kategorieë: Ontspanning

‘Arendsvlei’ vier 1000 episodes op ’n dramatiese noot

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Tussen Beatrice se omstrede liefdeslewe, Hoërskool Arendsvlei se struikelblokke en Wendy Newman en die Galants se streke is daar altyd iets wat die storie vars en onvoorspelbaar hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die eerste episode van Arendsvlei is op 1 Oktober 2018 uitgesaai. Dit was kykNET se eerste Afrikaanse telenovela, en die reeks het oor ses seisoene al drie SAFTA-toekennings ingeryg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Teen die agtergrond van die fiktiewe Hoërskool Arendsvlei, wat deur die Cupido-familie bestuur word, is die reeks vol drama met onderwysers en leerlinge wat kwessies konfronteer soos depressie, verslawing, moord, wraak en tienerswangerskap.

Arendsvlei was kykNET se eerste Afrikaanse telenovela, en die reeks het oor ses seisoene al drie SAFTA-toekennings ingeryg. (Foto: Verskaf)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jolene Martin, wat die rol van Beatrice Cupido vertolk, sê daar was al baie professionele en persoonlike hoogtepunte oor die afgelope ses jaar, maar om 1000 episodes te bereik, is ’n mylpaal en ’n reusagtige prestasie.

“Om deel te wees van ’n program wat so ’n onbetwisbare merk op die vermaaklikheidsbedryf gelaat het, is onbeskryflik. Ons kykers is nie bloot aanhangers nie, hulle is ’n stappie hoër. Hulle het saam met ons gelag en gehuil en vir dit sal ek ewig dankbaar wees,” vertel Jolene.

Tarryn Josephs, publisiteitsbestuurder van Arendsvlei, sê om ’n 1000 episodes te bereik is nie net ’n hoogtepunt nie, maar ook ’n groot voorreg.

“Ons is bevoorreg om met soveel talentvolle mense te werk wat elke dag alles gee om seker te maak dat ons die beste produk skep. Ons probeer om altyd stories te vertel waarmee ons kykers hulself kan vereenselwig, en hulle terugvoer en meelewing is ongelooflik,” sê Tarryn.

Net ’n paar dae gelede het kykers weer die skok van hul lewe gekry toe Kyle Borman (Dries Botha), die polisiekaptein en Beatrice se eksverloofde, die nuus aan Beatrice breek dat Clint Smith (Clayton Evertson) tydens ’n werksopdrag oorlede is.

Jolene Martin, wat die rol van Beatrice Cupido vertolk is al ses jaar deel van die telenovela. (Foto: Verskaf)

Clint het kort ná hy en Beatrice mekaar weer gevind het onverwags ’n dringende werksopdrag gekry, en hy het gewik en weeg of hy moet bly of gaan. Beatrice het hom uiteindelik aangemoedig om net dié laaste keer nog die opdrag uit te voer, maar hy sou nooit weer huis toe kom nie.

Kykers het onlangs uitgevind dat Clint Smith (vertolk deur Clayton Evertson) tydens ’n werksopdrag oorlede is. (Foto: Verskaf)

Clayton Evertson het met ’n swaar maar warm hart van sy Arendsvlei-familie afskeid geneem. “Ek gaan rêrig ons geselsies tussen tonele mis. As die kamera gerol het, was almal professioneel en ernstig, maar sodra daai toneel klaar is, het ons so lekker saam gelag. Ons het ernstige gesprekke gehad, maar sjoe, ons was meestal net laf,” vertel ’n dankbare Clayton.

Arendsvlei-kykers moet styf aan hul stoele vashou! Daar kom nog baie lekker storielyne wat hulle regop sal laat sit,” sê Tarryn.

Skakel elke Maandag tot Donderdag op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) in om die doen en lates van die Arendsvleiers dop te hou. Dié telenovela is op beide DStv Catch Up en DStv Stream beskikbaar.

Lees ook: Brawe bekendes oorwin vrese in VIA TV se ‘Die Uitdaging’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

16 hours Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

3 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

3 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

3 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

4 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.