kategorieë: GebakKos

Mooiste soet- en soutrolletjies

8 rolletjies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• 25 g vars gis of 10 g kitsgis (kyk aan die einde van die resep wat die verskil is)
• 400 ml louwarm water
• 30 g sagte botter
• 15 ml (1 e) suiker
• 10 ml (2 t) sout
• 600 g (4 k) koekmeel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Soet vulsels
8 vrugte soos vye, pruime, druiwe of pere wat in muskadel geposjeer is

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sout vulsels
• 50 g gerasperde parmesaankaas
• 1 groot ui, geskil en oorlangs in dik skywe gesny en in botter gekaramelliseer
• verskeidenheid vars kruie soos roosmaryn, salie en tiemie
• 100 g sampioene in 15 ml olyfolie gebraai en met sout en peper gegeur
• 1 knoffelknol en ’n hand vol pekeluitjies (skil aan) in 30 ml olyfolie in die oond gerooster tot sag. Druk die sagte knoffel uit die skilletjie
• rooi-ui in dik skywe gesny

1 Meng die gis en water in die bak van ’n elektriese menger tot opgelos. Sit die deeghaak aan.
2 Gooi die res van die bestanddele by en meng goed. Knie vir 4-5 min. of tot die deeg glad en elasties is.
3 Sit die deeg in ’n bak wat met olie gesmeer is en maak met kleefplastiek toe.
4 Laat rys vir 30 min. of tot dubbel die grootte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Soutrolletjies

Soetrolletjies
1 Vryf meel in 8 moeselienlappies in en voer 8 ewe groot bakkies (die grootte van jou rolletjies) daarmee.
2 Knie die deeg af en verdeel in 8 eweredige rolletjies. Sit elkeen in ’n bakkie om te rys en vorm te kry. Laat rys tot dubbel die grootte.
3 Maak met jou vinger ’n holte in die middel van elke rolletjie en druk ’n vrug daarin.
4 Bak vir 15-20 min. of tot goudbruin en krakerig.

Soutrolletjies
1 Rek die rolletjie effens oop en skep ’n lepel vol van die vulsels in elke rolletjie. Sit van die parmesaan en gebraaide sampioene in die een, en gekaramelliseerde ui, of sagte knoffel in ’n ander, ens.
2 Knyp die rolletjies styf toe en vorm weer in ’n rolletjie. Druk nou weer iets anders bo-in die broodjie, soos van die geroosterde pekeluitjies en tiemieblaartjies, of skywe rooi-ui en roosmaryn.
3 Pak uit op ’n bakplaat en bak vir 15-20 min. tot goudkleurig en tot dit hol klink as jy op die onderkant klop.

Wat is die verskil tussen vars gis en kitsgis?

In Suid-Afrika is vars gis net by die groot maat beskikbaar en daarom koop ons dit sommer in die bakafdeling van die supermark. Vars gis kan vir 2-3 weke in die yskas gehou word en tot 4 maande gevries word. Vars gis moet eers in water opgelos word voor dit by die meel gemeng word, maar kitsgis kan direk by meel ingemeng word. In broodresepte vervang jy 10 g kitsgis deur 25 g vars gis.

Wat is wilde gis?
Saccharomuces exiguous is ’n wilde gis wat op plante, vrugte en graan voorkom. Bakkers bak graag hiermee omdat dit brood ’n unieke smaak gee.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.