
Die lewe is nie ʼn feeverhaal nie
Sy is ʼn ma van vier kinders, mooier as ʼn mens, rock dit uit op die verhoog, het ʼn boek geskryf en maak boonop tyd vir nuwe passies. Ons gesels met Karlien van Jaarsveld.
Aandagafleibaarheid: Vroue ervaar dit anders
Het jy geweet dat die simptome van aandaggebrekhiperaktiwiteitversteuring by mans en vroue kan verskil? Bewustheid van dié verskille is noodsaaklik sodat dit betyds gediagnoseer en behandel kan word.
Ons loer in by Lira en Antoinette Louw
Drie jaar gelede is die talentvolle Lira se sangloopbaan deur ’n beroerte tot stilstand geruk. Sy moes van vooraf leer praat. Sy vertel die beroerte was ’n ‘gelukskoot’ en is dankbaar vir ’n tweede kans en haar wonderbaarlike herstel; en vertel dat sy nou in die oomblik leef.

Die bekroonde aktrise Antoinette Louw sien uit na ’n nuwe fase in haar lewe waar sy ou vrese kan laat gaan en nie meer stroomop swem nie.

B staan beslis vir braai
Braai is sinoniem met Suid-Afrika. Braaidag is die ideale dag vir Suid-Afrikaners om bymekaar te kom en na mekaar se stories te luister en geregte te geniet. Kom ons vier dié dag met lekker kos!
Grys egskeidings: Hoekom so laat?
Dit word sogenaamde ‘grys egskeidings’ genoem. Egskeidings by 50-jariges en ouer en volgens kenners neem egskeidings steeds in hierdie ouderdomsgroep toe. Ons vra hoekom?
In ’n bootjie op die groot, blou see
Gerhard Moolman se avontuurlus het hom op ’n alleenreis dwarsoor die Atlantiese Oseaan laat beland. Tydens sy soeke na dieper betekenis en verbintenis en te midde van lewensbedreigende omstandighede, het dié avontuurvraat hom nie laat onderkry nie.

Erfeniskos
Lekker gebak van melktert tot malvapoeding is soos kettie en klip, en deel van ons grootwordjare. Trek jou voorskoot aan en probeer hierdie ou gunstelinge self.
Weet dit oor boedels
Die lewe is ’n lied, maar soos ons almal weet, is dit soms onvoorspelbaar. Om seker te maak dat die mense waarvoor ons die liefste is in ’n hartseer tyd finansiële gerusstelling kan ervaar, is dit belangrik om ’n geldige testament op te stel.
Meisie van die platteland
Die modestyl maak ‘n mens sommer lus om in die buitelug te wees.
Gesoek: ’n Bietjie verveling
Ons voorvaders se dopamien het hulle gedryf om kos en skuiling te soek. Ons s’n dryf ons na sosiale media, want ons wil tog net nooit verveeld wees nie. Hoe breek ’n mens die dopamiensiklus? vra Zerelda Esterhuizen.









