kategorieë: Ontspanning

Pinotage-wyne kry weer hupstootjie na aankonding van top versnitte en rosés

Deur Clifford Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Met jou volgende besoek aan ‘n wynwinkel, pak gerus een van dié in jou inkopie-mandjie. Hulle is die nuutste wenners in die Perold Absa Kaapse Versnit en Pinotage Rosé-toekennings net met Internasionale Pinotage Dag wat op 14 Oktober gevier word, is dit ’n heerlike aanwyser.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Spog-trofees is vanjaar by die toekennings uitgedeel.
Heelwat van die inskrywings in beide die versnit- en rosé-kategories het reeds heelwat toekennings elders al gewen.

Die top-versnitte is die 2021 Bellevue Atticus (Bellevue); 2021 Beyerskloof Synergy (Beyerskloof); 2020 Flagstone Dragon Tree (Flagstone); 2020 Endura Winemaker’s Selection (Perdeberg); 2019 KWV The Mentors Perold Tributum (KWV); en 2017 Suikerboschrand (Stellenbosch Hills).

Die ontvangers van Versnit-pryse was, van links: PG Slabbert (Stellenbosch Hills), Izele van Blerk (KWV), Albertus Louw (Perdeberg), Gerhard Swart (Flagstone), Anri Truter (Beyerskloof) en Wilhelm Kritzinger (Bellevue).

Vanjaar se beste rosés by die kompetisie is die 2023 Maastricht Pinotage Rosé (Maastricht); 2023 Landskroon Pinotage Blanc de Noir Off Dry (Landskroon); 2023 Windmeul Pinotage Rosé (Windmeul); 2023 Rooiberg Winery Pinotage Rosé (Rooiberg); en, 2023 Du Toitskloof Pinotage Rosé (DTK Wyne).

Die ontvangers van toekennings in die rosé-kategorie was, van links: Michael Kotzé van Windmeul Kelder, Fanie Geyser van Landskroon Wyne, Tiaan Loubser van DTK Wyne, André Scriven van Rooiberg Wynmakery en Thys Louw van Maastricht.

Die prysuitdeling het onlangs op Stellenbosch plaasgevind waar nie net Pinotage, maar ook die Kaapse-versnit, hul ontstaan gehad het. Laasgenoemde is ‘n kategorie van wyne wat Pinotage as a bestanddeel het en om aan die Pinotage-vereniging se Perold-toekennings deel te neem, moet Pinotage tussen 30 en 70% van die versnit beslaan.

Die Stellenbosch Gholfklub is onlangs in rooi getooi, omdat die jaarlikse Perold Absa Kaapse Versnit en Pinotage Rosé-toekennings daar gehou is. Dis ook sommer voorloper vir Internasionale Pinotage Dag op 14 Oktober.more
Gaste kon die verskeie inskrywings proe voor die wenners aangekondig is.

‘n Algehele 31 produsente het deelgeneem, maar die aantal versnit-inskrywings was hierdie jaar minder as toe die kompetisie in 2011 sy ontstaan gehad het – 37 teenoor vanjaar se 30 wyne. Die rosés was effens meer – met sy begin in 2017 is 14 wyn-inskrywings ontvang teenoor hierdie jaar se 17.

Onder gaste by die geleentheid was prokureur Johan Kat en wynmaker Abri Beeslaar van Kanonkop.
Melanie en Thys Louw van Maastricht Wyne in die Durbanville Wynvallei was by die funksie.

Beyers Truter, die Pinotage-vereniging se voorsitter, het gesê hy vermoed die afname in inskrywings is dalk nog ‘n invloed van die Covid-pandemie se maandelinge wynverkoop-beperkinge is. Hy het die wenners gelukgewens en klem gelê op die toenemende, wêreldwye gewildheid van rosé. “Dit is ‘n geleentheid om meer fokus op die kompetisie te kry en feestelik te maak – nie net in Suid-Afrika, maar ook die wêreld.”

Oor die jare was KWV die mees suksesvolle produsent ondier die Kaapse Versnitte by hierdie kompetisie, met ‘n algehele 11 toekennings – een vir elke jaar wat die skou gehou is, behalwe 2017. In tweede plek is Beyerskloof, met vier toekennings, gevolg deur Kaapzicht, Flagstone, Pulpit Rock, Idiom en Clos Malverne, elk met drie toekennings. As Wyn van Oorsprong-streek, het Stellenbosch die meeste toekennings oor die jare opgelewer.

Van links is wynmaker Etienne Louw van Orpheus & The Raven, Maryna Callow van Wines of South
Van links is Beyers Truter, voorsitter van die Pinotage-vereniging; De Wet Viljoen; en Bennie Howard, Kaapse Wynmeester.

Buiten die toekennings self, verkoop die wyne vir pryse tussen R145/bottel tot R478/bottel. Die oesjaar van Beyerskloof se pryswenner is nog nie beskikbaar nie en die KWV-wyn is by die produsent uitverkoop in die standaard 750ml-formaat.

Vanjaar se beoordelaars was Wilhelm Pienaar van HermanusPietersfontein, Lucinda Heyns van Illimis wines, Narina Cloete van Blaauwklippen, Elsa Du Plessis van Beyerskloof, en Janno Bries Louw van Eenzaamheid Wines.

Lees ook: Hele dekade van wen-Chenins

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

7 hours Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

10 hours Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

12 hours Gelede

Die beste gebruik van herfsblare in jou tuin

Die helder skakerings van oranje, rooi, geel en bruin blare gedurende die herfs is werklik…

14 hours Gelede

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

1 day Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.