Suid-Afrika is die 74ste mees leefbare land vir vroue

Suid-Afrika is die 74ste mees leefbare land vir vroue verwerk deur Catherine Schenck. Inligting verskaf deur Nestpick. Hooffoto

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die leefbaarheidsindeks vir vroue

Die Duitse behuisingsmaatskappy, Nestpick, het ’n leefbaarheidsindeks saamgestel wat verskeie toestande meet wat dit makliker of moeiliker vir vroue maak om in ’n land te leef. Hulle het 100 lande teen mekaar gemeet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die top 20 mees leefbare lande volgens die leefbaarheidsindeks vir vroue

  1. Noorweë
  2. Swede
  3. Kanada
  4. Finland
  5. Ysland
  6. Denemarke
  7. Ierland
  8. Slowenië
  9. Oostenryk
  10. Estland
  11. Duitsland
  12. Australië
  13. Singapoer
  14. Switserland
  15. Frankryk
  16. Nederland
  17. Spanje
  18. Nieu-Seeland
  19. Verenigde Koninkryk
  20. België

Die eerste Suid-Amerikaanse land is Chili in die 37ste plek, gevolg deur Uruguay (39ste plek) en Argentinië (42ste plek).

In Afrika is Namibië eerste in die 73ste plek. Suid-Afrika volg in die 74ste plek met Algerië in 82ste plek.

Die drie lande wat die minste leefbaar is vir vroue, is Pakistan, Ethiopië en Nigerië heel laaste.

Hoe hierdie studie aangepak is

Nestpick het honderd lande gekies wat genoeg inligting beskikbaar het oor leefbaarheid vir vroue sodat dit met dié van ander lande vergelyk kon word.

’n Lys faktore wat as krities beskou is tot die leefbaarheid van ʼn land vir vroue, sowel as vir die gemeenskap as ’n geheel, is saamgestel en teen mekaar gemeet.

Vier belangrike kategorieë wat vroue se lewenstandaard bepaal, is geïdentifiseer, naamlik infrastruktuur, geslagsgelykheid, wetgewing en werk.

Hierdie kategorieë behels dan van onderafdelings, wat die volgende insluit:

Werk: Die persentasie vroue in C-vlak- (of bestuurs-), regerings- en stigtersposisies in ondernemings asook die hoeveelheid vroue in die STEM-veld (wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde) en professionele atlete wat aan die Olimpiese Spele deelneem.

Infrastruktuur: Gesondheid, veiligheid, opvoeding, huishoudelike geweldsyfer, vroulike lewensverwagting, toegang tot voorbehoedmiddels en vroulike gesondheidstoegang en vroulike geletterdheidsyfers.

Geslagsgelykheid: Salarisongelykhede, belasting op higiëniese produkte, en mensehandel.

Wetgewing: Egskeidingswette, kraamverlof, aborsiewette, stemreg en ander wetgewing wat gefokus is op vroue.

Die resultate van hierdie vier pilare

Vroue in die werksplek

Die top 10

  1. Ysland
  2. Singapoer
  3. Swede
  4. Estland
  5. Nieu-Seeland
  6. Kanada
  7. Finland
  8. Noorweë
  9. Australië
  10. Slowenië

Interessante bevindinge oor vroue in die werksplek

  • Rwanda het die meeste vroue in hul regering, gevolg deur Swede en Frankryk
  • Namibië het die meeste vroue in C-vlak posisies, gevolg deur Letland en Panama
  • Estland het die meeste vroulike entrepreneurs (10%) gevolg deur Singapoer en Ysland
  • Kameroen het die meeste vroulike professionele atlete in die Olimpiese spele, gevolg deur Kambodja en Masedonië
  • Singapoer het die meeste vroue in STEM-werke gevolg deur Sjina en Estland
  • Interessant genoeg is die VSA en Bulgarye ook baie goed vir vroue in die werksplek, maar hulle skiet tekort in die ander afdelings, wat hul laer op die algehele ranglys plaas.

Infrastruktuur vir vroue

Die top 10

  1. Kanada
  2. Noorweë
  3. Oostenryk
  4. Ysland
  5. Ierland
  6. Slowenië
  7. Denemarke
  8. Swede
  9. Switserland
  10. Australië

Interessante bevindinge oor Infrastruktuur

  • Letland het die hoogste persentasie vroue, gevolg deur Litoue en Oekraïne
  • Kanada is die veiligste land vir vroue, gevolg deur Oostenryk en Ysland
  • Australië het die hoogste opvoedingstelling, gevolg deur Ysland en Nieu-Seeland
  • Noorweë het die hoogste gesondheidtelling gevolg deur Malta en Frankryk

Geslagsgelykheid

Die top 10

  1. Noorweë
  2. Swede
  3. Nieu-Seeland
  4. Denemarke
  5. Slowenië
  6. Finland
  7. België
  8. Ysland
  9. Frankryk
  10. Duitsland

Interessante bevindinge oor geslagsgelykheid

  • Vroue in die Kameroen het die kleinste gendersalarisgaping – hulle word oor die algemeen meer betaal as mans! Laos is in dieselfde bootjie.
  • Ysland het die hoogste telling in die gendersalarisgaping, gevolg deur Noorweë en Swede
  • 12 lande het beleide om geen belasting te hef op vroulike higiëne-produkte nie: Ierland, Kanada, Suid-Afrika, Australië, Colombië, Jamaika, Uganda, Tanzanië, Kenia, Maleisië, Indië en Nigerië
  • Lande met die laagste mensehandelsyfers is Kanada, Denemarke, Australië en Oostenryk

Wetgewing wat vroue beskerm

Die top 10

  1. Estland
  2. Slowakye
  3. Hongarye
  4. Finland
  5. Noorweë
  6. Duitsland
  7. Swede
  8. Die Tsjeggiese Republiek
  9. Denemarke
  10. Slowenië

Interessante bevindinge rakende wetgewing

  • Ysland het die beste wetgewing wat vroue beskerm, gevolg deur Nieu-Seeland en Frankryk
  • Estland het die meeste kraamverlofdae, gevolg deur Slowakye en Finland
  • Nieu-Seeland was die eerste land wat vroue die stemreg gegee het (1893), gevolg deur Australië en Finland
  • Noorweë bied die hoogste lewenstandaarde vir vroue, gevolg deur Ierland en Singapoer.

Inligting verskaf deur Nestpick. Om al die bevindinge van hierdie studie te sien en om meer oor die metodologie uit te vind, klik hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.