kategorieë: WenkeMode

5 bra’s wat jou lewe sal verander

5 bra’s wat jou lewe sal verander deur Bea Lingenfelder. Hooffoto Bras N Things

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

5 bra’s wat jou lewe sal verander

Vroue se liggame is nie staties nie en kan deurlopend verander as gevolg van verskeie faktore. Om daardie rede asook as gevolg van vir die vereistes van verskillende kledingstukke kan bra-soek ’n oneindige stryd word.

Nie alle bra’s sit soos ’n droom aan almal nie en daar is heelwat aspekte om in gedagte te hou wanneer jy ’n bra koop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Daar is dan ook ’n paar verskillende style waarvan elke vrou moet weet en waarvan jy gerus kennis kan neem as dit kom by bra-koop.

Ons verduidelik die verskillende fatsoene en verskilpunte wat elke styl kenmerk en sê ook waarom dit dalk heel moontlik jou lewe kan verander.

1. Die T-hemp bra

Hierdie styl het sy naam verwerf as gevolg van sy gemaklikheid. Net soos ’n t-hemp een van ons betroubaarste kledingstukke is, is hierdie styl veral gewild as elkedagse bra.

Die styl het gekussingde koppies wat jou vel laat asemhaal en wat jou volle bors omvou en basies veronderstel is om onder jou klere onsigbaar te wees.

Die koppies moet nie nate maak wanneer jy ’n hemp bo-oor aantrek nie en daar moet ook nie gapings tussen jou bors en die materiaal wees nie.

Die styl is gemaklik, klassiek en geskik vir jou daaglikse uitrustings. Daar is opsies tussen draadlose koppies of, as jy meer ondersteuning verkies, het sommige ’n dun draadjie onder die koppies.

Die resultaat: ’n Onopsigtelike bra wat  jou kurwes natuurlik omvou. Jy kan dit elke dag dra en dit sit so gemaklik, jy weet skaars daarvan.

Lees ook: 5 algemene wanopvattings oor bra’s waarvan jy moet weet

T-hemp bra met ondersteuningsdraad (R329) Woolworths 5 bra’s wat jou lewe sal verander

2. Sonder bandjies

Hierdie styl was eens op ’n tyd ’n bra wat vroue laat les opsê het. Dit was styf, ongemaklik en het dikwels afgegly.

Deur die jare het ontwerpers wel in samehang met die vroulike liggaam style ontwikkel en uitgebrei om verskeidenheid aan vroue te kan bied. Dit is egter steeds ’n noukeurige proses om die perfekte snit vir jou te kry.

Maak seker jy ken al die wenke oor hoe om die regte bra vir jou te kies. Hierdie bra is gepas wanneer jy ’n toppie of rok dra met oop skouers of eenskouer-kledingstukke.

Die meeste van hierdie bra’s het lussies waaraan verstelbare bandjies gehaak kan word, sodat wanneer jy eenskouer-items dra en dit verkies om jou bra met ’n bandjie te beveilig, jy een kan aanhaak oor die skouer wat toe is.

Nog ‘n gewilde ontwerp is ’n snit soortgelyk aan ’n korset, met ’n breër gedeelte wat styf om jou borskas sit en die koppies ondersteun. Maak seker jou borste lê gemaklik in die koppies en druk nie op of peul uit nie.

’n Verkeerde snit kan dikwels die oorsaak wees dat jou bra gedurig voel of dit wil afval of uiters ongemaklik sit.

Die resultaat: ’n Stewige bra wat vorm skep en ondersteuning bied wanneer jy klere met oop skouers dra, sonder dat daar bandjies uitsteek wat die neklyn verbreek.

Lees ook: Hoe om te verseker dat jou bra’s langer lewe

Bra sonder bandjies (POA) Bras N Things vanuit die Body Bliss-reeks

3. Opdruk-styl

So nou en dan moet ’n vrou haarself bederf met ’n waagnommertjie of twee. ’n Opdruk-bra kan ’n vleiende figuur skep en jou beter kurwes gee.

Die kussings in die bra se koppies is heelwat dikker aan die onderkant (teenoor die t-hemp styl) en het dikwels ’n stewige draad vir ekstra ondersteuning.

Hierdie styl help vroue met klein borste ’n voller silhoeët skep en is daarom veral gewild saam met kledingstukke wat ontwerp is om kurwes te beklemtoon.

Maak egter seker dat die bra nie jou borste ongemaklik hoog of te veel na mekaar toe druk nie – dit moet jou net daardie nodige hupstoot bied.

Die resultaat: ’n voller voorkoms wat vroulik en vleiend voorkom. Dit skep kurwes vir ’n uurglasfiguur.

Lees ook: Hoe om jou ligaamsvorm vas te stel en jou figuur te vlei

Opdrukbra (R1 504) La Senza 5 bra’s wat jou lewe sal verander

4. Sportbra

Vroue maak dikwels die fout om hierdie bra uitsluitlik met sport en oefening te assosieër, maar hierdie styl het juis ’n gespesialiseerde ontwerp om jou gemak te bied.

Sommige sport-ontwerpe  het ’n gevormde kussingkoppie en ander is meer ’n breë rek-materiaal wat om jou bolyf ondersteuning bied.

Die bandjies is breër as die van tradisionele bra’s en kom dikwels in ’n X-vorm oor jou rug bymekaar. Hierdie oorkruisontwerp is spesifiek vir beter ondersteuning geskep en om jou borste stiller te hou tydens oefening.

Een van die grootste foute wat vroue maak met sportbra’s, is dat hulle die bra te klein koop wat veroorsaak dat die bra nie gemaklik oor jou borsgedeelte pas nie. Dit lei dan daartoe dat jou bra se rek rondskuif, daar nie die nodige ondersteuning is nie en jy op die ou end bloot ongemaklik voel tydens sport of oefening.

Die resultaat: ’n Omvattende bra met stewige ondersteuning regoor die bors en skouer-gedeelte. Sommige ontwerpe kan egter jou borste effens platter druk.

Lees ook: 9 modefoute wat jy onbewustelik maak

Sportbra met gekruisde skouerbande (R899) Adidas

5. Aanplakbra

Hierdie styl is soortgelyk aan die bra sonder bandjies, maar is meer bedoel vir kledingstukke met ’n oop rug.

Hierdie is ’n styl waar jy meer moet betaal vir beter kwaliteit, aangesien die gehalte van hierdie bra sy funksionaliteit kan maak of breek: ’n Aanplakbra van goeie gehalte sal ’n sterk plakplatvorm hê wat nie met sweet sal lostrek nie.

Die snit sal ook op die meeste borsvorms pas.

Hoewel daar baie style is wat selfs as ’n opdrukbra kan dien, is die veiligste opsie die tradisionele snit met twee aparte plakkoppies wat voor aanmekaar kan knip.

Sodoende kan jy elke koppie apart op jou bors pas, plak en dan bymekaar bring.

Die bra moet nie te veel gerek of getrek word nie aangesien dit die plakbaarheid van die koppies sal beinvloed.

Die resultaat: ’n Onopsigtelike bra wat net die ronde vorm van die bors komplementeer.

Lees ook: 10 wenke om jou figuur te vlei

Aanplak-bra (R249) Cotton On 5 bra’s wat jou lewe sal verander

5 bra’s wat jou lewe sal verander

Kry dit hier:

Adidas

Bras N Things

Cotton On

La Senza

Woolworths

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.