kategorieë: LeesOntspanning

Vlam: Hoofstuk 12: Henk Zeeman

Vlam: Hoofstuk 12: Henk Zeeman deur Martie Swanepoel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hierdie is hoofstuk 12 van ons vervolgverhaal, Vlam. Klik hier om die vorige hoofstukke te lees:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Inleiding

Hoofstuk 1

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoofstuk 2

Hoofstuk 3

Hoofstuk 4

Hoofstuk 5

Hoofstuk 6

Hoofstuk 7

Hoofstuk 8

Hoofstuk 9

Hoofstuk 10

Vlam: Hoofstuk 12: Henk Zeeman

Die heel eerste dag wat Niekie by Mediahuis se Dagblad ingestap het, moes sy vooraf ’n paar Calmettes sluk om haar senuwees te bedaar. Die koerantkantoor was intimiderend vir ’n grasgroen verslaggewer soos sy.

Maar binne ’n paar uur was sy uit op haar eerste misdaadstorie. Haar vuurdoop, het Pieta jare later gespot. Hy het die nare manier om nuwe verslaggewers se senuwees die eerste dag te toets met ’n misdaadstorie.

Genadiglik het die fotograaf klaar die perskar uitgeteken en Niekie kon net inklim. Sy het probeer maak of die jaagtog na die rooftoneel haar nie ontsenu nie.

“Jy is ’n tawwe enetjie!” het hy skeef in haar koers geglimlag.

In haar goed onderdrukte paniek, het sy nie dadelik aandag gegee aan die man agter die stuur nie. Maar hy het geweet hy het ’n groentjie aan sy sy en ’n groot storie wat wag.

“My naam is Henk Zeeman en ek gaan jou guardian angel vir die dag wees. Ontspan, jy sal dit oorleef. Hou net jou notaboek byderhand. Ek sal die vrae vra terwyl ek foto’s neem en jy skryf net die antwoorde neer. Oukei?”

Sy het inskiklik kopgeskud.

Die man agter die stuurwiel het haar dadelik veilig laat voel. Hy het vir haar soos ’n karakter uit ’n oorlogfliek-advertensie gelyk. Sy cargo-pants en fotograafbaadjie se sakke het gebult van kameratoerusting. Sy baard was dae laas geskeer en dit was nie ’n modestelling wat hy probeer maak het nie. Henk Zeeman het vir die oomblik agter die lens geleef en sy dryfkrag as nuusman was aansteeklik.

Van die ander vrouejoernaliste was heimlik verlief op die ruwe blonde man, maar min het kans gesien om saam met hom op ’n storie te gaan. Hy het op plekke ingekruip wat ander nuusmense laat sidder het.

Niekie sal nooit daardie eerste misdaadtoneel vergeet nie. Twee bebloede lyke het hulle by die ingang van die supermark ingewag. Henk het ongeërg oor die lyke geklim en Niekie het hom versigtig gevolg.

“Goed so, ons is eerste hier. Kom, ons gaan praat met die slagoffers. Let op die vrae wat ek vra sodat jy dit volgende keer self kan doen.”

Binne ’n uur was hulle weer in die perskar op pad kantoor toe.

“Luister nou mooi. Daai klomp op kantoor gaan nie te gewillig wees om jou te help nie. Hulle maak maar so met nuwelinge. Onthou net die basiese beginsels: ’n Lekker intro wat die leser lok, iets soos ‘die cappuccino-rower het weer toegeslaan, maar gisteroggend het twee van sy makkers met hul lewens geboet toe ’n wakker sekuriteitsman hulle voor die Gomed-supermark afgemaai het.’ Oukei?”

Henk het omtrent die hele storie vir haar gedikteer terwyl hulle op pad was kantoor toe.

“Jy sal oukei wees, jy sal sien.”

Van daardie dag af was Henk Zeeman haar beskermengel by Dagblad. Sy het gou agtergekom die gesoute fotograaf is ’n lojale vriend, maar ook geharde nuusman by wie sy baie kon leer. Sy was ’n gewillige leerling en hulle was binne maande een van die top misdaadspanne in die land.

