kategorieë: Bekendes

7de Laan vier groot mylpaal

Die 7de Laan-span het pas aangekondig dat hul vierduisendste episode op Donderdag, 9 Maart 2017 om 18:00 uitgesaai word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die langverwagte episode is opgeneem op 18 Januarie 2017. Dit is ook vanjaar die sepie se sewentiende jaar op lug, en die eerste episode is op 4 April 2000 uitgesaai. Maande se voorbereiding en beplanning ten opsigte van elke aspek van dié groot episode verseker dat dit ’n onvergeetlike episode sal wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

7de Laan het hul aanhangers verseker dat episode 4000 skouspelagtig sal wees met ’n storielyn vol intrige wat jou op die punt van jou stoel sal hou. Die episode begin in ’n romantiese omgewing waar Xander en Vanessa regmaak vir hulle troudag. ’n Paar bekende gesigte kom kuier ook in Hillside vir die spesiale geleentheid …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ons het nog nooit iets soos hierdie gedoen nie en hierdie episode is ’n vertoonvenster van hoe ver 7de Laan werklik die laaste sewentien jaar gekom het,” sê die vervaardigers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die sepie verwelkom ook een van Suid-Afrika se bekende R&B-sensasies, Keabetswe Motsilanyane, in haar nuwe rol as Lesedi, ’n 36-jarige, vurige en invloedryke prokureur met ’n reputasie. Lesedi daag in Hillside op om Cecile, die ma van Vince se geliefde kind Christopher, te verteenwoordig. Lesedi is intelligent en toegewyd aan haar loopbaan en sal onvermoeid veg vir sake waarin sy glo, maar sy droom steeds daarvan om eendag haar eie familie te hê en ware liefde te vind. KB, bekend vir haar rol as Lucilla Vilakazi op die eTV- sepie, Rhythm City, is vasberade om haar toneeltalent na die Laan te bring. Sy sluit aan by die span vaste akteurs.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

20 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.