kategorieë: In die nuusJou lewe

Bobi, die wêreld se oudste hond, is oorlede

Bobi se dood is aangekondig deur ‘n veearts Dr Karen Becker, wat voorheen saam met Bobi gewerk het. Soos aangehaal in ‘n verslag van die BBC, het dr Becker geskryf:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Ten spyte daarvan dat hy elke hond in die geskiedenis oorleef het, sou sy 11 478 dae op aarde nooit genoeg wees vir diegene wat hom liefgehad het nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bobi is vroeër vanjaar vir die eerste keer as die wêreld se oudste lewende hond en oudste hond ooit erken.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hy het sy lewe saam met die Costa-gesin deurgebring in ‘n Portugese dorpie genaamd Conqueiros, naby Portugal se weskus.
Hy is gebore as een van drie rasegte Rafeiro do Alentejo-hondjies. Sy lewe het begin toe hy genadedood net-net vermy het omdat sy eienaars, wat nie die middele gehad het om hondjies te versorg nie, besluit het om hom nie uit te sit nie.

Leonel Costa en sy broers het Bobi egter van daardie lot gered en sy teenwoordigheid geheim gehou totdat hy ‘n geliefde lid van die familie geword het.
Bobi se eienaar, Leonel, het gesê dat Bobi ‘n probleemvrye lewe geleef het. Hy het ‘m paat maande voor sy heengaan stap-probleme ontwikkel en verslegtende sig ervaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Foto: Getty Images

Volgens Leonel lê die sleutel tot sy Bobi se lang lewe in die rustige omgewing waarin hulle woon, in die klein dorpie Conqueiros.

Vroeër vanjaar in Mei, nadat hy deur Guinness World Records as die wêreld se oudste hond gedoop is, het hy sy 31ste verjaardag saam met meer as 100 gaste (insluitend ‘n dansgroep wat opgetree het) by sy tradisionele Portugese verjaardagfees gevier.

Bobi het in sy leeftyd internasionale bekendheid verwerf met mense van alle uithoeke van die wêreld wat Conqueiros besoek het om hom te ontmoet.

Guinness World Records het nog nie Bobi se opvolger van die titel van wêreld se oudste lewende hond aangewys nie.

Lees ook: Die wêreld se oudste hond word 31. Geluk Bobi!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

2 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

2 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.