kategorieë: Ons menseBekendes

Nuwe enkelsnit “’n credo van die lewe” vir Nadine Blom

‘n Nuwe begin, vars hoop vir die toekoms. Dit is die tema van die gesoute gesoute sangeres, TV persoonlikheid, radio-omroeper en voormalige Mev. Verenigde Nasies (2006) se splinternuwe enkelsnit getiteldNuwe liefde’.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Met die splinternuwe liedjie vier die rooikop-sangeres 20 jaar in die musiekbedryf. Sedert sy twee dekades op die musiektoneel verskyn het, het sy deurlopend nasionaal steeds opgetree by talle vroueoggende, kerke en skole en het selfs drie jaar gelede ‘n snit getiteld “Lig breek deur” uitgereik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Nuwe Liefde is saam met Nadine geskryf deur die musikante Janie Bay en Hunter Kennedy van Fokofpolisiekar- en Die Heuwels Fantasties-faam. Nadine het self handjie bygesit met die lirieke van die liedjie en die konsep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Om gelukkig te wees is ‘n keuse wat begin by dankbaarheid vir wat ‘n mens het.  Hoop is nie iets wat in die verlede gevind kan word nie, maar in die hede en in die toekoms. Daarom is dit waar jou fokus moet wees,” verduidelik Nadine, wat besluit het dit is tyd om vir haar getroue ondersteuners dankie te sê met ‘n splinternuwe vrystelling wat hoop bring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nadine beskryf die genre van die liedjie as “sparkle pop”. “Ek dink ons het nou net ‘n nuwe genre ryker geword wat die Afrikaanse musiekbedryf betref!”

Nuwe Liefde se lirieke spoor mens aan om gesonde besluite te neem vir jouself, goeie keuses te maak, die mooi in jou te leer raaksien en van jou sparkle te deel met ‘n wereld wat dit baie nodig het, sê die rooikop-sangeres.

Nuwe Liefde se lirieke en boodskap is ‘n tipe van ‘n credo vir my. Dit som in ‘n neutedop op waardeur ek is, maar ook waar ek nou staan in my lewe en wat ek wil hê vir my toekoms.”

Die sangeres, wat vanjaar haar 20ste jaar in die Afrikaanse musiekbedryf vier, glo luisteraars gaan Nuwe Liefde goed ontvang.

“Ek het baie lank gewag voor ek iets nuut uitreik, want ek wou seker maak ek bring kwaliteit na die tafel toe. My storie is een wat gevul is met lig en sprankel, en ek glo dat daardie lig deur my musiek na ander mense toe oorspoel.”

Die musiekvideo vir Nuwe Liefde speel af in Mustang Sally’s Diner in Pretoria. Die stel van die video verleen ‘n unieke visuele element tot die produksie. ‘n Sexy Cobra-voertuig is ook geborg vir die verfilming van die video.

“Die storielyn handel oor ‘n meisie wat in haar kop leef, sy is alles vir almal om haar maar sy sukkel om die balans te behou en haarself die tyd en liefde te gee wat sy verdien. Tydens ‘n kuiersessie saam met haar vriendinne, gaan daar ‘n liggie aan vir haar oor wat sy eintlik moet doen om weer te begin “lewe”. Haar vriendinne ruk haar groot bril af van haar neus af, maak haar bolla los, en help haar om die magic in haar weer na vore bring.”

Nadine is ‘n bekroonde kunstenaar, wat spog met twee SAMA-toekennings, ‘n Bokkie-toekenning, ‘n Afri Indie-toekenning en ‘n Ghoema-toekenning agter haar naam.

Meer oor Nadine

Nadine Blom het op vierjarige ouderdom begin klavier speel en is nou sowat 20 jaar in die musiekbedryf en 10 maande in die radiobedryf doenig.

Die SAMA-bekroonde sangeres se debuutuitreiking, “Veer”, het 13 oorspronklike en liriekgedrewe snitte uit haar eie pen bevat. Sy word geïnspireer deur werklike ervarings en verwerk pyn, hartseer en trauma met die skryf van musiek en lirieke.

Nadine het self ‘n veelsydige musieksmaak en luister van Sting tot Bach, Bob Dylan en Diana Krall, John Mayer en Chris Isaak, Nina Simone en Norah Jones.

Sy is ook elke weeksoggend as omroeper op die Kaapse radiostasie Bok Radio te hoor. Nadine hou ook haarself besig met vrouewerkswinkels in verskillende provinsies, wat sy per geleentheid saam met Yolande Britnell Steyn van Sit aan die Ketel aanbied.

Nadine lewer ook nasionaal akoestiese vertonings saam met die Rooiwynprofeet en skuif agter die klavier in vir hierdie vertonings. Die sangeres is mal oor dié vertonings aangesien dit haar ‘n “volsirkel-oomblik”-gevoel gee, want dit is hoe sy haar loopbaan afgeskop het, maar ook waar sy op haar gelukkigste is – agter die klavier.

Nadine is ook ‘n toegelate prokureur en het ‘n meestersgraad in mensehandel en kuberveiligheid voltooi. Sy gebruik die kennis wat ek opgedoen het in haar skooloptredes en spreek aanlynveiligheid van kinders aan deur haar musiek. In Augustus en September vanjaar het sy altesaam 7 000 kinders toegespreek en opgelei om hulself te beskerm in hul aanlynwerelde.

KYK: Nadine Blom – Nuwe Liefde Amptelike Musiekvideo

Lees ook: Robbie Wessels se nuwe lied ‘n ode aan Eben Etzebeth

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

2 hours Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

20 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

23 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

1 day Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

2 days Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.