kategorieë: Inspirasie

18 idees vir “date night”

In ons gejaagde bestaan spook ons dikwels net om kop bo water te hou, en vergeet dat die verhouding met ons geliefde gekoester moet word. ’n Spesiale aandjie saam is ’n geleentheid om mekaar weer raak te sien, werklik te hoor, en saam herinneringe te skep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit gaan nie soseer oor wát jy reël nie, maar eerder oor die manier waarop jy jou maat behandel: om vir sy kwinkslae te lag, ligweg aan hom te raak, of te wys dat jy sy voorkeure onthou – selfs al is dit net ’n pakkie skyfies in sy gunstelinggeur. Liefdevolle aandag doen die ding!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Date nights kan ’n gereelde afspraak wees en julle kan beurte maak om dit te reël. Dit hoef nie duur te wees nie en kan ook in die dag gebeur. Die geheim is om soms ’n tikkie avontuurlustigheid in te sluit wat julle albei uit jul gemaksone neem. Die verrassingselement maak ’n geleentheid onvergeetlik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

18 idees vir “date night

1 Aandjie buite

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kampeer een aand in julle tuin. Braai ’n vleisie en malvalekkers op die vuur onder die sterre en skink koffie met ’n sterkigheidjie in blikbekers. Maak die aand onvergeetlik deur die geluide om julle in te neem – jy is dalk verbaas wanneer jy gefokus luister.

2 Loop proe-proe

Gaan stap in ’n Saterdagmark of in ’n deel van jou dorp of stad met ’n paar wegneemkos- of straatkosopsies, koop elke slag een dis, en deel dit. Eet bewustelik en lek julle vingers af.

3 Safari-ete

Eet voorgereg by elk van ’n paar restaurante wat na aan mekaar geleë is. Die laaste stop is vir nagereg …

4 Monochroom

Beplan ’n ete in een kleur; die voorgereg, hoofgereg, nagereg en drankies is byvoorbeeld alles groen. Jy kan die tafel ook in daardie kleur dek, of self so aantrek. Onthou om foto’s te neem.

5 Vroeg al in rat

Jaag jou maat voor sonop uit die bed, maak ’n fles koffie en vullende toebroodjies, pak dit saam met water en vrugte in ’n rugsak en gaan stap op ’n veilige plek terwyl die son opkom.

6 Wat maak jy hiermee?

Koop ’n paar interessante bestanddele en daag jou maat uit om ’n ete daarmee te maak terwyl jy die skottelgoed was. ’n Ander keer ruil julle rolle om.

7 Kookles tuis

Kry ’n kookles op video, koop die bestanddele en maak saam die kos in jul eie kombuis. Onthou om iets te maak wat julle nog nie bemeester het nie – iets met ’n moeilikheidsgraad wat julle uitdaag.

8 Om te onthou

Maak ’n video waarin elkeen sê hoekom hy of sy die ander een waardeer, en besluit om volgende jaar op dieselfde datum dieselfde te doen. Julle kan wegspring deur te vertel hoe julle mekaar ontmoet het.

Julle kan ook elke afspraak-aand begin deur elkeen een goeie ding wat gebeur het neer te skryf en in ’n lêer te bêre – al was dit net ’n welkome buitjie reën of ’n blommetjie wat ’n kind gepluk het. Lees die inskrywings ná ’n jaar, dalk op julle herdenking.

’n Ander keer ruil julle rolle om

9 Prentjies en kleur

Beplan ’n date met kleur as die tema; neem jou maat na ’n kleurryke restaurant vir koffie en besoek dan ’n winkel waar die towerkwas wild geswaai is, of selfs ’n speelpark vir kinders. As jou maat van besonderse prente of kuns hou, kan julle ’n galery of geskenkwinkel met kuns besoek. Hou julle selfone byderhand en neem foto’s uit ongewone hoeke.

10 Droom saam

Maak elkeen ’n vision board. Skeur prente uit ou tydskrifte en maak ’n collage van die beelde wat jou hart ’n sprongetjie laat gee. Dit gee julle sommer meer insig in mekaar.

11 Nostalgie

Druk jul gunstelingfoto’s uit en raam dit self met rame wat julle by tweedehandse winkels, markte of ander plekke uitsnuffel.

12 Eerste ontmoeting

Herskep die dag toe julle ontmoet het deur dieselfde dinge te doen, dieselfde plek te besoek, of iets soortgelyks te bedink.

13 Fliekaand

Kies ’n fliek en brei uit op die tema – kyk byvoorbeeld na ’n Franse fliek, eet Franse kos, kry ’n bottel Franse wyn en praat (nonsens) met ’n Franse aksent.

14 Opera-opera

Nee, jy hoef nie van klassieke musiek te hou nie. Dié speletjie meen julle voer ’n gesprek deur te sing wat julle wil sê. En as jy ’n stukkie van jou maat se gunstelingliedjie kan insluit, kry jy natuurlik ekstra punte! Ignoreer die aanvanklike ongemak, of neem ’n video as julle uitspattig wil wees.

15 Spin ’n storie

Eet of drink iets by ’n restaurant en versin ’n storie oor die mense by een van die tafels. Wie is hulle en wat is hulle verbintenis? Het een van hulle ’n wilde verlede of dalk bose planne? Hoe meer vergesog, hoe beter.

Hoe meer vergesog, hoe beter

16 Blogtyd

Begin saam ’n blog van jul gunstelinggedigte of lirieke, foto’s, grappies of ’n gedeelde stokperdjie soos kosmaak, tuinmaak of dalk die kinders se (oulik)geite!

17 Slimpraatjies

Woon ’n lesing by – iets stimulerends – en bespreek dit agterna oor ’n koppie koffie of ’n glas wyn. Onthou hoe interessant jou maat se sienings eens op ’n tyd vir jou was.

18 In ’n ander huis

As julle vriende het wat daarvoor sal val, kan julle een aand blyplekke uitruil. ’n Ongewone omgewing gee woema aan ’n date night.

Lees ook: Wat mans by ons oor seks wil weet

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.