kategorieë: VegetariesKos

5 groenteresepte om te probeer

Vonkelwyn-geroosterde baba- en witwortels

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• 500 g babawitwortels (parsnips)
• 500 g babawortels
• 4 lourierblare
• gerasperde skil van 2 lemoene
• 4 takkies tiemie
• 30 g botter, gesmelt
• 90 g bruinsuiker
• 250 ml (1 k) droë vonkelwyn

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Verhit die oond tot 220 °C. Meng die witwortels, wortels, lourierblare, lemoenskil, tiemie, botter en bruinsuiker in ’n groot oondpan.
2 Gooi die vonkelwyn oor en bak vir 30-35 min. of tot goudkleurig, glansend en gaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wortellinte-slaai

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Genoeg vir 6

• 500 g wortels, geskil
• 30 ml (2 e) botter
• 15 ml (1 e) heuning
• 45 ml (3 e) pietersielie, gekap
• sout en gemaalde swartpeper

1 Sny die wortels met ’n groenteskiller in linte. Blansjeer vir 30 sekondes in kookwater. Dreineer en skep in ’n opdienbak.
2 Smelt die botter en heuning saam in die mikrogolf. Skep oor die wortels, voeg die pietersielie by en meng saam. Geur na smaak. Sit dadelik voor.

Nog idees
* Jy kan ook zucchini in linte sny en saam met die wortels blansjeer.
* Voeg die uitgedrukte sap en gerasperde skil van 1 lemoen by vir ’n lekker variasie.
* As jou tyd knap is, kan jy klaar geskilde babaworteltjies koop en op presies dieselfde wyse gaarmaak.

Oosterse groenteroerbraai

Genoeg vir 4

Die roerbraai is ook heerlik met gebraaide repies hoender of steak.

1 Maak eers die sous: Meng 125 ml (½ k) soetrissiesous, sap van 1 lemmetjie, 15 ml (1 e) gekapte gemmer, 1 gekneusde knoffelhuisie, 15 ml (1 e) sojasous en ½ brandrissie, pitte verwyder en fyn gekap. Hou eenkant.
2 Verhit 15 ml (1 e) olyfolie in ’n groot pan of wok oor hoë hitte en soteer sowat 300 g klaar gesnyde roerbraaigroente, 500 ml (2 k) dun gesnyde groenkool en 500 ml (2 k) dun gesnyde perskool. Geur na smaak.
3 Meng 500 ml (2 k) gaar Oosterse noedels en die soetrissiesous deur.
4 Meng ’n hand vol gekapte koljanderblare en 250 ml (1 k) liggies geroosterde grondboontjies deur. Sit voor met vars of gedroogde klapperkrulle.

Tameletjiepampoen

Genoeg vir 6-8

• 1 kg pampoen, geskil en in blokke gesny
• 125 ml suiker
• 30 ml (2 e) botter knypie sout

1 Spoel die pampoen onder lopende koue water af en sit die nat pampoen in ’n kastrol.
2 Voeg die botter en suiker by en kook die pampoen stadig oor lae hitte tot sag en die suiker donker tameletjie trek.

Geroosterde wintergroente met vanielje en lemoen

• 125 g botter
• gerasperde skil van 2 lemoene
• 30 ml heuning
• 3 heel vanieljepeule
• 250 g (omtrent 12) jong wortels
• 1 klein botterskorsie, in ringe gesny
• 1 knolseldery (celeriac) middeldeur gesny en in skywe gesny
• 250 g (omtrent 10) klein witwortels, in die lengte middeldeur gesny
• 250 g pampoen, in skywe gesny
• sout
• 35 ml olyfolie

Voorverhit die oond tot 220 °C.
1 Meng die botter, lemoenskil, heuning en vanielje in ’n voedselverwerker, of met ’n stokmenger, tot al die bestanddele ingemeng is.
2 Hou eenkant.
3 Pak die groente op ’n groot roosterpan. Geur met sout en sprinkel olyfolie oor. Rooster vir 25 min.
4 Haal uit en stip die groente oraloor met die botter.
5 Sit terug in die oond en bak vir nog 20 min. tot die groente gaar en karamelkleurig is.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.