kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Leandie du Randt oor Hartklop

Kykers het die boeiende en pittige karakter dr. Jolene Joubert reeds in die eerste episode van kykNET se hospitaaldrama Hartklop leer ken as ’n vrou wat nie skroom om vir haarself steke in te sit nie. Die kliniese assistent het duidelik al die rugkant van die lewe gesien en ons sien later in die reeks hoe Jolene in duie stort by haar stiefpa se begrafnis, dronk by die werk opdaag en haar duiwels konfronteer wanneer sy na ’n rehabilitasiefasiliteit gestuur word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Haar verlede is rof. Anders as in die regte lewe waar mens nie weet wat in jou toekoms is nie, kon ek nadat ek die teks gelees het mooi verstaan waarheen Jolene op pad is. Ek het van haar toekoms, in my kop en my hart, teruggewerk om die plek te kry waar sy begin. My skietskedule het so uitgewerk dat baie van Jolene se laaste tonele eerste verfilm is, en dit het my gehelp om te verstaan van waar af die karakter moet begin ontwikkel, ” vertel Leandie oor hoe sy Jolene as ’n karakter gevorm en ingekleur het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Leandie het ook vanjaar in die Kaap aan die dramedie Straat, uit die pen van Paul C. Venter gewerk wat binnekort op kykNET te sien sal wees en was deel van die storiefilm Die Groot Dag, waarin sy ‘n rugbybehepte karakater (Francois Jacobs) se vrou speel. Leandie was ook ‘n beoordelaar vir die Mej Suid-Afrika-kompetisie, wat in Julie as ’n werklikheids-TV-program, Crown Chasers, uitgesaai is.

En inderdaad word haar reis met ’n reeks opwindende hoogtepunte op haar kalender vir die res van die jaar voortgesit: Sy skiet seisoen agt van Slank en To Be Gift Boxes, die aanlyn onderneming wat sy saam met haar skoonsuster, Michelle du Randt bedryf, se eerste fisieke winkel maak in November in Hazelwood, Pretoria, oop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy en Stephan Neethling (haar geliefde) is sedert die einde van September oorsee vir die Rugbywêreldbeker en ‘n bietjie rondreis; “Ons wil meer reis, want ons is in die fleur van ons lewe. Elke keer wat ek oorsee gaan, leer ek so ‘n bietjie meer van myself.”

Leandie du Randt vertel meer oor hierdie sonderlinge karakter wat sy met soveel oortuiging speel.

Dit is ’n groot en sterk rolverdeling. Watter lesse het jy by jou medespelers geleer?

Wow, ja, die spelers is fenomenaal. Dis altyd interessant om te sien hoe akteurs hulle woorde leer en voorberei en hoe elkeen doen wat vir hom of haar werk. Die grootste wenk wat ek op die stel gekry het, was van Christo Davids, wat ook die regisseur van episode 8 was. Hy het vir my geleer dat jy nooit hoef te wonder hoe jy ’n toneel of emosie gaan speel  wanneer jy dáár is in die oomblik, luister en dit persoonlik maak nie. Jy vra jouself watter mens of herinnering uit jou eie lewe kan jy met elke toneel vergelyk sodat jy ’n aanknopingspunt het en ’n plek waar jy die emosie kan gaan haal. Dit maak dit eg en die interpretasie meer geloofwaardig omdat dit uit ’n persoonlike plek kom.

Foto: Lisa Skinner

Jolene se pad loop nog ’n draai of twee voor die einde van die reeks. Sonder om te veel weg te gee, wat kan kykers nog verwag?

Bitter baie seer en geraamtes waarmee sy nog gekonfronteer word – trauma waardeur sy moet werk voor sy kan begin genees. Ek dink soos baie mense het Jolene van haar verlede en omstandighede probeer weghardloop en gehoop dit sal die seer laat weggaan, maar só leer sy dat weghardloop en ontkenning net al hoe minder plek in jou hart vir genesing en liefde los.

Wat sal Leandie se raad aan Jolene wees?

Vergewe die mense wat jou kwaad aangedoen het sodat jy kan begin genees. Net omdat sommige mense in jou verlede sleg was, beteken dit nie almal is sleg nie. Mens moet net beter mense leer kies met wie jy jouself omring. Praat bring genesing sodat jy kan ophou om die slagoffer te wees, verantwoordelikheid kan begin neem en as ’n wenner kan uitstap. ’n Mens kan kies of wat met jou gebeur het jou gaan sterk maak en vorm, of vir ewig jou siel en menswees gaan omkrap. Mens kan nie altyd kies wat met jou gebeur het nie, maar jy kan ALTYD kies wat jy daarmee gaan doen en hoe jy dit VIR JOU gaan gebruik.

Foto: Willem Botha

Wat het jy by Jolene geleer?

Dat ek nóóít ’n dokter sou kon wees nie! Maar ek dink die grootste geskenk wat sy my gegee het, is meer insig in mense wat swaar grootgeword het en slagoffers van mishandeling en die lewe se seer. Dit het my baie meer empatie vir sulke slagoffers gegee en my weer laat besef watter daaglikse battles hulle veg om vrede en ’n kans in die lewe te kry. Ek het baie meer deernis vir mense en herinner myself altyd dat mens moet sag en liefdevol wees met almal, want jy weet nie watter battles hulle veg nie.

Hierdie was die laaste reeks waaraan Franci Swanepoel gewerk het voor haar ontydige dood. As jy aan haar dink, wat is die eerste gedagte wat by jou opkom?

Lag! Ek het dit so geniet saam met haar. En eerlikheid – altyd! Ek en sy het altyd ’n ding gesê nes dit was en het baie waardering vir mekaar se grappies en eerlikheid gehad, want nie een van ons was oorsensitief nie. Ons kon altyd net lekker onsself wees by mekaar. Sy was darem maar net een spesiale mens en ’n ongelooflike aktrise. Ek is dankbaar vir die geleentheid om teenoor haar te kon speel.

  • Hartklop wys Dinsdae 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en is ook op Catch Up en DStv Stream beskikbaar.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met musieklegende Jannie du Toit

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

3 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

3 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

3 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

3 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.