
Leerlinge van die lewe
Die kreatiewe egpaar, Donnalee Roberts en Ivan Botha, is fyn ingestel op die lewenswyshede en kennis wat hulle soos geskenke van mekaar, hul kinders en uit lewenservaring ontvang.
Sukkel om swanger te raak
Een uit ses paartjies vind dat swangerskap hulle ontwyk. Wat veroorsaak onvrugbaarheid en watter behandelingsopsies is beskikbaar? Kan mense wat verkies om swangerskap weens finansiële, loopbaan- of ander oorwegings uit te stel, vroegtydig mediese raad inwin?
Ons loer in by Refentse Morake en Jennifer Myburgh
As kind wou Refentse die president van Suid-Afrika word, maar eintlik, erken die sanger wou hy nog altyd net ’n verskil maak, en hy hoop hy kan ’n simbool van versoening wees.

Jennifer Myburgh is mooi, intelligent en uiters professioneel. En vir haar vriende lyk sy soos ʼn supervrou wat alles kan doen.

Eet lekker by die skool en werk
Voorbereiding is die sleutel tot vinnige en voedsame kosblikke of dit nou vir kroos of vir jouself is.
Gloeiend en gesond
Dis die begin van die jaar en die beste tyd om jou velsorgroetine ’n blink nuwe voorkoms te gee. Ons wys jou hoe om jou vel te verhelder, verfyn en vernuwe.
My stokperdjie het my gered
ʼn Stokperdjie is noodsaaklik vir jou, meen kenners. Boonop kan dit dalk selfs later ʼn inkomste genereer. ʼn Pottebakker, ʼn kunstenaar en ʼn broodbakker deel hul passies.
Appels vir Afrika
Krakerige en sappig met eindelose moontlikhede, dis wat ’n vars appel jou bied. Met dié resepte kan jy sien hoe heerlik appels kan wees.
Nuwe jaar, nuwe jy … of bly jy waar jy is?
Ons is geneig om ’n nuwe jaar met ’n tikkie meer optimisme tegemoet te gaan. Ons maak voornemens, en is vol moed om uiteindelik by die gim aan te sluit, ’n nuwe werk te soek of selfs om te leer brei. Maar so baie van daai planne bly net planne …
Hekel ’n matjie vir badtyd
Met hierdie steek wat lieflike tekstuur verskaf en katoendraad, sal hierdie mat jou vir jare hou.
Geslagsgeweld in SA
Suid-Afrika is een van die lande met ’n uiters hoë voorkoms van geslagsgegronde geweld, veral teenoor vroue. Wat word daaraan gedoen en hoekom bly soveel vroue so lank in afbrekende verhoudings?
Lees ook: WEN ’n wegbreek na Paternoster!










