kategorieë: InspirasieJou lewe

10 stappe nader aan ’n Zero Waste-lewenstyl

Deur Catherine Schenck. Hooffoto Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jy stel dalk belang in ’n “Zero Waste”-leefstyl maar is oorweldig deur die hoeveelheid goed waarvan jy ontslae moet raak. Jy kan ons 10 praktiese wenke dadelik begin implementeer om minder rommel te vervaardig. Onthou, elke klein treetjie is ’n tree in die regte rigting, so as sekere wenke nie moontlik is om in jou omstandighede te volg nie, vind ander wat jy wel kan doen. Die idee agter Zero Waste is nie om jou hele jaar se rommel in ’n glasbotteltjie te pas nie – dit is om so min moontlik rommel te vervaardig en om jou impak op die omgewing so veel moontlik te verminder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Sê “nee, dankie” vir wegneemhouers

Waneer jy ’n wegneemkoffie of -ete bestel, neem jou eie herwinbare houers en flesse saam en vra dat jou bestelling daarin geplaas word. Op hierdie manier verminder jy die gebruik van produkte wat nie maklik herwin kan word nie soos polistireenhouers of wegneemkoppies, wat ’n plastieklagie binne bevat. Baie restaurante moedig hul kliënte aan om hul eie ware saam te bring en te gebruik. As jou gunstelingrestaurant dit nie doen nie, begin die gesprek met hulle. Dan baat albei van julle daarby. Indien jy ongemaklik is daarmee om jou eie ware saam te neem, neem eerder die tyd om die winkel se keramiek- of glasware te gebruik; koffie neem immers net ’n paar minute om te drink en dit gee jou ’n paar ekstra minute om jou dag te beplan.

#rrwenke:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Weggooibare strooitjies word nie net van baie hulpbronne vervaardig nie, maar dit besoedel damme en oseane en baie waterdiere verstik en raak verstrengel hieraan. Drink jou drankie sonder ’n strooitjie, of skaf een aan wat oor en oor gebruik kan word – daar is glas, bamboes, en vlekvryestaal-opsies beskikbaar teen billike pryse, soos hierdie een. Dit is beter vir die omgewing, sakpas en pas in jou sak!

Onthou ook om jou eie eetgerei en lapservette in te pak. Dra dit als saam in ’n aparte sakkie sodat jy later die vuil stel kan vervoer, was en vervang.

Die bogenoemde reël geld ook vir wanneer jy in restaurante gaan eet en ’n van die oorskiet wil huis toe neem. Gee vir die restaurant die houer waarin jy dit wil plaas – dit voel dalk vreemd in die begin, maar onthou jy maak ’n belangrike impak op jou omgewing deur nie wegneemhouers te gebruik nie.

Foto: www.pexels.com

2. Neem jou eie sakke saam

Neem jou eie sakke winkels toe – selfs wanneer jy klere of ander produkte gaan koop. Bêre lapsakkies in jou kar, handsak of by die huis om saam te neem as jy gaan inkopies doen. Sodoende verminder jy die vervaardiging en gebruik van enkelgebruikplastieksakke en jy verseker dat die omgewing minder besoedel word.

Probeer om ook nie klein deurskynende plastieksakkies te gebruik om groente en vrugte in te sit nie – meeste van hierdie produkte het skille wat hul werk goed doen om die produkte te beskerm. As jy wel sakkies wil gebruik vir gemak, skaf ’n paar liggewig net-sakkies aan waarin jy vars produkte kan pak. Hier is ’n paar maar jy kan hierdie tipe sakkies ook self maak as jy toegang het tot ’n naaldwerkmasjien.

Foto: www.pexels.com

3. Verruil weggooi-sneesdoekies vir sakdoeke

Dit is maklik om sakdoeke te was, dit spaar geld in die lang termyn en skaaf minder as sneesdoekies – veral wanneer jy ’n verkoue het.

Foto: pixabay.com

4. Dra ’n waterbottel saam met jou rond

Neem jou eie glas-, plastiek-, of vlekvrye-staalbottels gevul met kraanwater saam waar jy ookal gaan. Suid-Afrika word gereken as een van die lande met die skoonste kraanwater ter wêreld. Meeste streke in Suid-Afrika het dus veilige drinkwater en dit kan uit krane getap word. Enkelgebruik plastiekbottels kan herwin word, ja, maar onthou die idee agter die konsep van ’n “Zero Waste“-lewenstyl is om minder produkte te gebruik wat herwin moet word omdat dit self prosesse is wat besoedel. Dus kan jy jou plastiekbottels herwin, maar dit beteken dat hulle in die eerste plek vervaardig moes word.

#rrwenk: Jy bespaar baie geld as jy nie elke keer kontant hoef uit te haal vir ’n bottel water wat jy saam met jou kon vat nie. Omgewingslim én geldslim!

