kategorieë: Wenke

6 wenke vir maskara

MAC Cosmetics se Senior-grimeerkunstenaar, Keagan Cafun, deel sy top maskara-wenke:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1. Voordat jy jou maskara aanwend, maak seker jou wimpers is mooi skoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2. Besluit dan watter tipe voorkoms jy graag wil hê: voller, digter, langer of meer definisie op jou wimpers. Kies dan ’n maskara wat verwys na die voorkoms wat jy wil hê.
– ’n groter maskara-borseltjie gee volume en krulle aan jou wimper
– ’n borseltjie met punte bietjie verder uitmekaar gee definisie aan jou wimpers

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3. Krul dan jou wimpers met ’n wimper-kruller voordat jy maskara aanwend. Druk die wimper-kruller teen jou wimperlyn (wees versigtig om nie jou vel raak te knyp nie), en lig jou elmboog opwaarts en “pomp pomp” die wimper-kruller totdat jou wimpers mooi gekrul is, sê Keagan.

4. Gebruik nou ’n wimper-voorbereidingslagie. Dit versag jou wimpers en laat jou maskara ook langer hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

5. Wanneer jy jou maskara aanwend, begin heel onder by jou wimper se wortels, dit gee jou wimpers meer definisie en laat dit langer voorkom.

6. As jou wimpers nie baie dig en vol is nie, gebruik ’n skuins grimeerkwassie met ’n klein bietjie oogskadu en wend dit aan jou wimperlyn, dit gee diepte en laat jou wimpers voller lyk.

Ekstra wenk

Wanneer jy ’n klein bietjie maskara op jou vel mors, moet dit nie dadelik afsmeer nie, wag ’n rukkie totdat dit droog is en vee dan maklik die gedroogte stukkie maskara van jou vel af sonder enige merke wat agterbly.

Hier is MAC se gewilde maskara-reeks

MAC False Lashes

MAC Haute & Naughty Lash

MAC In Extreme Dimension Lash

MAC Extended Play Lash

MAC Mineralize Multi-Effect Lash
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

17 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.