kategorieë: Kos

5 van ons beste pastaresepte

Osso Bucco Pasta

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• sout en gemaalde swartpeper
• 250 ml (1 k) koekmeel
• 1,5 kg (sowat 6) gesnyde beesskenkels
• 60 ml (¼ k) olyfolie
• 1 ui, gesny
• 3 knoffelhuisies, gekneus
• 250 ml (1 k) vrugtige rooiwyn soos Pinotage
• 500 ml (2 k) hoenderaftreksel
• 2 x 410 g-blikke kersietamaties
• 4 lourierblare
• 30 ml (2 e) tamatiepasta
• 15 ml (1 e) suiker
• 500 g (1 pak) gaar penne-pasta

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Voorverhit die oond tot 180 ºC.

1 Geur die koekmeel na smaak en rol die beesskenkels hierin. Verhit olie in ’n groot, oondvaste kastrol en braai die skenkels hierin tot goudbruin. Geur na smaak, haal uit en hou eenkant.
2 Braai die ui in dieselfde kastrol vir 5 min. tot sag. Voeg die knoffel by en braai vir 1 min. Geur na smaak. Sit die skenkels terug in die kastrol.
3 Gooi die rooiwyn by en prut vir 5 min. Gooi die aftreksel, tamaties, lourierblare, tamatiepasta en suiker by. Sit die kastrol in die oond en bak vir 2½ uur of tot die vleis van die been afval. Bedien warm saam met die pasta.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gebakte broccoli-spinasie-en-okkerneut-pastagebak

Genoeg vir 6

• 500 g broccoli
• 200 g (2 k) rou pasta
• 200 g (4 k) spinasie, in repies gesny
• 15 ml (1 e) olyfolie
• 1 groot rooi ui, gesny
• 2 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap
• skil van 1 suurlemoen en 15 ml (1 e) suurlemoensap
• ’n hand vol basiliekruid, gekap
• 250 ml (1 k) vetvrye- ongegeurde jogurt
• 100 g (1 k) mozzarellakaas, gerasper
• 10 ml (2 t) parmesaankaas, gerasper
• 50 g (1/2 pakkie) okkerneute, gerooster en gekap

Voorverhit die oond tot 180 ºC.

1 Blansjeer die broccoli vir 5 min. in kookwater en dompel dadelik in yswater.
2 Kook die pasta tot gaar.
3 Spoel die spinasie af, sny die blare in repies en blansjeer vir 3 min. in kookwater. Dompel dadelik in yswater.
4 Verhit die olie in ’n braaipan en soteer die uie en knoffel tot deurskynend.
5 Haal af en roer die suurlemoenskil en -sap, ba­silie­kruid en jogurt by.
6 Meng die broccoli, pasta, spinasie en neute en geur goed met sout, swartpeper en neutmuskaat – sommer lekker baie.
7 Sit in ’n oondbestande bak en strooi die kase oor.
8 Bak vir 15 min. of tot die kaas gesmelt en ligbruin is. Sit voor met ’n slaai.

Vinnige Mediterreense pasta

Genoeg vir 4

• 125 ml (½ k) olyfolie + ekstra om oor te sprinkel
• 250 g (1 houer) kersietamaties met stingels
• 400 g fettuccini-pasta
• fyn gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
• 125 ml (½ k) fyn parmesaan
• 1 knoffelhuisie, gekneus
• hand vol pietersielie, gekapte
• 100 g (1 pakkie) kalamata-olywe
• 2 x 170 g-blikkies fyn tuna, gedreineer
• hand vol basieliekruid

1 Maak ’n groot kastrol drie kwart vol water en geur met ‘n knypie sout. Bring tot kookpunt.
2 Sprinkel olyfolie oor die kersietamaties en rooster onder die oondelement tot die skilletjies begin oopbars. Haal uit en hou eenkant.
3 Voeg die pasta by die kookwater en kook volgens die aanwysings op die pak.
4 Meng solank die suurlemoenskil en -sap, parmesaan, knoffel en pietersielie.
5 Dreineer die pasta en meng die suurlemoensous, olywe, geroosterde tamaties en tuna deur die warm pasta.
6 Strooi basiliekruidblare oor en bedien dadelik.

Spaanse chorizo-pasta

Genoeg vir 6

• 15 ml (1 e) olyfolie
• 100 g repiesspek, in stukkies gesny
• 250 g chorizo, in skywe gesny
• 1 ui, fyn gekap
• 4 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap
• 1 rooi soetrissie, wit pitjies en vliesies verwyder en in blokkies gesny
• 10 ml (2 t) paprika
• ’n hand vol basiliekruidblare, grof gekap
• 2 x 400 g-blikkies heel geskilde tamaties
• 300 g kersietamaties, middeldeur gesny
• 1 liter (4 k) goeie hoenderaftreksel
• 500 g penne-pasta
• gerasperde parmesaan vir opdiening

1 Verhit die olie oor hoë hitte in ’n groot kastrol of pastapot. Braai die spek en chorizo vir 5-6 min. daarin tot goudkleurig. Haal uit en hou eenkant.
2 Braai die uie, knoffel en soetrissie vir 5 min. in dieselfde kastrol tot sag. Voeg die paprika by en braai vir nog 1 min.
3 Voeg die basiliekruid, tamaties, kersie-tamaties en hoenderafreksel by en bring tot kookpunt.
4 Voeg die pasta by en kook vir 10 -12 min. of totdat die pasta al dente is (moenie te lank kook nie).
5 Skep die chorizo en spek terug by die pasta en roer deur. Geur met sout en gemaalde swartpeper.
6 Sit met geras-perde parmesaan voor.

Gebakte carbonara

Gebakte Carbonara

Genoeg vir 4

• 250 g spekrepies, in blokkies gesny
• 400 g (4 k) pennenoedels
• 2 middelslaguie, fyn gekap
• 1 knoffelhuisie, fyn gekap
• 30 ml olyfolie
• 6 eiers
• 250 ml melk
• 250 ml room
• 100 g cheddarkaas, gerasper
• sout, neutmuskaat en swartpeper
• 250 ml ertjies
• 150 g mozzarellakaas, in blokkies gesny

Verhit die oond tot 180 C.

1 Braai die spek in ’n middelslagpan tot bros. Voeg die uie en knoffel by en soteer tot sag en deursigtig.
2 Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie.
3 Meng die eiers, melk, room en cheddarkaas. Geur met sout, neutmuskaat en peper.
4 Skep die pasta in ’n oondvaste bak met ’n inhoudsmaat van 3 liter. Strooi die ertjies oor en gooi die melk-en eiermengsel bo-oor. Druk die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in.
5 Bak tot goudkleurig en geset voor jy smul.

Lees ook: Arancini risotto-balletjies

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.