kategorieë: Funksie artikels

3 Webwerwe wat jou lewe makliker maak

Ons het 3 webwerwe gevind wat jou lewe makliker maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Deur Anélle Tewson

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

OneCart

OneCart is ’n fantastiese opsie as jy dringend iets nodig het maar nie by die winkels kan uitkom nie. Dalk is jy siek of het jy ’n operasie gehad, of dalk beplan jy ’n groot partytjie en besef jy kort ’n hele paar goed voor die gaste opdaag. Jy kan binne twee ure jou inkopies by jou huis laat aflewer …

Die beste deel? Jy kan produkte by verskeie winkels koop en vir alles saam betaal en saam laat aflewer. Jy kan vanaf winkels soos Woolworths, Pick n Pay en Dis-Chem bestel. Daar is selfs ’n drankwinkel as jy besef jou voorraad raak min en sal nie by ’n winkel kan uitkom nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek het hierdie diens getoets: In die oggend het ek ’n paar inkopies bestel, my afleweringstyd gekies, en aangegaan met my werk! Toe ek laatmiddag by die huis aankom het hulle my inkopies afgelewer. Die lekkerste ding is dat jy all jou gunstelinge terselfdertyd kan koop, en sommer jou behoeftes van Clicks en Dis-Chem ook! Die diens is tans in Gauteng en Kaapstad beskikbaar, en aflewering kos R55 (glad nie baie as jy petrol en parkeringsgeld in ag moet neem nie!).

Dink net aan wat jy met met daai tyd nou sal kan maak.

Foto: pexels

Droppa

Het jy nodig om iets te vervoer, of trek jy dalk? Probeer Droppa. Dit is ’n maklike en gerieflike diens waar jy vragmotors kan huur om kantoor- of huishoudelike goedere en meubels te skuif. Dit laat jou toe om ’n vragmotor te bestel volgens jou behoeftes in alle groot stede regoor Suid-Afrika. Die pryse is gebaseer op die afstand wat jy beplan om te reis met die motor. Sodra jy ’n Droppa-aflewering bespreek het, sal jy jou goedere regdeur die hele reis kan dophou. Die bestuurders is opgelei om goedere in transito korrek te hanteer.

Foto: pexels

Lees ook: Wees veilig aanlyn

Minderz

Partykeer is die enigste ding wat jou van vakansie hou afskrik jou troeteldiere en wie hulle sal oppas terwyl jy weg is. Minderz bied dienste om jou huis en diere op te pas terwyl jy heerlik op die strand baai. Jy stuur jy jou lys van behoeftes aan Minderz en hulle stel die regte oppasser in jou area voor.  Jy kan kies watter tipe sorg jou diere nodig het:

  • Huis-oppas – Die oppasser bly oornag in jou huis en pas jou huis en jou diere op
  • Inloer-kuiers – Die oppasser kom loer deur die dag in om te kyk of jou diere veilig en gevoer is
  • Blyplekdienste – Jou diere gaan slaap by die oppasser se huis
  • Stappies – Die oppasser kom haal jou hond vir ’n stappie

Deur Minderz maak jy kontak, bespreek en kommunikeer met jou oppasser. Betaling neem deur oor die webwerf plaas.

Foto: pexels

Lees ook: Pantser jouself teen onnodige aanlyn-inkopies

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson
Tags: aktueelnews

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.