kategorieë: Ons menseBekendes

Zelda la Grange oor Mandela Dag

Wat beteken Mandela Dag vir jou?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is ’n dag waarop ek die lesse en ervaringe wat ek by Madiba opgedoen het, op ’n praktiese manier kan implementeer om ’n verskil mee te bring. Natuurlik is die dag ook spesiaal want ek wil sy nalatenskap op my stil manier ook herdenk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat het oud pres. Mandela jou oor barmhartigheid geleer?

Dat as jy elke dag net een goeie ding vir iemand doen, dit die hele wêreld kan verander … en hy het, deur net dit te doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waarom, dink jy, is liefdadigheid belangrik in ons samelewing?

Daar is só baie nood en terselfdertyd vir baie van ons só baie om voor dankbaar te wees. Ons kan nie meer blind rondgaan en voorgee dat ons nie die swaarkry om ons raaksien nie. Dit is op ons voorstoep in al sy vorme, al is dit net iemand wat meer persoonlike aandag nodig het. Niemand anders kan dus ons eie omgewing verander as onsself nie.

Hoe kan Suid-Afrikaners meer liefdadigheidswerk doen?

Deur te onthou dat Madiba 67 jaar van sy lewe met baie van sy makkers opgeoffer het. Die beste jare van hul lewens, sodat ons vandag ons vryhede kan geniet. Die minste wat ons kan doen is om 67 minute op Mandela Dag te gee, indien niks anders nie. Maar, raak ook deur die jaar by jou gemeenskap betrokke in ’n projek wat julle deur die jaar dophou en maak só elke dag ’n Mandela Dag.

Vertel ons meer oor die Bikers for Mandela se Maputo-reistog.

Ons fokus hierdie jaar is die voorkoming van geweld teen vroue en kinders asook die voorkoming van Malaria. Ek is sedert 2010 die beskermvrou van die 1st for Women-stigting. Hierdie stigting het al meer as R50 miljoen aan projekte geskenk wat geweld teen vroue bekamp of sentrums wat met vroue uit soortgelyke situasies kom, werk.

Ons reis spesifiek na Maputo om mense langs die pad aan te spoor en hopelik te inspireer om vertroue te bou dat daar wel vir twee van die grootste probleme van ons tyd, uitkomstes is. Ons kan selfvertroue inspireer en organisasies ondersteun wat geweld teen vroue en kinders bekamp. So ook kan ons Malaria voorkom deur voorsorgmaatreëls en kennis te versprei.

Behalwe vir Bikers for Mandela, is daar enige ander maniere hoe jy jou 67-minute gaan spandeer?

Die werk en opwinding tot die aanloop van Bikers is baie uitputtend. Ek het ook ’n verskriklike tawwe reisprogram tot dusver agter die rug. Ek is moeg. Ek kan nie wag om by die huis te kom, my kersie by Madiba se klein beeldjie aan te steek en net rustig by myself te wees nie.

Hoe het Mandela Dag jou oor die jare heen beïnvloed?

Wat min mense besef is hoe bevredigend dit is, of kan wees, om vir iemand anders hoop te bring of net soms iemand as persoon te erken. Ek het oor die jare geleer dat ek net soveel uit Mandela Dag put in terme van selfbevrediging as wat dit dalk vir ander mense beteken. Dié veldtog as geheel het gemaak dat ek ’n hele jaar lank oor my doelstellings vir die volgende jaar bewus is, maar ook dat ek terselfdertyd baie bewus is van soveel vorme van swaarkry om my.

Wat is jou merkwaardigste Mandela Dag-herinnering?

Dit moet die ou Tannie wees wat ons verlede jaar in Knysna by ’n aftreeoord gekry het. Haar kinders het haar daar gaan aflaai en vertel dat sy vir ’n “mediese ondersoek” gaan. Hulle het haar eenvoudig net nooit weer gaan haal nie.

Niemand kuier by haar nie en sy het haar huis en alle kontak met haar familie verloor. Om haar hand vas te hou en haar te verseker dat daar mense soos ons Bikers is wat omgee, vir haar twee warm komberse te kon gee, ’n lekker koppie sop en iets soets daarna asook ’n warmwatersak vir die koue voete was vir my persoonlik een van die grootste oomblikke van my lewe.

Karen Zoid het vir haar gesing en ons het om die beurt by haar gesit en gesels. soos met al die ander oumense.  Toe ons daarna op ons motorfietse klim en in die reën na die volgende projek ry was ons almal in stilte van skok.  Alhoewel jy op so ’n eenvoudige manier soveel vir iemand kan beteken, doen ons nog eintlik heeltemal te min.

Ons was almal in trane. Groot uitgegroeide Biker-mans ook. En natuurlik die Tannie ook. Daar is elke jaar iets wat ’n mens so verskriklik diep raak en soveel soos ek myself nou belowe dat ek myself nooit weer so baie werk gaan veroorsaak nie, maak daardie oomblikke elke jaar dat ek dit weer doen.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.