kategorieë: Ons menseBekendes

10 redes hoekom jy die Maart-uitgawe van rooi rose moet koop!

10 redes hoekom jy die Maart-uitgawe van rooi rose moet koop! deur Catherine Schenck

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Christi en Nico: “Ons wíl saam wees. Altyd”

Nico en Christi Panagio is vandeesmaand 14 jaar getroud. Hulle is twee warrelwinde wat die koppe laat draai, maar het net oë vir mekaar.

Loer op bl. 14 om te sien wat hulle oor die liefde en hul lewe saam vertel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Skryf nou in vir ons Lesersforum en WEN die lekkerste geskenk

Foto: Kristina Stojiljkovic

2. ’n Nuwe hoofstuk vir Caroline Grace & Heinrich Brüssow

Die sangeres Caroline-Grace en haar man, die oud-Springbok-rugbyspeler Heinrich Brüssow, straal behoorlik, want hulle het in Desember die ouers van die skattigste babaseuntjie, Marcel Werner, geword.

Lees op bl. 24 om hul storie te lees én om die mooiste foto’s van dié gesin te sien!

Foto: Reinier Brönn
10 redes hoekom jy die Maart-uitgawe van rooi rose moet koop!

3. Die klere wat jy op jou ouderdom moet dra …

… Is watookal jy wíl dra!

Die dae is verby waar jy voorgesê word oor wat jy mag en nie mag dra vir jou ouderdom nie. Met die regte kombinasie klere en grimering kan jy ’n hele paar jare afskud. ’n Onverwagse element en ’n bietjie waagmoed is soms al wat jy nodig het vir ’n jeugdiger, varser voorkoms.

Loer op bl. 42 vir ons beste mode-raad.

10 redes hoekom jy die Maart-uitgawe van rooi rose moet koop!

4.  Seisoen 3 van #rrRADIO skop af!

Seisoen 3 het aangebreek op #rrRADIO, die gratis podsendingskanaal vir vroue! Jy kan nou na twee splinternuwe reekse luister. Hier is ons skedule:

Maandae: Diere & Hul Giere:

In ons nuwe troeteldierreeks gesels Ilse Salzwedel met verskeie veeartse en troeteldierkenners oor belangrike onderwerpe waaroor troeteldiereienaars dikwels wonder.

Dinsdae: Tussen Ons Seisoen 3:

In die derde seisoen van ons gewilde welwees-reeks, gesels Mariette Snyman met verskeie kenners oor hoe jy kan help wanneer ’n krisis jou vriendin, lewensmaat, kind, ouers of iemand na aan jou tref.

Wat moet jy doen, wat moet jy liewer nie doen nie, en hoe behou jy jou emosionele balans?

Woensdae: Tee & Taai Toffies:

In hierdie gewilde reeks gesels Ilse Salzwedel met ’n klomp nuwe, interessante glansmense en bekendes en saam probeer hulle om luisteraars se verhoudingsprobleme op los.

Ons waarborg ’n luisterervaring vol deernis en humor!

Donderdae: Lam in Wolfsklere:

In die vervolgverhaal geskryf deur Bernette Bergenthuin, stel aktrise Elma Postma ons bekend aan Amie Kühn.

Amie se lewe is perfek – sy woon in die mooie Kaap, sy is mal oor haar werk as prokureur en sy gaan met die aantreklike Gerhard Vosloo uit.

Maar die perfekte prentjie stort in duie toe sy besef dat sy en Gerhard nie heeltemal dieselfde oor mekaar voel nie.

Sy vlug terug na haar tuisdorp, Bloemfontein, en die poppe begin dans.

Tussen haar overbearing ma, feministiese beste vriendin en die enigmatiese advokaat Caro Marx, weet sy nie aldag wie is lammers en wie is wolwe nie.

Vrydae: Ka-Tjieng! Seisoen 2:

Vroeg begin is half gewin vir jou kinders en hul geldsake.

Anet Schoeman praat in die eerste paar episodes met kenners oor alles wat jy jou kinders, tieners en jong volwassenes oor geld moet leer om hulle finansieel verantwoordelik en paraat te
maak.

Loer hier vir meer inligting.

rrRADIO Seisoen 3 is hier en jy gaan mal wees daaroor!

5. Kombuise wat kóók!

Bly getrou aan jou persoonlike styl en kies ’n kombuis wat aan jou behoeftes voldoen en in jou smaak val.

Loer op bl. 84 vir die mooiste dekor-inspirasie!

10 redes hoekom jy die Maart-uitgawe van rooi rose moet koop!
iStock

6. Rooiwarm man: Stefan Vermaak

Stefan Vermaak is ’n man van vele talente! Hy is nie net ’n akteur nie, maar ook ’n entrepreneur van formaat.

Ons gesels met hom oor al sy passies op bl. 36.

10 redes hoekom jy die Maart-uitgawe van rooi rose moet koop!
Foto: Andrea Caldwell

7. Die beste velsorg vir jou tiener

Alles wat jy en jou kind moet weet oor velsorg – van watter produkte om te kies tot velsorgroetines en leefstylwenke is op bl. 50!

10 redes hoekom jy die Maart-uitgawe van rooi rose moet koop!
iStock

8.  Kos – Eet twee keer so lekker!

Oorskietkos hoef nie afskeepkos te wees nie. Met dié slim planne sal julle die tweede keer net so lekker eet!

10 redes hoekom jy die Maart-uitgawe van rooi rose moet koop!
Foto: Lee Schwagele

9. Super-ma’s word ook moeg!

Wanneer jy om jou kyk en net perfekte, gelukkige gesinne sien, veral op sosiale media, voel ’n mens soms sommer sielsmoeg en nog ietwat van ’n mislukking ook. Spartel jy om kop bo water te hou met alles wat jy moet doen? Jy is nie alleen nie!

Sien op bl. 28 wat Rolanda Marais, Diaan Lawrenson en Die Naguilklub oor ma-wees en moeg-wees sê.

10 redes hoekom jy die Maart-uitgawe van rooi rose moet koop!
Foto: Kristina Stojiljkovic

10. Margaret uit Hollywood: Kristen Stewart

Op 29 klink dit of Kristen Stewart vir die eerste keer haar stem gevind het. Die aktrise wat bekend was vir haar skugterheid en huiwerige antwoorde het in ’n selfversekerde jong vrou ontluik.

Loer op bl. 20 om meer oor haar uit te vind.

Foto: Ian West/ PA Images via Getty Images

Lees ook: Kyk na Margaret se onderhoud met Kristen Stewart or Charlie’s Angels

Onthou!

Ons het nie een nie, nie twee nie, nie eens drie nie, maar VIER heerlike blokraaie wat jou vir ure sal laat kopkrap!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.