kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae met Cintaine Schutte oor die nuwe dramareeks, ‘Straat’

Weet jy wat werklik in jou straat aangaan? Hoe goed ken jy jou bure?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dis die vrae wat Straat, kykNET se nuwe aksiebelaaide dramareeks jou oor sal laat wonder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Geleë in ‘n skynbare rustige middelklasbuurt se doodloopstraat, bevind die inwoners van Aarbeistraat hulself by ‘n kruispad en debatteer oor die bou van ‘n beskermende muur om potensiële gevare af te weer. Min besef hulle dat hul oënskynlik rustige bestaan op die punt staan om ontwrig te word deur die koms van ‘n fluitjieblaser wat Robert Muller genoem word. Robert se teenwoordigheid bring ‘n gevoel van geheimhouding mee, aangesien hy onder getuiebeskerming is en skuiling kom soek het …

Die drama is propvol kinkels en ontvou verder met die geheimsinnige teenwoordigheid van ‘n huurmoordenaar, bekend as Siener, geïnspireer deur die enigmatiese Siener van Rensburg. Kykers kan ‘n reis van spanning en ontdekking verwag om die identiteit van hierdie enigmatiese figuur te onthul.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die reeks is geskryf deur die legendariese draaiboekskrywer Paul C. Venter en die regisseur is Morné du Toit wat onder meer die regisseur van die flieks Vuil wasgoed, Hoofmeisie en Nul is nie niks nie was.

Die ster-rolverdeling sluit onder andere Nico Panagio, Amalia Uys, Morné Visser, Marisa Drummond en Leandie du Randt in.

Die bekende aktrise Cintaine Schutte, wat al ʼn Kanna-toekenning, Fleur Du Cap-toekenning en Woordfees-trofee vir haar toneelspel ontvang het, vertolk die rol van Retha. Sy is die floskoppie-vrou van die plaaslike apteker, Hannes Brümmer, vertolk deur Maxwell Smit. Hannes se farmaseutiese kundigheid strek verder as net pille, en Retha se teenwoordigheid voeg nog ‘n fassinerende laag intrige by die reeks …

Foto: Carl Kindo
Foto: Carl Kindo

Deur sy boeiende storielyn bied Straat ‘n humoristiese weergawe van die unieke toestande van Suid-Afrika, van voorstedelike paranoia tot die onderliggende vrese vir die onbekende. Aangesien die reeks persepsies uitdaag en die vraag konfronteer oor hoe goed jy werklik jou bure ken, vertoon dit ook die natuurskoon van Kaapstad, waar die reeks verfilm is.

Karlien Meiring het meer by Cintaine oor die aksiebelaaide drama gaan uitvind.

Wat was jou aanvanklike reaksie toe jy die draaiboek gelees het? Watter elemente van die storie of jou karakter het jou die meeste aangetrek?

Dit was vir my baie verfrissend om te sien hoe die reeks so baie fully fleshed- karakters insluit, elk met hul eie reis wat hul in ’n storie propvol plot twists moet aanpak. Aan die begin moet jy nogal kophou, anders kan dit ‘n mens deurmekaar maak, maar Paul C. Venter het dit reggekry om al die storielyne mooi saam te bind. Elke toneel is gevul met intrige en hou jou op die punt van jou stoel – iets waarvan ek wou deel wees! My karakter was ook dadelik vir my baie interessant. Retha en haar man, die plaaslike aptekers het ‘n groot geheim wat hulle vir die gemeenskap wegsteek … Hoewel die buurt dink hulle ken almal mekaar, is dit glad nie die geval nie omdat almal met hul eie geheime rondloop. Die balans wat getref word tussen die geheime wat gehou word en die geheime wat uitgeblaker word, is boeiend!

Watter boodskap hoop jy neem die gehoor weg van Straat, en hoe dink jy sal kykers by die program aanklank vind?

Die kykers sal aanklank vind by die nuuskierige aard van die mensdom. Wanneer ons stories kyk, is dit lekker om saam met die karakters speurder-speurder te speel om by die waarheid uit te kom. Straat moedig dit aan. Daar is soveel verskillende intriges in elke karakter se storielyn en jy kan nie anders as om saam na antwoorde te wil soek nie. Ek dink die boodskap wat die reeks oordra, is om nie jouself te ernstig op te neem nie en te weet dat elke huis sy kruis het. Jy dink dalk jy ken jou bure en die jou straat se inwoners, maar jy weet heel waarskynlik bitter min van hulle. Al hoe jy hulle beter kan leer ken, is om vir hulle om te gee en werklik daar vir hulle te wees.

Foto: Carl Kindo

Straat verken ‘n verskeidenheid temas, van spanning tot humor. Watter genre geniet jy die meeste om as aktrise aan te werk?

Ek hou van enige genre en wil myself nie beperk nie, ek hou daarvan om ’n  verkleurmannetjie te wees. Solank ek net stories kan vertel! As storieverteller, is dit my verantwoordelikheid om in enige genre te kan speel, solank dit in die waarheid gegrond is, want dan word die boodskap suksesvol oorgedra.

Wat vind jy die vervullendste daarvan om ’n aktrise te wees, en wat hou jou gemotiveerd in die bedryf?

Dis vir my ‘n groot voorreg om elke dag die geleentheid te kry om stories te kan vertel, of dit nou op die skerm, in ‘n studio, op die planke of agter die skerms aan die produksiekant van dinge is. Dis ook baie vervullend om vir ander werk te skep om stories te kan vertel. My medekunstenaars en vriende hou my gemotiveerd, veral wanneer ons saam sit en ons kreatiewe sappe kan laat vloei. In moeilike tye is ons daar vir mekaar en luister graag na mekaar se idees. Ek is bevoorreg om ’n man te hê wat ook in die bedryf is en dit baie goed verstaan. Ons is baie gelukkig in Suid-Afrika om sulke verskeidenheid mense, kulture en tale se stories te kan verken. Dít hou my geïnspireerd!

As Retha ‘n buurtbraai of aandete sou aanbied, watter gereg dink jy sou sy voorberei om haar bure mee te beïndruk?

Definitief ‘n mango-poeding! En een of ander fancy gevulde hoendergereg met kaas en spek. Sy sal ook seker maak die wyn word voortdurend geskink … Retha is nie juis iemand vir kosmaak nie, maar ek is seker sy sal wil uithaal en wys met iets wat sỳ dink ander sal beïndruk.

Straat wys Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: kykNET se nuwe reeks ‘Straat’: Wat jy moet weet

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

3 hours Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

6 hours Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

7 hours Gelede

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

23 hours Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

1 day Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.