kategorieë: GebakKos

#75verjaarsdagkoek 1: Tina Bester se witsjokoladekoek

genoeg vir 10

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Koek
• 180 g witsjokolade, fyngekap
• 350 g botter, in blokkies gesny
• 600 g strooisuiker
• 360 ml melk
• 300 g koekmeel
• 100 g bruismeel
• 5 ml (1 t) vanieljegeursel
• 4 groot eiers

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Roomkaasversiersel
• 120 g botter
• 500 g versiersuiker
• 5 ml (1 t) vanieljegeursel
• 160 g roomkaas

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gesoute karamelsous
• 140 g suiker
• 45 ml (3 e) water
• 125 ml (½ k) room
• 25 g botter
• 5 ml (1 t) sout
• 2.5 ml (½ t) vanieljegeursel

1 Voorverhit die oond tot 180°C. Voer drie 18 cm-koekpanne met bakpapier uit.
2 Meng die witsjokolade, botter, strooisuiker en melk in ’n groot kastrol oor lae hitte tot glad. Sit die mengsel in ’n groot mengbak en hou eenkant vir 15 min. om af te koel.
3 Sif die koekmeel en bruismeel by die sjokolademengsel. Voeg die vanieljegeursel en eiers by en klits tot goed saamgemeng.
4 Verdeel die mengsel gelykop tussen die koekpanne. Bak vir 25min. of tot ’n toetspen skoon uitkom.
5 Vir die roomkaasversiersel: meng die botter, versiersuiker, vanieljegeursel en roomkaas met ’n draadklitser tot lig en donsig.
6 Vir die karamelsous: Meng die suiker en water in ’n groot kastrol. Verhit oor lae hitte en roer tot die suiker gesmelt is. Laat saggies prut tot die suiker goudkleurig is. Verwyder van die hitte en voeg die botter by. Klits effens. Voeg die room by, wees versigtig dit sal opborrel. Voeg die vanieljegeursel en sout by. Klop oor matige hitte tot goed gemeng.
7 Smeer ’n laag roomkaasglassuur op elke koeken staple die drie lae op mekaar. Smeer die res van die versiering om die koek en smeer dit glad met ’n paletmes. Gooi laastens die karamel oor. Versier met vars blomme, meringuesoentjies, makrolletjies, klappersjokolade en sjokoladeskywe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Verjaarsdagkoek 2: Wessels van Vuuren se rooiwyn-sjokoladekoek

Verjaarsdagkoek 3: Katelin Williams se gebakte Alaska-koek

Verjaarsdagkoek 4: Kanya Hunt se haselneutkoek met rooifluweel-roosversiering

Verjaarsdagkoek 5: Martjie Malan se framboo-en-suurlemoenkoek

Verjaarsdagkoek 6: Corli Botha se maklike verjaarsdagkoek met bessie-coulis en outydse melkversiersel

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.