kategorieë: Leef gesondGesondheid

12 tekens wat wys dat jou depressie beter is

12 tekens dat jou depressie beter is deur Salomé Delport. Hooffoto: Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Iets wat jy moet weet oor antidepressante

Dit neem 3-6 weke voor ’n antidepressant jou depressie sal laat lig. Maar mense verskil, en daarom verskil hul reaksie op ’n gegewe antidepressant ook. Party verbeter taamlik gou, terwyl die voorgeskrewe antidepressant vir ander tot drie maande kan neem voor hulle werklik beter is. En vir sommige mense werk dit glad nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maak ’n punt daarvan om jouself ná so drie, vier weke op jou voorskrif-antidepressant te evalueer om vas te stel of jy beter voel.

Lees ook: Ly jy aan winterdepressie? Doen hierdie toets

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

12 tekens dat jou depressie beter is

Kyk hoeveel van hierdie positiewe tekens dat dinge stadig aan die omswaai is, kan jy afmerk.

1. Jy is emosioneel meer stabiel

Mense met depressie voel van huilerig tot geïrriteerd of “dood”. Ander voel eerder buierig en is selfs aggressief. Soos jou depressie lig, is jou emosionele reaksies op gebeure meer normaal en relevant.

2. ’n Gesonde roetine is makliker

Jy hou makliker by ‘n normale gesonde roetine met genoeg slaap, oefening, ontspanning, werk en gesonde kos.

Lees ook: 5 maniere om depressie te bekamp

3. Jy het weer energie!

Jy het meer energie, en jy gebruik die energie positief.

4. Welkom terug, slaap

Jy slaap beter.

Lees ook: 14 redes hoekom jy dalk sleg slaap – PLUS die slimste oplossings!

5. Hierdie gevoel is weg of beter

Jy voel nie meer so oorweldig deur alles nie.

Lees ook: Die verkeerdste maniere om depressie te hanteer

6. Dinge is weer interessant

Jy stel weer belang in iets wat vir jou vantevore lekker was.

Lees ook: Nageboorte-depressie is ’n werklikheid

7. Jy sien weer kans hiervoor

Jy sien weer kans vir take, uitdagings en sosiale uitstappies, of so iets.

Lees ook: Alles wat jy moet weet oor seks en depressie

8. Dis makliker om te konsentreer

Jy fokus beter, konsentreer makliker en onthou beter.

Lees ook: Mans kry ook depressie! Dis hoe jy hom kan help

9. Jy voel weer positief oor dinge

Jou gedagtes is rustiger, meer logies en positief.

Lees ook: Is jou ouer depressief?

10. Jy het ’n beter selfbeeld

Jou selfbeeld verbeter. Jy sien weer goeie punte in jouself raak. Jy voel beter oor jouself.

Lees ook: Dis wat jy moet weet oor homeopatie en depressie

11. Die lewe maak weer sin

Jy voel asof die lewe tog sin het, asof jy tog nodig is. Jy voel jy dra by en vervul ’n nuttige rol.

Lees ook: Hoe depressie jou seksuele gesondheid beïnvloed

12. Die toekoms maak jou nie meer bang nie

Jy begin moed skep vir die toekoms en selfs uitsien na gebeure vorentoe.

Lees ook: Lig jou kind uit depressie

Foto: Liza Summer vir Pexels

Maar wat moet jy doen as jy nog nie hierdie 12 tekens raaksien nie?

Wat om te doen as jou depressie nie verbeter nie

As jy beter voel, gaan voort met die medikasie. Dit werk vir jou.

Maar wat as jy min of geen tekens sien dat jou depressie lig nie, en jy nie beter voel nie?

Jy kan nog drie weke volhou om die medikasie sowat ses weke kans te gee. Maar gesels ook met jou psigiater of dokter wat die medikasie voorgeskryf het. Hy of sy kan dit oorweeg dat jy dalk beter sal vaar op ’n ander middel.

4 dinge wat jy moet doen as jy nog nie beter voel nie

Hier is vier belangrike dinge wat jy moet onthou:

1. Hou aan om jou antidepressante te gebruik!

Gee dit ses weke kans voor jy besluit dit werk nie. As dit steeds nie werk nie, onthou dat daar ’n hele aantal klasse antidepressante is. Jou dokter werk met ’n plan – as een klas nie werk nie, werk hy deur ‘n geselekteerde lys van opsies, om so gou moontlik by die regte een vir jou uit te kom.

Die meeste van ons is gelukkig en loop die regte antidepressant binne een of twee kere se probeer raak.

2. Doen jy gespreksterapie ook?

’n Onlangse oorsigartikel wat op PubMed verskyn het, het weer bewys dat antidepressante op hul beste werk as jy ook vir kognitiewe gedragsterapie gaan – met ander woorde gespreksterapie.

Baie dikwels – hoewel nie altyd nie – dra een of ander ongelukkigheid grotendeels by tot jou depressie, soos stres, ’n verhouding met iemand wat nie werk nie, ’n swak selfbeeld, vernedering, gebrek aan selfaanvaarding, onbillike eise, ’n onvermoë om jouself te handhaaf, werksdruk, ’n gebrek aan ondersteunende menseverhoudings, uitbuiting, geldelike probleme en so aan.

Kortom, ons kan nie dieselfde lewenstyl bly handhaaf, dieselfde gedagtes bly koester en dieselfde afbrekende gedragspatrone bly uitleef en dan verwag dat ’n antidepressant ons lewe moet “regmaak” nie. As dit kom by herstel van depressie lê tot soveel as 50% van die sukses by jou vermoeë om hierdie persoonlike “haakplekke” uit te pluis.

As jy depressief is, klink dit verskriklik dat ’n pil alleen nie sal help nie. Jy het juis alles probeer om uit jou depressie te kom. Jy kan nie, al wil jy.  Feit is dat die antidepressant jou daardie broodnodige hupstootjie gee.

Gaan vir gespreksterapie sodra jy begin moed skep – of sommer dadelik. Dit is net so ’n belangrike deel van jou genesing van depressie as die antidepressant self. Die meeste van ons vind baat by hulp van buite af.

Gelukkig is daar baie opsies, soos ’n sielkundige, gedragsterapeut, huweliksberaders, gesinsberaders, maatskaplike werkers, predikante en pastore en selfs ’n mentor of vriendin. Onthou ook die gratis hulplyne van sadag.org.za

3. Kry jy oefening?

Oefening wat jou laat sweet, stel endomorfiene en ander goedvoel-hormone vry.

4. Kom jy elke dag in die son?

Ons is so oorangstig oor velkanker dat ons vergeet dat die son ook goed vir ons is. Sonlig aktiveer die vitamien D-voorloper en omskep dit in die vorm van vitamien D wat onder meer ’n ongelooflike positiewe uitwerking op die gemoed het.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.