Genoeg vir 6
Bestanddele
- 500 g wortels, geskil
- 30 ml (2 e) botter
- 15 ml (1 e) heuning
- 45 ml (3 e) pietersielie, gekap
- sout en gemaalde swartpeper
Metode
- Sny die wortels met ’n groenteskiller in linte. Blansjeer vir 30 sekondes in kookwater. Dreineer en skep in ’n opdienbak.
- Smelt die botter en heuning saam in die mikrogolf. Skep oor die wortels, voeg die pietersielie by en meng saam. Geur na smaak. Sit dadelik voor.
Nog idees
- Jy kan ook zucchinis in linte sny en saam met die wortels blansjeer.
- Voeg die uitgedrukte sap en gerasperde skil van 1 lemoen by vir ’n lekker variasie.
- As jou tyd knap is, kan jy gerus klaar geskilde babaworteltjies koop en op presies dieselfde wyse gaarmaak.
