kategorieë: DekorLeefstyl

Nare bedmaats: Raad vir stofmyte

Nare bedmaats: Raad vir stofmyte deur Anet Schoeman. Hooffoto: iStock/fongleon356

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As jy volgende keer tussen jou silwerskoon beddegoed inkruip, weet dat die kanse groot is dat jy die einste kraakvars bedlinne met derduisende stofmyte deel …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Studies toon dat die gemiddelde matras tussen 100 000 tot ’n miljoen stofmyte huisves. Boonop kan tien persent van die gewig van ’n kussing wat twee jaar oud is, stofmyt en hul afval, dooie vel en karkasse wees!

Dis voorwaar genoeg om jou nagmerries te gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat is stofmyte?

Stofmyte is mikroskopiese klein familielede van spinnekoppe wat op die dooie selle van jou en jou troeteldiere se vel teer. Net omdat hulle nie soos muskiete op jou bloed teer of jou soos ander gediertes byt nie, beteken dit helaas geensins dat hulle oulike bedmaats is nie.

Hul afval (mis) bevat ’n proteïen, wat as jy dit inasem of aanraak, tot allergiese simptome kan aanleiding gee. Hieronder tel ekseem, nies, jeukerige en lopende neuse, jeukerige oë en selfs asma.

Lees ook: Hou jou matras skoon!

Waar kom hulle voor?

Hierdie onwelkome gaste kan regdeur die huis gevind word, maar die grootste konsentrasie (en dus ook allergene) kom in die slaapkamer in jou bed voor omdat dit die perfekte teelaarde bied. Die hitte, vogtigheid en ’n onbeperkte voorraad dooie velselle, maak dit ’n fees vir stofmyte.

iStock/onurdongel

Wat kan jy doen?

Hier is 12 dinge wat jy kan doen oor stofmyte in jou huis.

1 Gebruik bevogtigers versigtig

Dr Martin Davis, ’n kinderarts en pediatriese pulmonoloog in Johannesbuirg stel voor dat bevogtigers (humidifiers) net in die aand en net vir spesifieke respiratoriese infeksies vir kort periodes aangeskakel word. (Vogtigheid verbeter die omgewing vir huismyt en veroorsaak muf wat allergieë vererger).

iStock/kate_sept2004

2 Neutraliseer allergene

Daar is handige produkte op die mark (bv. MiteFree, Allergen Spray beskikbaar by DisChem en Baby City) wat jy op matrasse en kussings kan spuit om allergene van huismyt te neutraliseer.

3 Koop matrasbeskermers

Belê in matrasbeskermers wat verhoed dat die klein gediertes in jou matras beland. Kyk uit vir beskermers wat van ’n baie digte materiaal gemaak is wat waterdig is maar lug deurlaat en so verhoed dat huismyt kan deurkom (bv. die Protect-A-Bed-reeks).

4 Stofsuig jou matras

Gebruik jou stofsuier en suig jou matras elke maand uit.

iStock/Yana Tikhonova

5 Was jou matrasoortreksels gereeld

Was matrasoortreksels elke vier tot ses weke op ’n warm siklus om dooie velselle en sweet te verwyder. Was bedlinne elke week op 60 grade en was duvets en kussings een keer ’n maand. As jy kussingoortreksels gebruik hoef jy kussings net een keer per jaar te was.

6 Kinderspeelgoed moet ook gewas word!

Kinders se sagte speelgoed wat in die bed slaap, moet ook elke week op ’n warm siklus gewas word. As dit nie op ’n warm siklus gewas kan word nie, kan jy dit 24 uur in die vrieskas plaas en dan op ’n koue siklus was.

iStock/PeopleImages

7 Los jou bed oop

Moenie jou bed dadelik opmaak in die oggend nie. Hou die duvet oopgevou totdat sweet uitgedroog het en trek dan die bed toe.

8 Sinteties is beter as vere en dons

Sintetiese duvets en kussings is meer bestand teen huismyt as vere en dons.

iStock/sutteerug

9 Hou die kamer skoon

Stofsuig slaapkamermatte en die bed se basis gereeld en verkieslik met ‘n stofsuier wat ’n HEPA-filter het.

10 Vervang matte en gordyne

In ernstige gevalle van allergieë mag dit raadsaam wees om alle matte met harde vloerbedekking soos hout of teëls te vervang en gordyne met blindings.

iStock/asbe

11 Vee dit af!

Vee vloere en blindings daagliks met ’n nat mop of lap af.

12 Onthou woef en kiets se beddens!

Was troeteldiere se beddegoed ook gereeld.

Lees ook: Donderweer, vuurwerke, en jou angstige troeteldier

iStock/TatyanaGl

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.