kategorieë: VelsorgSkoonheid

5 topwenke teen veroudering

Dr Alek Nikolic glo enige teenverouderingsprogram begin by ’n goed gebalanseerde en gesonde dieet. Rook is uitgesluit en matige alkoholinname en oefening word deur hom aanbeveel as jy jou innerlike glans na buite wil laat skyn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

5 topwenke teen veroudering

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Sonskerm

Dit is al vanselfsprekend, maar Dr Alek benadruk dit. Hy is ’n groot voorstander van ’n goeie SPF 30 of hoër beskerming wat sinkoksied en/of titaandioksied bevat. Sonskerm moet daagliks aangewend word, selfs tydens die wintermaande en ongeag of jy in die buitelug gaan wees of nie, en al is dit ’n bewolkte dag. Daar is heelwat opsies wat jou vel nie te vetterig maak nie en ook nie wit kolle agterlaat nie. Die beste sonskerm sal ook waterbestand wees.

Daar is sonskerms beskikbaar wat nie jou grimering sal beskadig as jy dit deur die dag herhaaldelik aanwend nie. Dit sal jou vel ook nie olierig laat lyk nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 Retinol of Vitamien A

Die nommer een bestanddeel wat hy beveel, is retinol. Vitamien A of retinol is reeds deur talle kliniese studies bewys as van die grootste voordele vir die vel.

Retinol het die vermoë om die vel se selle te aktiveer om ‘jonk op te tree’ en dit tree op as ’n kragtige antioksidant wat vrye radikale-skade weens omgewingsfaktore verminder. Met retinol sien mens gou ’n verbetering in die vel-tekstuur. Die vel is meer gehidreer en die poriegrootte is kleiner. Die fyn lyne is minder sigbaar en daar is minder plooie en pigmentasiemerke. Jou vel gloei en jy lyk jeugdig.

Hy beveel Dermaceutic Active Retinol 0.5 en 1.0 of die SkinCeuticals Retinol 0.3 of 0.5 aan. Dit moet deur ’n dokter voorgeskryf word.

3 Vitamien C

Die aanwending van Vitamien C is ’n redelik nuwe konsep en kliniese bewyse het die effektiwiteit in beide teenveroudering en die verbetering van die algemene gesondheid van die vel se selle bewys. Nog studies het bewys dat dit effektief as deel van jou velsorgroetine gebruik kan word.

Dit maak jou vel ferm en laat jou jonger lyk. Vitamien C speel ’n belangrike rol in die vorming en produksie van kollageen. As dit by velsorg gevoeg word, forseer dit fibroblaste om kollageen-sintese te vermeerder vir ’n gesonder vel wat jonk lyk. Jy sal ook ’n verbetering in die vel se fermheid en elastisiteit waarneem.

Dit verminder fyn lyne en plooie  en laat die vel stadiger verouder. Kliniese studies het bewys Vitamien C is ’n kragtige antioksidant vir die vel. Dit neutraliseer vrye radikale wat deur omgewingsfaktore veroorsaak word en bied ’n beskermende laag wat keer dat dit die vel binnedring.

Dit verhoog die vel se verdediging teen UV-skade en verhoog jou SPF-doeltreffendheid. Onlangse studies het bewys die kombinasie van Vitamien C en ’n SPF sal ’n ekstra beskerming teen die skadelike UVA- en UVB-strale bied. Dit het ook getoon Vitamien C kan velbeskadiging herstel na oortollige blootstelling aan die son. Maar Vitamien C kan nooit die gebruik van ’n effektiewe SPF vervang nie.

Dit help om hiperpigmentasie, donker merke en vlekke te verminder, en verhoog jou vel se gesonde gloed. Kliniese studies het ook bewys dat Vitamien C help om die melanien-produksie in melanosiete te verminder wat verantwoordelik is vir die vervaardiging van pigment of die kleur in die vel en hare. Vitamien C sal help met die vermindering van donker merke, letsels, ouderdomsvlekke en donker kringe om die oë.

Wenk 4: Sure

Daar is uitgebreide navorsing gedoen oor beide alfa-hidroksi- en poli-hidroksi-sure se voordele vir die vel en wanneer dit gekombineer word, het hierdie bestanddele ’n dramatiese teenverouderingseffek. Dit verwyder die dooie buitenste laag en moedig velvernuwing aan wat ook die verspreiding van velpigmentasie versprei. Dit verfyn porieë en help om fyn lyne en plooie uit te stryk.

Die sure het ook ’n antioksidant-effek en verhoog hidrasie wat die vel gesond laat lyk. Wees op die uitkyk vir Glycolic acid, Citric Acid, Gluconolactone, Lactobionic Acid, NeoGlucosamine, en Aminofil.

Aminofil is ’n revolusionêre, gepatenteerde aminosuur wat die vel se natuurlike volume bou en voorkomend optree teen diep lyne, plooie, frons-lyne, vore, kraai-voete en glimlag-lyne wat weens UV-geïnduseerde foto-skade en herhalende gesigsuitdrukkings voorkom.

Wenk 5: Kosmetiese behandelings

Om die beste moontlike resultate te kry om plooie te verminder en om ’n meer jeugdige voorkoms te gee, is daar volgens dr. Alek niks beter as die kombinasie van inspuitings wat spiere laat ontspan en dermale vullers nie. Met inspuitings wat spiere laat ontspan soos Botox, kan jy die beste eindresultaat kry.

Sy benadering is om elke pasiënt wat hom vir Botox kom sien, te help om die beste natuurlike eindresultaat te kry wat normale beweging van spiere en gesigsuitdrukking toelaat en sigbare plooie versag.

Dermale vullers het wegbeweeg van net die vul van ’n lyn en help die gesig om sy natuurlike jeugdige vorm te herstel.

Veroudering laat die vet in ons gesig dun word en laat die vel sak. Hierdie vetsakkies gee die vorming van die gesig as jy jonger is en ondersteun die oorliggende vel en vertraag die verouderingsproses.

Deur die volume wat jy verloor het met dermale vullers te vervang, kan jy die struktuur van die gesig wat gesak het lig en ’n jonger jeugdige vel skep. Jy kan ook veroudering vertraag deur die vel se kollageen-produksie te stimuleer.

Die belangrikste gebiede gee ’n meer jeugdige vorm aan die verouderde gesig en ondersteun die oorliggende vel om gesakte strukture te lig.

Besoek Skin Miles deur Dr Alek Nikolic se webblad vir meer besonderhede oor hul produkte.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.