kategorieë: BekendesSkoonheid

Zanne Stapelberg se lipstiffie

Wat dink jy is die funksie van lipstiffie?
Lipstiffie laat ’n vrou meer vroulik voel, gee selfvertroue, is ’n vorm van selfuitdrukking en laat ’n vrou bekoorlik voel.

Hoe dikwels dra jy lipstiffie?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Elke dag – selfs al klim ek Tafelberg dra ek lipstiffie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Watter kleur/e verkies jy?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bloedrooi, helderpienk en oranje is my gunstelingkleure.

Hou jy van lipstiffie met ’n geur?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nee, geen geur, net kleur – hoe helderder hoe beter.

Hoe kies jy ’n lipstiffie?

Instink –  ek weet watter handelsmerke ek verkies. Chanel en MAC is my gunstelinge.

Het jy ’n assosiasie met lipstiffie uit jou kleintyd – dalk hoe jou ma dit gedra het, of ’n ander herinnering?

My ma en haar moeder het altyd bloedrooi lipstiffie gedra. Dus was rooi lipstiek soos tandeborsel ’n moet, ten minste 2 maal per dag.

Kan jy onthou wanneer jy die eerste keer lipstiffie gedra het?

Ek dink ek het met rooi lipstiek gespeel nog voor ek met kryte begin teken het – seker in my gene.

Wanneer kan ’n meisie lipstiffie begin dra?

Matriek. Ek het eers begin grimering dra in Graad 12.

By watter geleentheid het jy gevoel jou lipstiffie het ’n merkbare effek op ’n man, of dalk op vriendinne, ’n gehoor, of jouself?

Dit is beslis my kenteken. As ek nie rooi lippe aan het nie, stap mense in die dorp na my toe en vra of iets fout is met my!

Is dit vir jou onaangenaam as jy iemand soen en hulle lipstiffie gee af, of ken jy ’n man wat daarvoor gril?

Nee glad nie. My man is so gewoond aan my rooi lippe, hy vry maar rondom dit!

Het lipstiffie nog funksies behalwe om vroue mooier te laat lyk – teken jy bv. ooit daarmee?

Ek soen altyd al my CD’s nadat ek dit vir mense geteken het. Wanneer ek kaartjies skryf, soen ek ook altyd by my naam en gooi blinkers in die koeverte.

Bespaar jy ooit op lipstiffie?

Nooit ! ’n Vrou moet nooit bespaar op lipstiffie en parfuum nie.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

19 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.