kategorieë: Ontspanning

Op ons kalender: April

#Imagine

01 – 03 April

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Gauteng, Oos-Kaap en Wes-Kaap

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vanjaar sien die derde instelling van #Imagine Experience – ’n Christelike tienerkamp wat tegelykertyd in drie verskillende dele van die land plaasvind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die 2016 #Imagine Experience sal vanaf 1 tot 3 April in Gauteng, die Wes-Kaap en die Oos-Kaap gehou word waartydens dieselfde program oor al drie kampe gehandhaaf gaan word. Die doel van dié ervaring is om tieners en jeugleiers deur die gebruik van gesprekke, godsdiens, multi-media, werkswinkels en verskeie ander aktiwiteite die wonder van Christenskap te laat ervaar. Boonop sal al drie Experiences ook via sosiale media en video-uitsendings met mekaar skakel!

Registrasie kan aanlyn via die #Imagine-webtuiste gedoen word. Klik hier.
Pryse beloop R400 per tiener en R500 vir groepleiers en vrywilligers.
Afslagkoepons is ook beskikbaar vir groepbesprekings.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Studente ekspo 2016

14-15 April

Die V&A Waterfront – Kaapstad, Wes-Kaap

Afrika se grootste bymekaarkomplek vir studente en ouers!

Die Studente-ekspo is die enigste ekspo wat op studente, matrikulante, gegradueerdes en ouers fokus. Die ekspo bied ’n 360-grade uitsig oor studentelewe, terwyl die belangrikste aspekte gedek word deur organisasies op die gebied van tersiêre opleiding, finansiële opleiding, vervoer, verblyf, vaardigheidsontwikkeling en ander opleiding.

Hierdie ekspo is ontwerp om vir huidige, asook voornemende studente die nodige kennis te gee om goeie, ingeligte besluite oor hul loopbane en opleiding te maak, terwyl dit ook poog om studente na ’n gepaste loopbaan te lei.

Die ekspo is op meer as 1 000 private en regeringskole, asook verskeie universiteite gemik en dek allerlei studierigtings van medies tot die kulinêre kunste.

Dit is veral voordeling vir hoërskoolkinders wat nog nie ’n keuse gemaak het rondom ‘n studierigting of ander loopbaankeuses oorweeg het nie.

Decorex

29 April – 02 Mei

Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum, Kaapstad, Wes-Kaap

Besoekers aan vanjaar se Decorex-ekspo kan uitsien na ‘n omvattende uitstalling van die jongste dekor- en ontwerp tendense, asook produkte en dienste wat tans op die mark beskikbaar is.

Met die tema “Take it Home. Make it Home” beloof dié ekspo om tonne inspirasie en idees vir regoor die huis te bied. Hier sal elke aspek van huisregmaak- en versier gedek word danksy die verskeie uitstallings en kenners wat hier bymekaar gaan kom.

Hierdie jaar het die ekspo ook ’n nuwe toevoeging, die Dekor en Doen-Dit-Self Verhoog, waar ’n reeks praatjies en interaktiewe raadgewersessies gehou gaan word. Daar gaan ook ’n Kuns en Skep-mark wees waar besoekers aan kunsbier kan teug terwyl hulle deur die verskeidenheid handgemaakte leefstylprodukte kyk.

Kosliefhebbers sal ook gaande wees oor die verskeie kafees, restaurante en ander kulinêre ervarings wat aangebied gaan word.

Wanneer: 29 April – 2 Mei (Let Wel: 29 April is ’n markdag)
Tyd: 10:00 – 19:00 (Maandae van 10:00 – 18:00)
Kaartjies: R85 per volwassene, R75 vir pensionarisse en studente, asook besoekers op 29 April, R20 vir kinders onder 12 jaar.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

8 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.