kategorieë: ReisOntspanning

Kry die meeste uit jou Schengen-visum

Soos die winter naderkom, is Europa se aantrekkingskrag onmiskenbaar. Die vasteland verander in ‘n skilderagtige winterwonderland, wat reisigers nooi om sy ryke geskiedenis, diverse kultuur en asemrowende landskappe te verken. So, laat ons toe, om met hierdie Schengen-sleutel in die hand jou deur sommige van die mees betowerende plekke regoor onderandere Frankryk, Italië, Sicilië, Spanje, Portugal en Griekeland te neem, met ‘n oog op die sneeuseisoen van 2023 en 2024.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Franse elegansie

Begin jou Schengen-avontuur in die hart van Europa se kulturele skatkis, Frankryk. Parys – ook bekend as die Stad van Ligte – verhelder die winterkoue met sy ikoniese besienswaardighede soos die Eiffel-toring en die Louvre-museum wat omhul word met liggies tydens die wintermaande.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Beleef die romantiek van die stad met ’n wandeling langs die Seine-rivier en geniet smaaklike eg Franse-gebak in snoesige bistros. Vir iets meer opwindends, vat die pad na die Franse Alpe vir ‘n bergavontuur. Vir die perfekte mengsel van ‘n kwaliteit vakansie-ervaring en opwinding, oorweeg Club Med se alles-in-een-prys-ingesluit sneeu-oorde wat in die hart van die Alpe geleë is.

Hierdie wêreldklasbestemmings bied ‘n perfekte bymekaarkomplek van wintersport, ontspanning en gourmet-etes, wat ‘n werklik onvergeetlike ervaring in die Alpe-landskap verseker.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sicilië – ‘n Mediterreense juweel

In die winter handhaaf Sicilië sy aantrekkingskrag met aangename temperature langs die kus, wat dit ‘n ideale bestemming maak vir mense wat ‘n wegkomkans soek van die kouer klimaat van die res van die Europese-vasteland. Met minder mense in die winter, kan jy die geleentheid gebruik om die bekoorlike dorp van Taormina te verken, wat vanaf ‘n heuwel oor die Ioniese See uitkyk.

Die stad van Palermo, teen die Tyrrheense See, bied ‘n rykdom van historiese besienswaardighede, insluitend die pragtige Palermo-katedraal en die luukse Palazzo dei Normanni.

Verken bedrywige markte soos Ballarò of vir ‘n voorsmaak van antieke geskiedenis, is ‘n besoek aan die Vallei van die Tempels in Agrigento, ‘n moet. Of jy nou deur ou ruïnes betower word of verlei word deur watertand plaaslike disse – met sy samevloeiing van geskiedenis, natuurlike skoonheid en kulinêre lekkernye – bied Sicilië ‘n winterontsnapping soos min.

Omarm die sneeu -seisoen

Vir diegene wat smag na ’n winterwonderland, beloof die Alpe in Frankryk en Italië ‘n sneeu-avontuur soos min. Knus geleë in hierdie pragtige landskappe, nooi die gasvryheids-leier,Club Med, jou uit om die betowering van die berge sorgeloos te ervaar met hulle alles-in-een-prys-ingesluit ski-aanbiedings. Hul oorde is sorgvuldig ontwerp om aan skieërs en sneeuplankryers van alle moeilikheidsgrade te voldoen, van beginners wat hul eerste huiwerige snowplough in die sneeu kan neem, tot ervare waaghalse wat die opwinding van uitdagende swart-hellings soek. Na ‘n dag van opwindende ski, nooi die gesellige berghutte met hul warm atmosfeer en pragtige Alpe-uitsigte jou om te kom ontspan by die kaggel. Hier kan jy die kameraadskap van mede-sneeu-entoesiaste geniet, terwyl jy weglê aan gourmet-disse wat deur bedrewe sjefs voorberei is.

Waar kom die Schengen-visum se naam vandaan?

Die bekende visum is vernoem na die Schengen-ooreenkoms wat op 14 Junie 1985 onderteken is. Die reisdokument is ‘n goue kaartjie wat reis binne lidlande vergemaklik, sodat jy vrylik tussen hierdie spesifieke lande kan reis. Dit beteken dat reisigers wydverspreide wondere van verskillende Europese lande kan beleef sonder die moeite om elke keer te hoef aansoek doen vir individuele visums vir elke land – soos jare gelede.

Dit is belangrik om daarop te let dat, hoewel ‘n Schengen-visum ‘n verenigde toegang bied, reisigers steeds moet voldoen aan spesifieke regulasies van elke lidstaat, soos byvoorbeeld die geldigheidstydperk van die visum en spesifieke toegangsvereistes.

Met jou Schengen-visum in die hand, hou die winter van 2023 en 2024 eindelose moontlikhede in. Van die romantiese strate van Parys en die sneeubedekte Alpe, na die sondeurdrenkte kus van Sicilië, Europa nooi jou uit met ope arms. Omhels die betowering van die seisoen, en laat jou visum die sleutel wees tot ‘n winteravontuur wat jy vir altyd sal koester.

Bon voyage!

Lees ook: Vakansiewenke vir ouers met jong kinders

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

12 hours Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

15 hours Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

17 hours Gelede

Die beste gebruik van herfsblare in jou tuin

Die helder skakerings van oranje, rooi, geel en bruin blare gedurende die herfs is werklik…

19 hours Gelede

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

2 days Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.