kategorieë: Sukses en geld

10 wenke teen stres wat werk

Hier is ’n paar praktiese wenke waarmee jy sommer dadelik kan begin:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1. Fokus op een ding op ’n slag

Jy sal beter en minder gestres voel as jy leer om net op een ding op ’n slag te fokus. Soms moet ’n mens aan meer as een ding gelyktydig aandag gee, maar probeer om al daardie “multi-tasking” te beperk tot ’n spesifieke tyd elke dag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2. Maak lysies van alles wat jy moet onthou, van inkopies tot take en idees

Sodoende hoef jy nie te stres dat jy iets gaan vergeet nie, en jy maak dit makliker vir jou brein om ander goed te onthou. Hou die lysies kort – so drie take (maksimum) per dag. Anders word dit dalk ook ’n bron van ekstra stres.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3. Moenie berge uit molshope maak nie, en los die bobbejaan agter die bult

As jy een van daardie mense is wat hóú van drama, moenie wonder hoekom jy gedurig gestres is nie! Voordat jy weer van ’n nietigheid ’n drama maak, vra jouself eenvoudig af: gaan hierdie nog saak maak oor vyf jaar? Of vyf weke? Of selfs oor vyf dae? As die antwoord nee is, beweeg aan, spaar jou energie en beperk jou stres.

4. Spandeer 80% van jou tyd aan oplossings, en net 20% aan probleme

Dus, meer aksie, minder wroeging. Dit gaan jou minder magteloos en pessimisties laat voel. ’n Praktiese voorbeeld: sukkel jy om met jou salaris uit te kom? Spandeer dan eerder jou tyd aan die soek na oplossings. Byvoorbeeld: watter uitgawes om te sny en hoe om dalk ekstra geld te maak. As jy heeldag net loop en dink aan jou probleem (te min geld) gaan jy net al hoe meer miserabel raak.

5. Vra, moenie raai nie

Baie misverstande ontstaan omdat ons dink ons weet wat iemand dink. Werk eerder aan jou kommunikasievaardighede. Vra hom of haar reguit! So vermy jy konflik en negatiwiteit en mors jy minder energie en tyd.

6. Pak jou sak vir werk voordat jy gaan slaap

Eenvoudig, maar ’n besliste manier om stres te beperk. Nie net gaan jy meer ontspanne wees voor werk nie, maar die kans dat jy iets belangriks by die huis gaan vergeet wat jou dag later gaan bederf, is ook kleiner.

7. Balanseer harde werk met behoorlike ruskanse

Dit is nie altyd moontlik nie, maar die Sweed Hendrik Edberg, op wie se Positivity Blog ek hierdie lekker wenke raakgeloop het, sê dit help hom om 45 minute lank baie gefokus te werk en dan ’n blaaskans van 15 minute weg van sy lessenaar te neem. Gaan loop ’n draai, drink ’n koppie tee of ’n glas water, eet iets, lees ’n artikel in ʼn tydskrif … Dit keer dat stres gedurende jou werksdag net bly opbou.

8. Stel duidelike grense in jou dag

Dit is veral moeilik omdat ons almal deesdae omtrent op ons skootrekenaars leef. Jou werk bly nie noodwendig meer by die werk nie. Edberg sê dit werk vir hom om te sê hy werk nooit voor agtuur soggens of na sewe saans nie.

9. Hou naweke vir naweek-hou en weeksdae vir werk

Probeer om naweke van jou rekenaar of foon weg te bly, veral as dit kom by werksake. Dit keer dat jy oor naweke oor werk bekommer, en by die werk sit en wens dit was naweek. Edberg noem dit die grys sone, en sê dit is hierdie grys sone wat al die vreugde uit ’n mens se lewe steel. “Dit maak ’n mens so gestres dat jy selfs sukkel om te slaap.”

10. Maak tyd om te doen waarvan jy hou

Sekere dinge moet gedoen word. Maak dit jou eerste prioriteit, maar moenie van elke liewe ding in jou dagboek ’n prioriteit maak nie. Doen die noodsaaklikste goed daagliks, maar ruim saans en naweke tyd in vir iets waarvan jy hou. Dit verlaag nie net jou stresvlakke nie, maar gee jou ook sommer nuwe energie.

Lees ook: 5 maniere om meer selfvertroue te hê

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.