kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

8 van ons gunsteling-skoonmaakprodukte

8 van ons gunsteling-skoonmaakprodukte deur Anélle Tewson

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Weiman Magic Eraser

Hierdie sponsie is sy naam werd! Dit is gemaak van melamien-spons wat vuil merke oral in die huis optel en verwyder. Daar word geen seep gebruik nie, net ’n paar druppels water om die spons klam te maak.

Ons het dit oral in die huis getoets, dit werk veral goed om ’n bad mee skoon te maak, en vir vetterige kolle in die kombuis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hierdie sponsie werk anders; met tyd disintegreer hy soos wat die vesels opgebruik word. (R39.95 vir drie) Makro

Chux Non-Scratch Scourer Scrub

Gebruik ’n Chux Non-Scratch Scourer Scrub om van vetterige vlekke in jou kombuis ontslae te raak, skimmel in jou badkamer te verwyder en selfs vir skroeimerke op jou strykyster se strykvlak.

Hierdie produk is ideaal as jy bekommerd is oor moontlike krapmerke of delikate oppervlakke wil skoonmaak. Dit is nie nodig om saggies te werk nie, geen skrape sal op jou kosbare potte, panne of sanitêre ware gelaat word nie. Ons het dit op ons panne gebruik om swart vettterige merke af te skrop.

Ongeveer R25 vir 3. Kyk uit vir ander produkte in die Chux reeks, soos die Superwipes, Absorbent Cloths en All-purpose Absorbent Cloths.

Jewel Laminate Floor Cleaner

Wanneer dit kom by laminaatvloere moet mens versigtig wees hoe jy dit was om skade te voorkom. Jewel Laminate Floor Cleaner is geskik vir alle laminaatkleure. Dit los jou laminaatvloer met ’n briljante glans en vul jou huis met die vars, skoon reuk van amandel en kamperfoelie.

Spuit spaarsamig op jou laminaatvloer, geen verdunning of spoelmiddel is nodig nie, vee dit eenvoudig met ‘n klam mop of lap af.

Jewel Laminate Floor Cleaner R32.99. Kyk uit vir ander produkte in die bekroonde Jewel-reeks soos die Jewel Tile Cleaner en Jewel Dishwashing Liquid, beskikbaar in lemmetjie, en in granaat en bessie.

Plush Supreme Pine Oil Spray Spot & Stain Remover

Die Plush Supreme Pine Oil Spray Spot & Stain Remover elimineer hardkoppige vlekke. Dis geformuleer om vinnig te werk en effektief te wees op materiaal, klere en stoffering.

Met denne-olie as ’n kragtige bestanddeel dien hierdie produk ook as ’n multifunksionele skoonmaakmiddel op huishoudelike oppervlaktes en vloere. Jy sal die verskil sien en ruik.

Beskikbaar in 500ml snellerbottel en 275ml aërosol. Ongeveer R35.

MAQ Multipurpose Cream Cleaner

MAQ Multipurpose Cream Cleaner is sterk maar sag genoeg om maklik van vuilgoed in en om jou huis ontslae te raak. Dit is ideaal vir kombuise en badkamers.

Dit kan ook help om jou kombuistoestelle weer ’n bietjie te vernuwe deur ontslae te raak van daardie taai vingermerke.

R15.99 per bottel.

So Pure Multi-use Cleaner & Degreaser

The Refillery is ’n nuwe winkel in Cedar Square, Fourways (maar hulle doen ook aanlynbestellings) wat geen plastiek verpakkingsmateriaal gebruik nie.

Die konsep is dat produkte soos skoonmaakmiddels, grane, speserye ens. in groot houers uitgestal word en jy daaruit skep so veel as wat jy wil hê. Hulle verkoop mooi glashouers of jy kan jou eie bring.

Probeer hulle So Pure Multi-use Cleaner & Degreaser (R74.50 vir 500 ml).

Microfibre Glass Drying Cloth

Addis Microfibre Glass Drying Cloth is veilig om op enige oppervlak te gebruik om skottelgoed, delikate borde en bakke, en veral glasware af te droog.

Dit absorbeer 7 keer sy gewig in water, hou stof, vuil en olie totdat dit met sagte seep en skoonmaakmiddel gewas word. Hierdie lappie los jou kombuisware blink en streepvry.

Ongeveer R65.

Safix Dish Wash Scrub Pad

Die Safix Dish Wash Scrub Pad is ’n eko-vriendelike, plastiekvrye skottelgoedskropper wat heeltemal van klapperskulp gemaak is. Die klapperhaar (buitenste vesel) is 100% komposteerbaar en bioafbreekbaar, maar hou baie lank.

Gebruik dit om enige plek in jou huis skoon te maak, van teëls tot potte.

Ongeveer R58 by Faithful to Nature

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

22 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.