10 redes hoekom jy die September-uitgawe van rooi rose moet lees!

Voorbladster Rolanda Marais: Uniek – sonder om te probeer

Sy is nie ‘n tradisionele ma nie, maar die aktrise Rolanda Marais wat op 44 weer ma word, kan nie wag om die nuwe intrekker in haar huis te leer ken nie. Werk is vlietend, sê sy, maar familie is vir ewig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

Wat is nuut op die boekrak?

Ons laat die kollig in September op ongewone en selfs omstrede stories val – stories wat mense se tonge laat klap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Kry mode-inspirasie vir die lente!

Vroulik en fleurig is een van die modeneigings vir die nuwe seisoen. Kies valle, blommotiewe en kant vir jou klerekas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Oogsiektes onder die vergrootglas

Sommige oogsiektes kan suksesvol behandel word of die verdere agteruitgang daarvan kan ten minste vertraag word. Ongelukkig kan sekere oogsiektes sonder behandeling tot blindheid lei.

Dekordrama in alle vorms

Vir Jan en Alana Groeneveld gaan dekor nie oor reëls nie, maar eerder hoe jy jou belangstelling kan uitbeeld. Ons bekyk hul droomhuis vol kleur, kreatiwiteit en kuns van naderby.

Is jou huweliksboot op pad rotse toe?

Voel dit asof jou en jou maat se lewe net totaal en al verskillende rigtings inslaan? Dit gebeur soms dat mense voel asof hulle mekaar ontgroei en die liefde iewers langs die pad verlore geraak het.

Mila Guy: Die droomvanger

Haar kop is in die wolke, maar haar voete is stewig op moederaarde. Die lewenslustige aktrise Mila Guy, wat ons tans in die sepie Binnelanders sien, huppel ligvoets deur die lewe en haar drome word die een na die ander bewaarheid.

Heerlik met hoender

Met hoender kan jy toor en dit op vele maniere die kroon laat dra. Probeer ons smullekker hoenderresepte!

Fliek saam met Leon

Ons fliekresensent Leon van Nierop het reeds die kykwerk gedoen. Kies een van dié flieks om te kyk.

Hekel ‘n deurstop

Met die lente byna op ons voorstoep wil ‘n mens die deure ‘n slag oopgooi. Hou dit oop met hierdie maklike deurstoppers.

Lees nog: Netflix stel binnekort eerste Afrikaanse reeks internasionaal vry

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.