Henk het haar voorgstel aan sy polisie- en weermag-kontakte en geweet sy is nie net ’n mooi popsie nie. Sy is ’n tomboy, met ’n ysere wil om ’n storie vas te pen. Sy was die spanmaat waarna hy al ’n paar jaar gesoek het.

Hulle was onafskeidbaar. Binne en buite die kantoor. Hulle was 24/7 ’n span. Henk het ook haar beste vriend geword. Hulle het moeilike misdaadtonele saam aangedruf en mekaar gecover op kantoor.

Pieta was in sy skik. Niekie en Henk het die voorbladstories laat inrol … en ook die gesogte perspryse. Hulle het groot stories gebreek.

Dit was met die Gumede-gyselaarsdrama wat Niekie die eerste keer besef het Henk voel anders oor haar as net ’n kollega.

Hulle het die gebou waarin die gyselaars aangehou is, van die sykant probeer binnegaan sodat Henk die perfekte foto kon neem. Maar toe oorspeel Niekie haar hand en een van die booswigte kry haar aan die arm beet en sleep haar saam die ander gyselaars die gebou binne. Daardie dag was Niekie vrek bang.

Na ure se onderhandelinge is gyselaars vrygelaat en die manier waarop Henk haar vasgehou het, het Niekie laat besef hy voel meer vir haar as net ’n kollega en beste vriend.

Sy het gemaak of sy dit nie agtergekom het nie en Henk was die ewige gentleman. Hy het nooit meer as vriendskap van haar verwag nie.

Henk het geweet dat die Franse fotograaf, Marco Momple, die rooikop-joernalis se hart gesteel het en hy het beleefd agteruit gestaan. Maar elke keer as Marco Niekie se hart gebreek het, was hy by om te troos.

As Kol. Niek Branders sy sin kon kry, sou hy Marco van die aardbol af vee en Henk as die man in sy dogter se lewe aanstel. Niekie het dit geweet en Henk het dit met vreugde ook geweet. Maar kol. Niek en Henk het geweet dat Marco in beheer is van Niekie se hart en hormone.

Tog moes Niekie beken dat sy effe jaloers was toe Henk ’n verhouding aanknoop met Irma Pienaar, ’n beeldskone nuwe verslaggewer. Sy was fyntjies en vroulik en het na Happy-parfuum geruik.

Alles wat die effe seunsagtige Niekie nie was nie.

Daar was tye wat Niekie lus was om die gawe meisietjie ’n paar taai klappe te gee omdat sy so erg ordentlik was en omdat sy Henk al meer besig gehou het.

Irma het Henk se woonstel in ’n huislike nessie omskep en saam met hom ingetrek. Sy het vir hom snoepgoedjies in ’n kosblik gepak as hy die lang pad saam met Niekie moes aanpak en sy klere was skielik gestryk. Irma was in kort, die perfekte girlfriend vir Henk en Niekie het haar beny dat sy so gemaklik ’n white picket fence bestaan vir haar en Henk kon skep.

In Niekie se hart was dit hoe sy wens sy was. Sy wens haar ma was nie ’n beeldskone plesierjagter nie. Sy wens haar ma het haar geleer om vroulik en sag te wees, soos Irma. In haar hart was daar nog altyd daardie begeerte. Niekie het geweet dat Irma en Henk die lewe sal kan leef wat sy so begeer. Henk en Irma sal in ’n voorstedelike huis kan bly met kinders wat in die tuin speel.

Niekie het geweet dat dit ’n droom is wat dalk vir haar net ’n droom sal bly.

As jy hierdie vervolgverhaal geniet, en nie kan wag tot volgende week om die nuwe hoofstuk te lees nie, kan jy solank ons ouer vervolgverhale lees! Klik hier.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

13 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

18 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

21 hours Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

22 hours Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 day Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.