kategorieë: VelsorgSkoonheid

10 dinge wat met jou vel gebeur soos wat jy ouer word

Deur Tamlyn Cummings vir All4Women. Vertaal deur Catherine Schenck. Hooffoto: Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die lewe is vol onsekerhede, maar daar is een ding wat gewis en seker bly: ons almal gaan oud word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Oudword is onvermydelik. Of jy nou besluit om hierdie feit te omhels, dit vir so lank as moontlik uit te stel of selfs heeltemal te vermy (kosmetiese chirurgie kan wondere verrig …) is dit goed om jouself voor te berei deur presies te weet wat met jou vel gebeur wanneer jy verouder. Hier is 10 dinge …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Jou vel raak droër

Hierdie is baie algemeen, maar terwyl dit vir die meeste mense ’n probleem is, kan diegene met ’n olierige vel vir ’n slag feesvier omdat dit stadiger met hulle gebeur. ’n Droë vel word veroorsaak deur blootstelling aan elemente en die afskakeling van verskeie olie- en sweetkliertjies. Maak seker jy skakel oor na ’n ryker vogroom wat jou droë vel sal voed.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Dit kneus makliker

Jy sal heel waarskynlik meer bloukolle opmerk as vantevore, maar moet jou nie te veel hieroor bekommer nie. Dit is net omdat jou vel dunner word tydens die verouderingsproses, wat minder weefsel oorlos om die impak van ’n stampie te absorbeer, asook om minder ondersteuning te los rondom jou bloedvate.

3. Dit verloor sy elastisiteit

Soos ons ouer word, vervaardig ons minder elastien en kollageen – die proteïene wat elastisiteit bevorder. Daarom word jou vel al hoe minder glad en al hoe losser.

4. Jou vel verslap

Jy het dit dalk al opgemerk – veral in die areas rondom jou gesig, nek, hals, en selfs jou borste. Hierdie velverslapping word veroorsaak deur die verlies aan elastien en kollageen, saam met die feit dat jy die vetterige reserwes verloor wat jou vel opkikker, wat swaartekrag toelaat om sy kragte in te werk en om hangerigheid te veroorsaak.

5. Jy kry plooie

Omdat jou vel droër raak en sy elastisiteit verloor, begin fyn lyntjies en plooie om te vorm: eers waar jou glimlag- en fronslyntjies is, en dan op die res van jou gesig en ander dele van jou lyf.

Wat kan ons sê, oudword is nie vir sussies nie …

6. Jou vel vat langer om te herstel

Stampmerke, krapmerke en vlekkies verdwyn nie so gou soos hul eens sou nie. Die herstelproses is eintlik nogal uitgerek en dit raak stadiger soos jy verouder omdat jou vel dunner is en jou bloedvate nie meer so ryk is in voedingstowwe soos hulle eens was nie.

7. Jy begin om gevoel te verloor

Hierdie kan dalk spanning en kommer wek, maar soos jy ouer raak, verminder die hoeveelheid senuweepunte in jou vel. Dit behoort nie totale gevoelloosheid te veroorsaak nie, maar jy sal dalk net minder sensitief wees vir sekere sensasies.

8. Jy kry kringe onder jou oë

As jy gelukkig is, sal hierdie kringe nie te donker of te opsigtelik wees nie, maar omdat die vel onder jou oë alreeds die dunste velletjie is, word dit die meeste geaffekteer deur die ‘wonderlike’ goed wat saam met oudword kom.

9. Jy merk donker vlekke op

Hierdie donker merkies, wat ook “ouderdomsvlekke” genoem word, word veroorsaak deur blootstelling aan die son en is ’n vorm van pigmentasie. Deur ’n hoë SBF-sonroom en goeie bevogtigers te gebruik, kan die vlekkies verminder word.

10. Jy raak gemaklik in jou vel …

Terwyl die bogenoemde feite nogal skrikwekkend klink, is die goeie nuus dat jy heel moontlik nie sal omgee daaroor nie! Teen die tyd wat hierdie als met jou gebeur, is jy al gemaklik met hoe jy lyk en oudword dra net meer skoonheid en karakter tot jou voorkoms by.

Kom ons klink dus ’n glasie op oudword.

Lees ook: Volwasse aknee: Ons klop by ’n kenner aan

Deel
Gepubliseer deur
All4Women

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.