kategorieë: Ons menseBekendes

Elizma Theron: 8 vrae oor Moedersdag

Elizma Theron: 8 vrae oor Moedersdag deur Mariette Snyman. Foto’s Albert Bredenhann

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Hoe wil jy graag Moedersdag vier as die mamma van Eli-zé (5) en NJ (3)?

Ek gee nie om wat ons die dag doen nie. Ek is seker my man sal soos altyd iets spesiaal beplan, maar ek wil net graag die dag vier met my kinders en my man by my – maak nie saak hoe of waar nie. Ek wil my selfoon afsit en elke oomblik inneem.

Dit is so ’n voorreg om ’n mamma te wees en ek wil dit met dankbaarheid vier. Ek wil ekstra baie drukkies hê, ekstra kere ‘mamma’ hoor, ek wil hê hulle moet ekstra hard lag en ek wil ekstra present wees om al die geluide, reuke en lewe in hulle ogies in te neem. Mens is veronderstel om dit elke dag te doen … en dit is so hartseer dat die pas van die lewe soms ons aandag aftrek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit is hoekom ons baie keer sê ons het ons oë geknip, en nou is hulle groot. Ek wil oor die algemeen my oë minder knip …. maar op moedersdag glad nie!

Lees ook: Die heerlikste Moedersdag-spyskaart

2. Waarvoor gaan jy dankbaar wees op Moedersdag?

Ek ken so baie mense wat sukkel om swanger te raak, en weet van soveel mense wat kinders het wat siek is of ’n kind aan die dood afgestaan het. Dit breek my soms net om my te probeer indink waardeur party ouers gaan – dit kon net sowel ek gewees het.

Ek is altyd dankbaar vir die voorreg om twee pragtige, gesonde kinders te hê. Want dis wat dit is: ’n voorreg, dié grootste geskenk denkbaar.

3. Wat is vir jou besonders omtrent elk van jou kinders?

Hulle vul mekaar so goed aan …

Eli-zé is my saggeaarde, versigtige, gehoorsame moederhen wat altyd wil help of troos en wat nooit iemand se hartjie wil seermaak nie. Sy is ’n dromer en ek geniet haar verbeeldingswêreld soms meer as sy. Sy is van liefde gemaak en ek wil haar soms net in watte toedraai en beskerm teen die wêreld.

Sy is so goed met haar boetie en vul baie dae sy kwota drukkies – dan bly daar niks vir mamma en pappa oor nie, want sy het vir boetie al opgedruk!

NJ is weer ’n regte ou seuntjie, hy toets die grense en is ’n bietjie van ’n waaghals (wat nie goed is vir mamma se hart nie!) Hy is my lagbekkie en het ’n ongelooflike sin vir humor vir sy ouderdom. Daar is niemand wat my kan laat lag soos hy nie. Sy gesiggie speel saam met alles wat hy doen en sê. Hy is baie lief vir soentjies uitdeel, maar hy is soms rof en besef nie hy maak seer nie; dit is waar sy sussie se invloed help. Sy leer hom om met tye sagter en kalmer te wees, en hy leer haar weer om nie te oorversigtig en sensitief te wees nie.

Hulle verskil só baie en tog is daar ’n paar punte waar hulle persoonlikhede kruis.  Dis ’n avontuur om te sien hoe hulle, groei en ontwikkel en leer. Elkeen van hulle maak my elke dag so trots.

4. Wat is vir jou besonders omtrent Nico, jou man?

Nico is die pa wat elke kind verdien. Hy is my beste vriend, ek kon nie vir ’n beter spanmaat gevra het om saam met my deur die lewe te gaan nie. Hy is ’n groot, sterk man met ’n hart vir mense. As hy jou vriend is, het jy die jackpot geslaan, want daar is niks wat hy nie sal doen vir die mense vir wie hy lief is nie. Sy hande staan vir niks verkeerd nie.

Hy bid saam met die kinders, troos hulle, gee hulle liefde, en kan enigiets  waaraan jy kan dink, regmaak. Eli-zé het een keer ’n glas gebreek en vir my kom jammer sê, en sommer in dieselfde asem: “Toemaar mamma, pappa sal hom kan regmaak.” Nou, ’n gebreekte glas is basies al wat hy nie sal kan regmaak nie!

Nico is my held, my vertroueling, my steunpilaar, my liefde.

5. Wat was vir jou die grootste verrassing van moederskap?

Die kapasiteit van liefde wat my hart kan hou. Almal het dit altyd gesê, maar dis iets wat ek nooit kon begryp nie tot ek vir Eli-zé gehad het en toe nog met NJ ook – dit het gevoel of ek nog ’n hart gegroei het. Die vrees wat saam met daardie tipe liefde gepaardgaan, het my basies versmoor. En net daar het ek besef dat die Here dit dalk so bestem het dat niemand daardie liefde mag ken voor die tyd kom nie: die diepte daarvan en die vrees om dit te verloor, mag dalk net veroorsaak het dat niemand kinders kry nie.

Lees ook: Hanna Grobler oor ma-wees

6. Wat is vir jou die grootste uitdagings van moederskap?

Om die vrees en kommer eenkant toe te skuif, om te fokus op die hier en nou van daardie liefde. Om te aanvaar dat jou oë nie altyd op hulle kan wees nie, maar te weet dat die Vader se oë wel altyd op hulle is … en hulle dan daar te los met vrede in jou wese dat HY sal sorg.

7. Wat het ma-wees jou geleer?

Dat dit lekker is om kind te wees, al is jy groot. Om weer erkenning te gee aan daai klein goedjies wat groot goed was toe ons kinders was. Om op te hou jaag en jou longe vol lug te trek as dit reën. Om jou te herinner dat dit lekker is om soms simpel te wees en gesigte te trek. Om wegkruipertjie te speel …

Om ’n grootmens te wees is nie vir sissies nie, ons het almal verpligtinge, maar ons het daai kindwees in ons so diep begrawe onder die stres en druk van die samelewing dat dit soms ’n kind vat om dit op te grawe sodat jy weer daardie spontane lag en laf wees kan ontdek. Ma-wees het my geleer om te ontspan, om nie te hard op myself te wees nie en om die lewe nie deur my kinders se oë nie, maar deur die kind ín my se oë te geniet.

8. Wat is jou wens vir jou kinders?

Geluk.

Dat hulle geluk sal vind by die regte vriende

Geluk sal vind in liefde by die man en vrou wat die Here vir hulle gekies het

Geluk sal vind in ’n passie wat hulle loopbaan sal word

Geluk sal vind in hulself deur hulle waarde te ken in Jesus

Geluk sal vind selfs in donker tye deur positief te bly.

Ek wil hê hulle moet voluit lewe en nooit ’n dag mors nie … ek wil net hê hulle moet gelukkig wees.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.