kategorieë: Bekendes

10 vrae aan Leandie du Randt & Kaz McFadden

1. Wat kan kykers van Strikdas verwag?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Leandie: ’n Lekker saamlag familiefliek. Dis ’n ligte komiese fliek wat jou vir ’n rukkie uit jou realiteit laat ontsnap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kaz: Om te lag! En om te ontspan. Strikdas probeer nie om ’n hoogs intelektuele debat te begin nie. Dis regte egte ontspan, lekker-kyk-familie-vermaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2. Julle moes baie pret gehad het tydens verfilming. Het julle lekker gelag vir Vossie?

Leandie: Ek het so gelag vir Kaz, baie keer in takes. Hy is so goed met sy acting. Dit was ’n baie moeilike karakter om geloofwaardig te speel oor Vossie so eksentriek is, en ek dink Kaz het ’n stunning job daarmee gedoen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kaz: Ek het meer vir almal om my gelag. Daar is ’n hele klomp fyn genuanseerde komiese vertolkings!

3. Vossie dra ’n strikdas omdat dit ’n tradisie in die familie is. Het een van julle ’n tradisie in jul families waarop julle nog voortbou?

Leandie: Tel ’n familiebraai 2 keer ’n jaar? Dan ja!

Kaz: Daar was altyd ’n tradisie in ons familie dat elke eersgeborene se eersgeborene dieselfde name kry, maar oor die jare het dit verander.

4. Hoe lyk jul modestyl as julle net Leandie en Kaz is?

Leandie: Hipster, Bohemian, American street style going on.

Kaz: Ek is maar altyd so aan die buitewande van mode. Ek haak nog vas by skinny jeans en high tops!

5. Wat is die belangrikste lewensles wat julle deur die storielyn geleer het?

Leandie: Om altyd jouself te wees, al is dit soms hoe anders en ongerieflik. En om jouself met mense te omring wat jou toelaat om daai self te wees. Dit gaan natuurlik hand aan hand met my boek #gemaklikinjoueielyf.

Kaz: Moet nooit ’n rot met ’n vol blaas vashou nie.

6. Is daar eienskappe van julself in die karakters?

Leandie: Willemien is baie rustiger en ’n groter introvert as ek. Wat ons in gemeen het, is haar keuse in mans, ek hou ook van die snaakse quirky grapgat ou.

Kaz: Ek dink ’n eienskap wat ek sal wil hê is Vossie se eerlikheid.

7. Was daar ’n onvergeetlike oomblik op stel?

Leandie: My ma is oorlede ’n week in verfilming in en ek was op stel toe ek die nuus kry. Ek sal dit nooit vergeet nie.

Kaz: Ek moes leer perdry, wat ’n hele paar interessante oomblikke opgelewer het!

8. Is julle “tree huggers” in die werklike lewe? Of is daar ander inisiatiewe wat julle ondersteun?

Leandie: Ek is all for uplifitng teenage girls. Ek werk spesifiek met ’n paar in Elandspoort en dis hoekom ek my boek ook geskryf het.

Kaz: Ek is nou nie regtig ’n tree hugger nie, maar my hondjie kom van ’n “rescue centre” af, so ek is nogal sterk teen die mishandeling van diere.

9. Dit moes ’n groot eer gewees het om saam met die veteraan-aktrise Sandra Kotzé te werk. Wat het julle by haar geleer?

Leandie: Om altyd te lag en die lewe nie so ernstig op te neem nie. Sy was ook elke oomblik van ’n toneel present en sy luister werklik na wat ander akteurs sê.

Kaz: Hierdie is die tweede keer waar ek die geleentheid gekry het om saam met haar te werk. Wat my elke keer opgeval het, is haar voorbereiding en fokus op stel.

10. Hoekom moet mense die fliek gaan kyk?

Leandie: Dit leer jou alle kante van verskillende families en peroonlikhede en hoe daar validation en pret is in elkeen. Ons almal is uniek en op die ou end moet jy net die lewe geniet wat daai uniekheid van jou embrace en dit waardeer. En omdat jy baaaaaie lekker gaan lag vir Vossie!

Kaz: Dis regtig ’n film wat gemaak is om te geniet. Ons het nooit probeer om enigsins iets abstrak te doen nie. Dis ’n eerlike komedie, in elke sin van die woord.

Kyk hier na die voorskou:

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.