kategorieë: Ons menseBekendes

Cindy Nell-Roberts gesels oor veroudering en grys word op 42

Deur Savannah Douglas. Foto’s: Instagram / @cindy_nell

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Voormalige Mej Suid-Afrika, Mej Heelal-naaswenner, TV-aanbieder en Hoof Uitvoerende Beampte van die kosmetiese maatskappy Cosmetix, Cindy Nell-Roberts het onlangs op haar Instagram-blad ‘n paar van haar aanhangers se vrae oor haar omgee vir ander en die nuanses van ouer word beantwoord.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die eerste persoon het Cindy oor die mees uitdagende aspek van vroue se bemagtiging gevra, waarop sy geantwoord het:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Die gebrek aan platforms en organisasies beskikbaar om benadeelde meisies/vroue op ’n jonger ouderdom met basiese lewensvaardighede te bemagtig.” Cindy het verder verduidelik dat nie-tradisionele vaardighede en organisasies wat bereid is om te help, noodsaaklik is in benadeelde gemeenskappe.

Die volgende aanhanger wat ‘n reaksie ontvang het, het die onderwerp van veroudering en grys word aangespreek en gevra:

“Ek word ook 42 in November en kan nie die grys hare hanteer nie!!! Hoe het jy aanvaar dat jy grys word? Dit is vir my ’n stryd.”

Waarop Cindy gereageer het: “Jy doen nie. Dit is sommige dae effens irriterend, maar as jy kies om die glas vol te sien, besef jy jou hare is sterk en groei vinnig.”

Sy het bygevoeg dat wanneer sy agterkom haar wortels grys word, haar haarspesialis, Jacques van Listenborg met ‘n deurskynende wortelbedekking dit kleur, wat haar grys hare in ligstrepies verander.

“My haarkapper kleur elke maand my grys hare.” het sy gesê en ook haar topwenk vir die bestuur van grys hare tussen die maandelikse besoeke aan die salon, gedeel:

Die L’Oreal Paris Magic Root Cover Up-wortelsproei of selfs ‘n ou metaaloogskadu werk vir diegene wat tussen salonbesoeke is.”

Cindy het bygevoeg dat sy in haar 50’s dalk haar grys hare ten volle sal omhels, maar is nog nie gereed daarvoor nie, “…in my 50’s sal ek waarskynlik die voorkoms omhels en werklik daarna uitsien, maar op die oomblik is 42 te jonk en ek is nog nie gereed daarvoor nie. Ek dink wel ‘n bietjie grys is nogal sexy. Geniet dit…”

Ten spyte daarvan dat sy nie gereed is om haar aan haar silwer era te verbind nie, sê Cindy dat sy op 42 dit geniet om ouer te word. Sy voel jonk en pragtig, maar is ook wys en ervare – en bewerkstellig ‘n balans wat dalk net veroudering ‘n mens kan help bereik. “Ek is absoluut mal daaroor om ouer te word, ek geniet hierdie ouderdom waar mens nog jonk genoeg is om hot en jeugdig te wees, maar reeds wys en ervare is. Ek het nog nooit fisies sterker en beter gevoel as nou nie.”

En geen wonder nie! Volgens ‘n ander antwoord op ‘n vraag oor hoe gereeld sy oefen, het Cindy gesê dat sy drie keer per week HIIT (High Intensity Interval Training) -siklusoefeninge doen en twee keer per week met gewigte oefen; “Om jou liggaam aan die beweeg en aktief te hou, is noodsaaklik om gesond en sterk te bly, op enige ouderdom.”

Nog ‘n aanhanger het gevra: “Hoe bly jy elke dag so mooi en sexy?” waarop Cindy geantwoord het:

“Dissipline! Ek aanvaar dat ek party dae misluk en ander dae sterk is, maar my doelwit is elke dag om ’n goeie dag te hê.”

Lees ook: Kapingsvoorval inspireer Demi-Leigh Tebow se Unbreakable-werkswinkels

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring
Tags: cindy nell

Onlangse plasings

Roeline geniet dit vreeslik om “mevrou dominee” in Diepe waters te speel

Roeline Daneel, bekend vir haar rolle in Fraksie, Binnelanders en Fynskrif en die wenner van die beste aktrise in ’n…

2 hours Gelede

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig versorg deur Mariette Snyman. Foto's Pexels “Gedrukte…

20 hours Gelede

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

1 day Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

2 days Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

2 days Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.