kategorieë: ReisOntspanning

2 dinge wat jy moet weet oor grensposte, jou motor en versekering

2 dinge wat jy moet weet oor grensposte, jou motor en versekering deur Anet Schoeman. Hooffoto: pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Beplan jy ’n vakansie in ’n buurland of selfs hoër op in Afrika? Onthou, daar is verskeie motorversekeringsimplikasies sodra jy die landsgrense oorsteek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Vind uit: Wat dek jou versekering?

Bel eerstens jou versekeringsmaatskappy en stel vas watter van jou voordele geld as jy die grens oorsteek. Afhangend van jou polis, kan dit volle of min dekking wees. In die meeste gevalle kan jy deur ’n klein bybetaling bykomende versekering vir daardie tyd kry. In sommige gevalle kan jou versekeraar vereis dat jy besonderhede oor jou eindbestemming gee.

#rrWenk: Onthou, as jy nie die korrekte inligting gee nie, kan jou versekeraar ’n eis weier as jy ’n ongeluk het of jou voertuig gesteel word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

pixabay

2 Weet wat die wette is rakende jou kar

Sedert einde 2016 het die regering aktief sekere wette, wat vereis dat motoriste registrasiedokumente vir hul voertuie het, by grensposte begin toepas. Hierdie wette geld alle voertuie, dié wat nog gefinansier word, sowel as dié wat reeds afbetaal is. Die oogmerk is om te keer dat gesteelde voertuie uit die land geneem word.

Bel jou bank vir ’n gesertifiseerde afskrif van jou registrasiedokumente, of as die voertuig afbetaal is, laat ’n afskrif by ’n polisiestasie sertifiseer.

pixabay

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.