
Mal oor die lewe
Mila Guy kyk terug op ’n jaar van groot seer en groter vreugde. Eintlik is sy net dankbaar vir elke oomblik en hoop dit raak nooit op nie.
Die pyn van endometriose
Hoewel een uit ongeveer tien vroue endometriose het, is dit besonder moeilik om te diagnoseer. Dit word dikwels misgekyk of swak bestuur. Bewusmaking en toepaslike behandeling kan voorkom dat vroue in stilte met chronies fisieke én emosionele pyn moet saamleef.
Ons loer in by Bismarck du Plessis en sy vrou, Anja en Marinda Engelbrecht
Mila Guy kyk terug op ’n jaar van groot seer en groter vreugde. Eintlik is sy net dankbaar vir elke oomblik en hoop dit raak nooit op nie.


Met min kan jy ver kom
Ná ’n lang dag met ’n besige skedule wil niemand ure in die kombuis deurbring nie. In ons jongste uitgawe is resepte wat maklik, smaaklik en reg vir die somer is.
Ouerskap ná 40
Al hoe meer vroue kies om eers later in hul lewe kinders te kry. Tanya de Vente-Bijker het gaan uitvind hoekom dit so is.
Kies en keur
Agt bekende persoonlikhede verklap wat hul gunstelingprodukte is en hoekom jy dit kan oorweeg.
Maak die blikke vol
Dis amper feestyd en jy kan maar solank begin bak. Die vrugtekoek kan juis lank voor die tyd gebak word, want hoe langer dit staan, hoe lekkerder word dit.
11 gewoontes wat jou lewe kan verander
Ons leef in ’n ongesonde wêreld van lang werksure, min tyd saam met geliefdes, kitskos en kitsbevrediging. Dit is nie goed vir ons fisieke of geestesgesondheid nie, maar daar is dinge wat jy wel kan doen om van jou ’n gesonder, gelukkiger mens te maak, skryf Zerelda Esterhuizen.
Kantlynkinders
In elke generasie, in elke klaskamer en universiteitskoshuis, is daar kantlynmense. Dis diesulkes wat nie noodwendig as ‘hoofstroom;gereken word nie. Drie besonders talentvolle kantlynkinders deel hul verhale van prestasie, presisie, passie en pret.
Die dobbelduiwel
Dobbelary het die afgelope paar jaar onrusbarend in ons land toegeneem. Baie mense begin onskuldig en bloot net vir vermaak dobbel terwyl ander weer desperaat dobbel omdat hulle in ’n finansiële verknorsing is. Wat kan jy doen wanneer jy vasgevang raak?
Lees ook: WEN ’n skoonheidsgeskenkpak van NUXE!












