kategorieë: Dra dit so

8 redes waarom ons mal is oor grys

1. Wanneer jy dink aan natuurlike kleure, dink jy eerste aan wit, swart en beige. Maar moenie van grys vergeet nie! Daar is nie baie reëls as dit kom by grys nie. Grys is een van die kleure wat by alles pas. Al wat jy hoef te doen, is om die regte skakering te vind wat by jou velkleur pas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

2. Mense met ligte velle lyk goed in ligte grys, maar kan ook donker grys dra. As jy ’n warm velkleur het, moet jy meer versigtig wees. Ligte skakerings van grys kan jou afgemat laat lyk. Dra eerder ’n donkerder grys.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

3. Grys is ’n sagter alternatief vir swart en eintlik makliker om te dra as jy ’n bietjie ouer is. Dit is ’n ongelooflik veelsydige kleur wat jy op baie verskillende maniere kan dra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

4. Jy kan verskillende skakerings van grys saam dra. Soos Olivia Palmero. Speel met teksture om die uitrusting interessant te maak.

5. Grys lyk veral goed saam met sagte pastelle soos geel en pienk. Dit werk net so goed saam met helder kleure, wat die kleur ’n vars en moderne voorkoms gee. Grys en  ligte pienk skep ’n sagte, romantiese en klassieke voorkoms. Dra ’n fyn gebreide trui of top in ligpienk saam met ’n grys broek of romp.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

6. Grys kan of baie formeel wees en werk toe gedra word, of jy kan dit down dress vir naweke. ’n Grys broek of noupassende romp saam met ’n wit hemp sal altyd ’n klassieke opsie wees vir werk. En jy kan nie verkeerd gaan met ’n grys broek met ’n trekkoord, of ’n grys denim saam met ’n wit t-hemp vir naweke nie.

7. Volgens Business Insider Australia sê dit die volgende van jou as jy grys dra na ’n werksonderhoud: “Dit wys dat jy onafhanklik is, wat nie ’n  slegte ding is nie, solank jy wys dat jy selfversekerd is. Dit wys ook dat jy ’n individu is wat selfonderhoudend is en in staat is om op jou eie te dink.

8. Grys werk ewe goed saam met swart en neutrale bykomstighede.

Deel
Gepubliseer deur
Daniela du Toit
Tags: modegrys

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

23 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.