Natal

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Soort akkommodasie
Luuks, ontspanne en ideaal vir families of groepe vriende. Die hotel-area is veral geskik vir trou-gaste

Tariewe
Bel ontvangs by 033 266 6965, stuur ’n e-pos aan reservations@brahmanhills.co.za of besoek die webblad by www.brahmanhills.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Atmosfeer
Een woord: rustig! Pragtige lowergroen heuwels waar brahmaanbeeste en wilde diere wei, indrukwekkende staproetes en ’n koper-restaurant binne-in ’n wynkelder. ’n Absolute belewenis.

Wanneer
5-7 Februarie 2016

Waar ons oorgeslaap het
Selfhelp-kothuis ten volle toegerus en voorsien

Waar ons geëet het
89 on Copper – ’n asemrowende restaurant wat in die eiendom se wynkelder geleë is, Brahman Dining Room waar fynproewersdisse bedien word, piekniek langs die vlei en ’n gourmet-braai by ons kothuis.

Wat het dit onvergeetlik gemaak?
Die stilte en die asemrowende ligging van die Natalse Middellande. Die diens was uitstekend en die kos is enige kosfoendi se droom.

Wat omtrent die plek of die mense het jou gefassineer?
Die gasvryheid en moeite wat die personeel doen om besoekers tuis te laat voel. Dit het gevoel asof ek ’n nuwe familie ontmoet, en groet, binne twee dae.

Funksies
Brahman Hills is die ideale plek om te trou. Die unieke kapel met glasvensters en ’n 90° uitsig oor die meer, saam met die onthaalsaal wat uitkyk oor die lowergroen heuwels, maak van hierdie eiendom die ideale omgewing vir ’n ware landelike troue. Kontak 033 266 6965 of stuur ’n e-pos aan reservations@brahmanhills.co.za vir meer besonderhede oor verskeie trou-opsies.

Vind stilte en die rustigheid van die natuur

As jou hart verlang na stilte en ’n wegkomkans van die stad se lawaai, is Brahman Hills ’n besoek werd. Die rustigheid en natuurskoon wat jy ervaar sodra jou voete die perseel raak, is onbeskryflik. Al wat jy veronderstel is om hier te doen, is rus met ’n hoofletter R … en lekker eet.

Bespreek ’n volledig toegeruste selfhelpeenheid en bederf jouself met ’n piekniek langs die meer. Die piekniek word ten volle voorsien (bevestig jou piekniekmandjie vooraf), en geniet ’n luilekker middag in die natuur. Ek het soos Heidi gevoel!

Nog een van die hoogtepunte by Brahman Hills is 89 on Copper-restaurant. Ek kan nie besluit wat het my die meeste bekoor nie, die ligging of die dekor … Geleë in die eiendom se wynkelder, voel dit of jy ’n ander wêreld betree wanner jy die trappies afstap tot binne die geheime restaurant, kroeg én studeerkamer. Die dekor komplementeer die naam (89 on Copper) perfek. En dis ook geen toeval nie. Gasvryheidspesialis, Gill Bowmaker, en bestuurder van Brahman Hills, het die dekor goed beplan om by die koper-tema te pas. Koper-kroegstoeltjies, ligte en selfs unieke houers waarin kaggelhout gebêre word, verleen oorspronklikheid aan die gevoel in die kelder.

Om een van my mede-besoekers aan te haal, “this is the ultimate foodie destination.” En dit is sowaar! Skryf Brahman Hills op jou kluitklaplysie van kosbestemmings wat jy moet besoek.

Het jy geweet?

• Brahman Hills het ’n veelsydige opknapping ondergaan nadat dit oorgeneem is van die voormalige Windmills Hotel.
• Die eienaar, Iain Buchan (’n ywerige omgewingspesialis) het die eiendom so gevestig om die groeiende eko-beweging te ondersteun. Lees meer hier.

Besoek Brahman Hills by http://www.brahmanhills.co.za/ en op Facebook

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.