kategorieë: Leef gesondGesondheid

5 maklike maniere om spanning te verminder

In sy boek, Born Anxious: The Lifelong Impact of Early Life Adversity – and How to Break the Cycle, skryf Professor Daniel P. Keating hoe die fetus selfs in die baarmoeder reeds aan spanning blootgestel word en hoe dit ’n patroon in kinders se lewens kan word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

5 maniere om spanning te verminder

1 Neem beheer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Een vir die groot aanleidende faktore van spanning is dat ons buite beheer voel en dit kan later in ’n bose kringloop ontaard waar jy nooit opgewasse voel om enigsins beheer uit te oefen nie. Neem bestekopname van jou lewe by die huis en werk en kyk waar jy deur klein veranderinge meer in beheer kan wees. Elke stappie gaan jou meer bemagtig en rustiger laat voel.

Lees ook: Bevry jouself van spanning

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 Moenie spanning met alkohol en kos masker nie

As jy nie kan wag vir daai glas wyn om jou te help ontspan, of trooskos om jou te laat beter voel nie, loop jy helaas die risiko om afhanklik te raak daarvan. Om oorgewig te raak hou nadele vir jou gesondheid in en afhanklikheid van alkohol is ’n veel groter probleem wat beide hul eie spanning gaan skep.

3 Wees bewus

Leer om in die oomblik te leef en “mindful” te wees. As jy buite is, ervaar die gevoel van die sonlig op jou vel, ruik die varsheid in die lug en sien die nuwe groen blaartjies in jou tuin eerder as om gedurig te tob oor gister se dilemmas en môre se uitdagings. Dit beteken nie dat jy jou kop in die sand druk en in ontkenning leef nie. Net dat jy nie elke oomblik van die dag met jou probleme worstel nie. Vra jouself af wat is die ergste wat kan gebeur.

Lees ook: Anel Alexander en ander se raad teen uitbranding

4 Raak aktief

Kortisol is die hormoon wat met spanning te doen het en kan in oorvloed afgeskei word as jy gedurig onder spanning leef. Oefening kan van hierdie oorbodige kortisol ontslae raak en jou weer rustig laat voel. Oefening het ook vele ander voordele wat jou gaan help om vrolik te voel en boonop beter te slaap wat ook ’n gunstige invloed op spanning het.

Lees ook: Ses oefeninge vir vroue bo 40

5 Geen kitsoplossing nie

Daar is ongelukkig geen kitsoplossing vir spanning nie. Maak vrede met die feit dat daar altyd spanning gaan wees, maar weet dat dit jou reaksie op spanning is wat gaan bepaal of dit jou negatief of positief affekteer. “Goeie spanning” kan jou byvoorbeeld help om werk vinnig klaar te kry. Besluit of jy gaan toelaat dat spanning jou negatief aantas. Speel strelende musiek in jou voertuig eerder as om woedend te raak vir karre wat voor jou indruk. Vind maniere om te kommunikeer as spanning by die huis jou op ’n knop jaag. Die grootste geheim is om iets aan spanning te doen voor dit jou baas raak.

Lees ook: Stres: Gee aandag aan jou liggaam se waarskuwingstekens

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.