Lees ook: Plastiek en jou gesondheid

Foto: www.pexels.com

5. Gebruik jou eie eetgerei

Gebruik jou eie koppies, borde en eetgerei wanneer jy ’n partytjie hou of gaan piekniek. Ja, weggooiplastiekglase en papierborde maak die opruimproses dalk makliker en die dra-proses ligter, maar dit vervaardig onnodige rommel. Span eerder ’n paar vriende in om te help opruim as dit ’n informele partytjie is, of gebruik die opwastyd as tyd om te besin oor jou dag of om met jou maat te gesels.

#rrwenk: Onthou om lapservette te gebruik – so vervaardig jy nie net minder rommel nie, maar dis maklik om te was, kan oor en oor gebruik word en dit verleen ’n tikkie swier aan die geleentheid.

Foto: www.pexels.com

6. Kies kos sonder of met minder verpakking

Hierdie is dalk moeilik in die begin – die meeste supermarkte verpak omtrent alle kossoorte: van vrugte tot vleis en grane. Party luukser winkels verkoop selfs produkte in verskeie lae plastiekverpakking wat meestal onnodig is. Probeer om by winkels te koop waar jy die opsie het om jou produkte nie in verpakking hoef te koop nie (en neem jou eie saam wat jy weer kan gebruik). Hierdie is makliker om te vind by markte en plekke soos groentewinkels en jou plaaslike slagter. Sodoende ondersteun jy ook plaaslike besighede en produsente. Dit is dalk moeilik as jy in ’n plek woon wat nie enige van hierdie opsies bied nie, maar klein stappe soos om onverpakte supermarkprodukte te koop, maak reeds ’n groot verskil.

#rrwenk: Dit help om in grootmaat te koop. Kyk of daar grootmaatwinkels in jou area is en koop van groente tot opwasmiddels op hierdie manier. Grootmaatwinkels laat jou boonop meestal toe om jou eie houers te gebruik.

Foto: www.pexels.com

7. Begin ’n komposhoop

Vir diegene wat gelukkig genoeg is om ’n tuin te hê, is dit baie maklik om ’n komposhoop te begin. Indien jy self nie plek of rede het vir ’n komposhoop nie, probeer uitvind of iemand in jou buurt sou belangstel in komposteerbare afval. Deur voedselreste en sekere ander tipes afval te laat komposteer, beteken jy stuur minder rommel vullishoop toe en jou vullis word op ’n nuttige manier hergebruik. Om jou eie kompos te maak, sal jou ook geld in die aankoop van tuinmaakprodukte spaar.

Foto: www.pexels.com

8. Beplan jou etes vooruit

Alhoewel party weke vinniger as die spoed van lig beweeg en mens nie altyd by kosmaak uitkom nie, veroorsaak dit soms dat jou kos vrot word. Beplan jou etes vooruit om te verseker dat jy nie kos laat verouder of vrot word nie. As jy meer kos maak as wat jy sal eet, of as daar oorskiet is, vries dit sodat jy ’n vinnige ete vir ’n besige aand byderhand het.

#rrwenk: Deur jou etes te beplan, sal jy nie sommer ’n wegneemete bestel iewers vir middagete of ontbyt nie.

Foto: www.pixels.com

9. Moenie heeltyd nuut koop nie

Probeer om nie altyd nuut te koop nie. As iets breek, kyk eers of jy dit nie kan (laat) regmaak nie. As iets nie meer pas nie, skenk of verkoop dit, of laat dit verstel. As jy meubels, huisware of ’n motor nodig het, kyk of jy tweedehands kan koop – dis boonop goedkoper. Klere kan ook by tweedehandse winkels gekoop word of omgeruil word by vriende. Deur tweedehands te verkoop, spaar jy nie net verpakking nie, maar die oorpsronklike produksie van ’n voorwerp word ook gespaar.

Foto: www.pexels.com

10. Herdink higiëniese produkte

Vroulike produkte is nie net duur nie, maar ook nie besonders omgewingsvriendelik nie. Gelukkig is daar deesdae allerhande vroulike produkte wat veilig is om te gebruik … en weer en weer te gebruik. Een voorbeeld hiervan is menstruele koppies wat vryelik beskikbaar is in apteke en ander winkels. Dit werk oor die lang termyn goedkoper uit as weggooibare produkte en die koppies kan vir ’n paar jaar gebruik word. Gesels met jou dokter as jy onseker is of hierdie vir jou sal werk, en volg die gebruiksaanwysings noukeurig.

#rrwenk:

• Kyk uit vir plaaslike handelsname wat gereeld maatskaplike projekte lei om meisies en jong vroue te voorsien van hierdie koppies en ander higiëniese produkte.
• Gebruik lapdoeke vir babas. Weggooidoeke is dalk makliker om te gebruik en veroorsaak minder waswerk, maar dit los ’n slegte impak op die omgewing.

Lees ook: Wenke vir binnenshuise plante

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.