Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met 2 Brunettes on a Budget

Hoewel liefdadigheidswinkels al dekades lank bestaan, het die gewildheid van tweedehandse klere die afgelope paar jaar ontplof.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Thrifting is wanneer “voorheen geliefde” of tweedehandse artikels teen ’n afslagprys gekoop word. Hierdie artikels kan by tweedehandse instellings soos liefdadigheidswinkels en hospieswinkels gevind word. Dis deesdae ook aanlyn beskikbaar. Ja, jy kan selfs op Instagram, Facebook Marketplace of die toep YAGA tweedehandse klere koop (en verkoop!).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

@2brunettesonabudget is ’n aanlyn winkel wat tweedehandse klere met eksklusiewe handelsmerke aan vroue op Instagram verkoop. Hierdie gewilde blad spog met meer as 7 000 volgelinge en verkoop selfs soms nuwe of einde-van-die-seisoen-klere van mode-ontwerpers soos Lena Lisa.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die brunette na wie daar in die winkel se naam verwys word, is Margaux van den Berg en Lente Swift. Karlien Meiring het by hierdie twee stylvolle entrepreneurs gaan uitvind hoekom thrifting so gewild is en watter voordele dit vir jou, die planeet en ook jou beursie inhou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Hoekom dink julle is die koop van tweedehandse klere deesdae so gewild?

As die afgelope twee jaar sedert Covid-19 ons enigiets geleer het, is dit dat ons beslis nie so baie verbruiksgoedere nodig het as wat ons dink nie. Ons kan met baie minder oor die weg kom en só het daar ’n groot fokusverskuiwing plaasgevind: weg van kwantiteit en terug na kwaliteit. Mense het meer minimalisties, volhoubaar en bekostigbaar begin leef en is boonop trots daarop.

Recycling is the new sexy, die aarde wen, ons begrotings en leefstyl wen. Die vrou wat haar kas uitgooi, wen plek in haar kas asook die geld vir daardie een unieke stuk wat regtig haar hart gaan bly maak, en die vrou wat tweedehands koop, wen iets vars en nuuts teen ’n fraksie van die prys. What is not to love?

2. Wat dink julle is die grootste wanopvatting oor die koop van tweedehandse klere?

Dat tweedehandse klere grillerig is, dalk al bietjie uitgedra is en iets is om weg te steek. Ons fokus juis op hoë gehalte, gevestigde handelsmerke en kledingstukke wat mooi na gekyk is. Dit bly vir ons die lekkerste ding as mense ons tag in foto’s by troues en gesellighede waar hulle baie trots is op die feit dat hulle ’n tweedehandse artikel dra en dit vir almal wil vertel.

3. Wat is jul gunsteling-stukke wat julle al ge-thrift het?

Margaux het ’n uitspattige, eenskouer-broekpak van Gert-Johan Coetzee waarin sy soos ’n million bucks lyk, en ’n klassieke, vlootblou Zara-baadjie van tweed. Lente se gunstelinge is dié perfekte Lira & Finn-jas wat regtig by alles netjies pas en ’n sagte pers, vintage-chiffonrokkie waarin sy soos Kate Middleton lyk.

4. Waarvoor moet mense uitkyk wanneer hulle tweedehandse klere koop?

As jy aanlyn koop, vind ’n verskaffer wat jy kan vertrou en wat gehaltebeheer gaan toepas. As jy in ’n thrift store instap, kyk maar als goed deur. Kyk na die etiket binne, daar is soms fantastiese ontwerperartikels, en maak seker dat daar nie merkies is wat jy nie kan uitwas of vismotgaatjies wat jy nie kan toewerk nie. Maak seker jy ken jou grootte, veral ook jou Europese mates, en pas die klere aan as jy kan. Klere lyk dikwels baie mooier aan jou as op die hanger.

5. Hoe het jul aanlyn winkel, 2 Brunettes on a Budget, ontstaan?

Ons gedeelde liefde vir winskopies, mode en snuffelwinkels het in 2020 in ’n volskaalse onderneming ontstaan nadat ons ons eie kaste uitgegooi het en al ons vriendinne aangeraai het om dieselfde te doen. Dis nou twee jaar later en ons doel bly steeds om vroue te wys dat hulle wel die beste en lieflikste weergawe van hulself kan bekostig.

Volg 2 Brunettes on a Budget op Instagram!

Meer oor Lente en Margaux

Lente Swift het rondom haar ma se lappies en naaldwerkmasjiene grootgeword, en gedink dis “pure magic” hoe skeppings uit niks uit opgetower kan word. Dis hier waar sy geleer het hoe om iets moois met baie min te maak en dat mens nie klas en styl met duur stukke kan koop nie. As medeskrywer van die ouerskaps-geestesgesondheidsboek Meer as net ’n ma, word haar liefde vir mode en slim kopies slegs oortref deur haar liefde vir woorde en stories vertel.

Margaux skep al vir meer as 12 jaar lank skouspelagtige troues en gesellighede as Blank Canvas Event Design. Dis hier waar sy haar oog vir ’n winskopie ontwikkel het, en die kuns verfyn het om iets duur en eksklusief te laat lyk sonder om jou begroting te oorskry. Sy is eenvoudig versot op die modewêreld en hou van ’n verskeidenheid kledingstukke in haar kas.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Looks by Lilli

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

“Mamma, jy speel nooit saam met my nie!” Hoekom speeltyd so belangrik is

Deur Tanya de Vente-Bijker “Mamma, kan jy asseblief kom speel? Asseblief, net ʼn rukkie? Jy…

2 hours Gelede

Basiese kragsoppe

Ons Suid-Afrikaners hou van lekker vleiserige kragsoppe of “broths”, soos die Engelse dit noem. Dié…

4 hours Gelede

Die twee kante van Luan Jacobs in ‘Diepe waters’

Vertel ons meer van jou karakter. Ek vertolk die rol van Damian. Hy is ’n…

6 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Binnelanders-nuweling, Deoudoné van der Merwe

Jy kan dalk dink Deoudoné van der Merwe se TV-loopbaan het laas jaar met ’n…

3 days Gelede

Verruklike winterpizza

Verruklike winterpizza met gekaramelliseerde uitjies, crème fraîche, orego en tiemie. Resep deur Vickie de Beer

3 days Gelede

Nuutste beperkte hoeveelheid wyn-etiket van KWV se The Mentors

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf. The Mentors Limited Edition Tempranillo 2021 is…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.