kategorieë: Bekendes

10 Dinge wat jy nie van Koningin Elizabeth II geweet het nie

Jy sal verbaas wees wat Nicole Kemp oor die oorlede koningin ontdek het!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• In haar tienerjare het ’n jong Prinses Elizabeth graag saam met haar jonger suster, Margaret, in pantomimes opgetree.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• Tydens haar bewind het sy meer as 30 corgi honde as troeteldiere gehad. Dié tradisie het begin met haar eerste hond, Susan, wat sy as ’n geskenk op haar agtiende verjaarsdag ontvang het.

• Elizabeth het in 1945 leer bestuur nadat sy by die vroue-afdeling van die Britse weermag aangesluit het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Saam met haar bestuurvermoëns word daar gesê dat die koningin die enigste lid van die koninlike familie was wat geweet het hoe om ’n vonkprop om te ruil.

• Die bekende wasmuseum, Madame Tussauds, het oor die jare heen 22 wasbeelde van die koningin gemaak, waarvan die eerste beeld een van ’n twee-jarige Prinses Elizabeth is.

• Hoewel sy op 21 April gebore is, word die koningin se verjaarsdag jaarliks in Junie gevier. Die datum waarop dié feesvieringe plaasvind is egter nie vasgemaak nie, maar dit val wel elke jaar op ’n Saterdag.

• Die koningin het haar eerste e-pos in 1976 vanaf ’n weermagbasis gestuur.

• Tydens haar bewind is daar sowat 130 portrette van die koningin gemaak.

• Tydens Apollo 11 se maanlanding in 1969 het Elizabeth ’n boodskap na die ruimtevaarders gestuur. Dié boodskap is op mikro-film gestoor en in ’n kapsule op die maan begrawe.

• Die koningin se eerste staatsbesoek as ’n prinses was na Suid-Afrika in 1947.

• Tydens haar bekroning was die koningin se jasse só swaar dat sy vir die Aartsbiskop van Canterbury gefluister het om haar liggies te stoot sodat sy kon begin loop.

Foto: Mathew Browne vir Unsplash

Lees nog: Waterwys blomme vir die lente

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.