kategorieë: DekorLeefstyl

7 dinge wat jy moet weet om die regte matras te koop

7 dinge wat jy moet weet om die regte matras te koop deur Cornel Dunn. Hooffoto: iStock/KatarzynaBialasiewicz

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hier is 7 dinge wat jy moet weet voordat jy weer ’n matras koop

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Grootte  maak saak

Genoeg plek om te beweeg

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die meeste mense verwissel van posisie deur die nag.  As jou bed te klein is, sal dit verhoed dat jy kan beweeg en mag dalk ook jou slaapmaat steur.

Pas dit in jou slaapkamer?

Neem in ag watter spasie in jou slaapkamer beskikbaar is.  Ons wil almal ’n koningsgrootte bed hê, maar dit is nie altyd moontlik nie; die ekstra spasie in jou slaapkamer is ook belangrik.

Lees ook: Die 5 belangrikste beleggings wat jy vir jou huis kan maak

2. Verskillende matrasse vir verskillende mense

Daar is sowat 3 verskillende tipes matrasse beskikbaar. Die Bonelli-vere, matrasvere in ‘n omhulsel, eenlopende vere en matrasse met verskeie sponslae. Dit is goed om die voordele van elke matras te ken.

#rrWenk: Bonelli blyk tog die beste keuse omdat dit sakpas is.

Die Bonelli-matras is ‘n tradisionele binneveermatras. Dit is bekostigbaar en geskik vir groter persone. Die nadeel is dat daar baie goedkoop modelle op die mark is. Jy voel ook hoe jou maat beweeg omdat die vere aan mekaar vasgeheg is.

Die matras waarvan die vere in ‘n hulsel is, is geskik vir diegene wat luuksheid verlang. Dit is veral geskik vir saamslapers omdat die matras nie beweeg nie. Die nadeel is dat dit ‘n korter leeftyd het omdat die vere nie die gewig eweredig versprei nie.

Die sponslaagmatras is baie geskik vir groter persone. Dit het ‘n ferm ondersteuning en werk allergië teen. Die nadeel is dat hierdie produk warmer is en ook dikwels te hard is vir ligte slapers.

Lees ook: Dis hoe jy jou matras reg skoonmaak

3. Stel ’n begroting op – en hou daarby

Wees voorbereid op wat jy wil spandeer voor jy die winkel besoek. Die duurste is nie altyd noodwendig die beste nie. Hou die kommunikasiekanale tussen jou en die verkoopspersoon oop.

Die prys van matrasse wissel tussen die verskillende tipes soos bo beskryf. Die handelsnaam, gewigkapasiteit en afwerking speel ook ’n rol.

Koningingrootte matrasse is bekostigbaar vanweë die gewildheid. Jy kan ‘n matras aanskaf vir tussen R3 000 – R4 000.

Die sponslaagmatrasse wissel van R4 000 tot R15 000.

Die matras waarvan die vere in ’n hulsel is, is duurder en kan gekoop word vir R6 000 – R30 000.

Lees ook: Hoekom jy sleg slaap en wat jy daaroor kan doen

4. Probeer dit voor jy koop

Ons raai niemand aan om ’n matras te koop sonder dat dit getoets is nie. Jy koop immers nie skoene deur net daarna te kyk nie!

Doen die 15-minute toets in die matraswinkel:

Toets die matras in die winkel en neem jou tyd. Gaan na die winkel en gaan lê op die matras van jou keuse. Moenie skaam wees nie. Jy gaan lank met hierdie aankoop moet saamleef.

Vind ook uit of die winkel ’n teruggee-reël het wat jou toelaat om die produk om te ruil indien jy nie tevrede is nie.

Lees ook: Hoe om die regte kussing te koop

5. Maak seker die matras is dig genoeg

Moenie bloot beskrywings van matrasse vertrou nie. Wat vir een persoon ferm is, is vir ’n ander persoon sag.

Neem jou persoonlike behoeftes in ag.

As jy aan lae rugpyn ly, is ’n medium-matras jou ideale pasmaat. As die matras te hard is, sal dit stres plaas op sensitiewe areas van jou lyf. Met ’n té sagte matras kan jy in die matras insink en sukkel om te beweeg. Dit kan ook weer rugpyn veroorsaak.

Oor die algemeen is die posisie waarin jy slaap belangrik by die keuse van die digtheid van die matras.

Mense wat op hulle sy slaap kies eerder ‘n medium tot sagte matras. Diegene wat op hul rug of maag slaap, kies gewoonlik die fermer opsie.

Jou gewig bepaal ook jou keuse.

As jy effe swaarder is, kies ‘n ferm matras. Ligter persone kan ‘n sagter opsie kies.

Lees ook: Dis waar stofmyte in jou huis skuil …

6. Gaan winkels toe

Moet nooit ’n matras aanlyn koop nie. Vergeet ook van die foon. Doen jou navorsing deeglik voor die tyd, maar gaan na ’n winkel toe.

Alhoewel daar soms ongelooflike winskopies aanlyn is, kan jy nie so die produk toets nie.  Dit is ook moeiliker om ’n verkeerde aanlynaankoop terug te gee of om te ruil.

Lees ook: Maak self ’n kopstuk vir jou bed

7. Ken die reëls

Maak seker dat jy ingelig is oor die waarborg van die produk voordat jy koop. Wees bedag, en maak seker jy verstaan die waarborg van jou aankope voor jy koop.

Jy kan later slaap …

Lees ook: Die beste wenke vir ’n huislike gastekamer

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.