kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met fiksheidsghoeroe Angelique Van Der Linde

Haar pad in die gesondheidsbedryf het begin toe sy as jongmens ballet en baie ander dansvorme beoefen het, en sodoende gereeld met gewigkwessies begin stoei het. “Ek kon nooit verstaan hoekom ek nie net maer kon wees nie. Ek was baie meer atleties gebou as die res van die dansers, en kon nie eers na ’n wine gum kyk nie of ek het gewig opgetel!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Deur haar stryd om haar liggaam te aanvaar, het sy darem baie lesse geleer, soos dat “maer-wees” ’n subjektiewe konsep is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek was altyd gek oor die tannies met hul kopbande in die aërobiese oefensaal. Die musiek en die ondersteuning onder die vroue was vir my nog altyd aansteeklik. Ek het daarom besluit om ballet vir eers te los en myself as aërobiese instrukteur te laat kwalifiseer. Ek het sedertdien nooit weer teruggekyk nie!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Volgens Angelique het die fiksheidsbedryf haar geleer hoe ’n goeie verhouding met kos en gesondheid werklik lyk: “Ek het besef oefening moet vir my lekker wees. Wanneer dit soos ’n straf voel, doen jy dit verkeerd! Ek was altyd baie negatief oor hierdie bedryf – nou is dit my loopbaan en ek is geweldig passievol daaroor om jong vroue te wys dat jou gesondheid belangriker as jou gewig is.”

Dis duidelik dat sy weet waarvan sy praat aangesien sy in 2010 saam met haar man, Jacques, as wenners van die Paartjies-afdeling in die Fame-wêreldkampioenskappe weggestap het. Sy het ook ’n goue medalje in die Bikini-afdeling tydens die Fitness America-skoonheidskompetisie verwerf.

Sy en haar man is veral bekend vir JVL Wellness & Lifestyle Centers, hul fiksheids- en gesondheidswinkels en verspreidingsentrums wat regoor SA geleë is.

Foto: Mandy Stander

Karlien Meiring het meer oor hierdie inspirerende fiksheidsghoeroe se welstandsreis gaan uitvind. (Hooffoto: Amorie Pearson)

Wat motiveer jou om ’n gesonde leefstyl te voer?

Gesondheid is ’n voorreg, dis iets wat jy moet koester en oppas. Ek weet dat ons kinders my voorbeeld volg. Hulle hou my stip dop sonder dat ek dit altyd agterkom. As ouer is dit my voorreg en verantwoordelikheid om my kinders te leer hoe om hul gesondheid te respekteer en op te pas.

Die vroue saam met wie ek ’n pad na gewigsverlies aanpak, spoor my verder aan. Elke suksesstorie inspireer my, want ek verstaan hoe moeilik dit is en wat jy alles moontlik in die proses moes opgee.

Jy is net so gelukkig soos wat jy besluit om te wees. Ek glo geluk is ’n keuse. Jy moet byvoorbeeld in die reën kan dans. Ek glo jy leer iets hiervan deur gesond te eet en te oefen. Soms is dit moeilik en daar is dae wat jy wil opgee, maar deur dit alles moet jy die vreugde daarin sien en besef watter voorreg dit is om jou lyf te kan beweeg!

Kyk ’n mens ooit weer dieselfde na jou lyf as ’n mens so baie fiksheidsmodel-toekennings soos jy gewen het?

Jou uitkyk verander beslis. Hoe kan dit dan nie? Dit verander darem op ’n positiewe manier! Dis onrealisties om heel jaar te lyk soos wat jy op die verhoog lyk. Dis iets wat ek vroeg al moes leer en vrede mee moes maak. Jy voel regtig op jou beste as jy vir so lank, so gesond eet. Dan belowe jy jouself om nooit weer ’n sny pizza op te tel nie, maar dis nie moontlik nie.

My laaste kompetisie was die jaar ná ons eerste kind se geboorte, in Miami. Dit was my grootste hoogtepunt op die verhoog, want ek was bang ek sou nooit weer soos die “ou-ek” lyk nie. My vrees het verdwyn toe ek op die verhoog staan en ons kleinding in die gehoor sien. Nou is ek net dankbaar vir die pad wat die Here my toegelaat het om te stap.

