1. Moenie jou inherente swakplekke ignoreer nie
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }As jy iets soos chroniese hartprobleme of asma het, gaan dit jou nie help om onverstandig te wees nie. Praat met jou dokter voor die tyd en maak seker dat jy die riglyne volg. So sal jy minder terugslae hê.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Lees ook: Koswenke vir die beste oefensessie
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }2. Moenie aanhou as jy pyn het nie
Stop, rus en probeer vastel hoekom jy pyn het. As dit jou toerusting is, gaan jy jouself baie verdriet spaar deur eerder tyd te maak om ’n skoen wat jou ’n blasie skaaf met ’n pleister uit te sorteer eerder as om vol te hou tot jy ’n groot seerplek het. Verander jou oefening of posisie as jy spierpyn ervaar.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Lees ook: Die 5 beste oefeninge wat jy by die huis kan doen
3. Moenie dieselfde oefening dag ná dag doen nie
Variasie is baie belangrik om te verhoed dat jou spiere ongebalanseerd ontwikkel, daarom moet jy oefening aan jou bo- en onderlyf afwissel. Dit sal ook voorkom dat jy jou spiere heeltemal uitput. As jy ’n fietsryer is, probeer swem, roei of vry gewigte. As jy ’n swemmer is, probeer verskillende slae en hardloop of spin op die ander dae.
Lees ook: ‘Plank’: Die een oefening wat almal elke dag moet doen
4. Let op die regte posisie as jy oefen
As jy die verkeerde tegniek of postuur het tydens oefening, oefen jy minder effektief met minder resultate. Jy kan ook beserings met die verkeerde tegniek opdoen. Doen jouself ’n guns en gaan vir ’n paar lesse by ’n kenner op jou sportgebied. Of bespreek ’n sessie by ’n persoonlike afrigter om jou in die gim dop te hou en foute tydens reeksoefeninge of gewigwerk uit te wys.
Lees ook: Stop jou nikotien-verslawing met oefening
5. Maak seker jy kry ’n ruskans
Jou spiere word sterker as hulle tyd het om te herstel. ’n Ruskans gee jou ook kans om jou motivering hoog te hou en lus te bly vir oefening.
Lees ook: Rol jou skete weg
Lees ook: Oefen vir ferm boude
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.