Elke liggaamsverandering het my opnuut laat besef waarom ek in hierdie bedryf staan. Dis ’n wonderwerk dat ’n liggaam ’n mens kan huisves. Jy voed dit behoorlik, sorg daarvoor, en dit begin weer soos voorheen te lyk. Dan verdwyn alle vooropgestelde idees van hoe jy wil lýk, want jou gesondheid is meer werd. Die dissipline en totale toewyding aan gesondwees leer jou baie van die lewe en jouself. Jy kyk nie met dieselfde oë na jou lyf nie, want alles wat jy voorheen oor jou liggaam, gesondheid en gewig geglo het, was toe onwaar! Jy kan daardie stukkie brokkoli geniet, daardie ekstra oefensessie doen en daardie hand vol vitamines drink. Ek glo dat jy werklik tot meer in staat is as al die beperkinge wat die lewe soms op ons wil plaas. Waar daar ’n wil is, is daar mos ’n weg!

Foto: Mandy Stander

Wat is jou skuldige plesiertjies?

Ek is stout vir ’n pizza en sommer iets soets ook! Ek is maar ’n baie voorbeeldige en gedissiplineerde mens, maar daardie Sondag-lui-lekker-niks-doen dae is vir my heerlik.

Wat is jou raad aan ander besige ma’s wat sukkel om tyd vir oefening te maak?

Soms dink ek daar is geen balans om te vind nie, want alles in die lewe verg sy eie pond vleis. Dit kan voel asof jy nie vorentoe beweeg nie, net in sirkels. So dalk is die beste raad wat ek kan gee: “Druk deur, byt harder vas en moenie dit oordink nie!” Ek dink dis ongelooflik belangrik om jouself ook in jou dagboek neer te pen, want jy kan nie uit ’n halwe tenk tap nie. Soms kom jy by alles uit en soms nie, en dan moet jy genade met jouself hê.

Ek het ná die geboorte van my eerste kind my aanlyn oefensessies op Instagram Live van die huis af begin doen. Dit het my baie gehelp om weer fiks te word, want my baba kon vir my lê en kyk terwyl ek saam soveel ander vroue oefen. Ek’s werklik dankbaar vir daardie vroue! Hulle het gemaak dat ek vroeg wou opstaan en oefen. Dis hoe Legally Fit tot stand gekom het.

Nuwe ma’s het eenvoudig nie die luuksheid om ure in die gimnasium deur te bring nie. So, gryp jou besem en oefen sommer saam in die gerief van jou eie huis! Moenie verskonings vir jou gesondheid maak nie. Staan op, ongeag hoe moeg jy is en gaan oefen, stap of beweeg net. Jou gesondheid kom eerste! Jy wonder nie in die oggend of jy lus is vir tande borsel nie, jy doen dit net! Dis dieselfde met oefen. Jy sal soveel beter voel daarna!

Foto: Mandy Stander

Wat is jou toekomsdrome vir  Legally Fit?

Ek is baie opgewonde oor my swangerskapsoefenprogram wat binnekort beskikbaar sal wees. Soveel vroue weet glad nie hoe om gedurende hul swangerskap te oefen nie, maar die program verduidelik alles mooi duidelik en ek oefen (hoogs swanger en al) saam! Soos ek sê: Ons gebruik sommer ons besems. My hoop is dat dit nuwe en toekomstige mammas ongelooflik baie sal help omdat goeie gesondheid so belangrik gedurende jou swangerskap is.

Vroue kan by die 16-week plan of die Kick Start 14-dae plan aansluit. Die 16-week plan bevat ongelooflik baie inligting oor hoe om reg te oefen. Die 14-dae plan is bekostigbaar en ’n goeie wegspringplek vir die nuwe jaar! Hierdie jaar is daar ook nog Cyber Monday-afslagpakkette beskikbaar. As jy iewers weggaan met vakansie waar daar geen gimnasium is nie, dan sal die oefenplanne jou ongelooflik baie help!

Ek wil ook nog eendag graag ’n Fiks in Afrikaans-massabyeenkoms vir vroue aanbied. Dan kan ons lekker op die land se beste Afrikaanse treffers oefen en sommer vrou-wees vier.

Volg Angelique, @angeliquevanderlindejvl en @legallyfitonline op Instagram!

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Chané Grobler – SA se eie TikTok-ster is binnekort op Binnelanders te sien!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Roeline geniet dit vreeslik om “mevrou dominee” in Diepe waters te speel

Roeline Daneel, bekend vir haar rolle in Fraksie, Binnelanders en Fynskrif en die wenner van die beste aktrise in ’n…

1 hour Gelede

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig versorg deur Mariette Snyman. Foto's Pexels “Gedrukte…

20 hours Gelede

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

1 day Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

2 days Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

2 days Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.