kategorieë: KalenderOntspanning

Moenie Musiek Soos Grond by The Big Red Barn in Pretoria misloop nie!

Moenie Musiek Soos Grond by The Big Red Barn in Pretoria misloop nie! Inligting en foto’s verskaf. Hooffoto deur Henri Skoll Photography

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

The Big Red Barn (Pretoria) gaan hierdie naweek die tuiste wees van ’n baie unieke en betowerende musiekkonsert wat beloof om die mees aangrypende musiek van die beste talent in Suid-Afrika ten toon te stel!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Joshua na die Reën, Kaleidoskoop, Len Muller, Leon Gropp, Lizandra Winter en Liani Reynolds gaan almal die verhoog deel en nie net hulle eie verwerkings opvoer nie, maar ook saam musiek maak en mekaar begelei.

Lees ook: Ons gesels met Joshua na die Reën

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons gesels met Leon Gropp

Die eerste Musiek Soos Grond vertoning het die afgelope naweek by Villa Avianto in Bloemfontein plaasgevind en dit was ’n reuse sukses!

Buiten vir hoë gehalte musiek, sal gaste ook bederf word met gourmet-geregte, lekker wyn en goeie koffie om die geleentheid mee af te rond.

“Die kunstenaars wat betrokke is by die projek, is almal mense met dieselfde hart vir musiek wat as gevolg van ’n sameloop van omstandighede paaie gekruis het, en die doelwit is om hierdie konsep te groei sodat daar in die toekoms meer musikante betrokke kan wees,” vertel Joshua na die Reën, wat die musiekproduksie behartig.

Luister hier na Musiek Soos Grond se enkelsnit, Lugballon

Meer inligting oor die vertoning

Datum: 4 Mei 2019

Plek: The Big Red Barn, Pretoria

Tyd: Deure open om 17h00 en sluit weer om 22h00. Gaste is welkom om piekniekkomberse, kampstoele of kussings te bring om op te sit terwyl hulle saam kuier.

Kaartjies: Kaartjies sal beskikbaar wees by www.musieksoosgrond.co.za en sal wissel tussen R200 en R250 per persoon.

Ek word stil.

Ek word stil as my siel onder jou voete soos ’n oop, omgeploegde land lê.

Jy met jou musiek soos reën oor my… met ’n kaleidoskoop van kleur laat dit iets wat

versteek is binne my uit sy nate bars en dan word dit skielik groen,

’n grasvlakte, ’n boom, ’n woud.

En ek word stil,

stil tevrede as my siel te midde van jou melodieë ontkiem.

Musiek Soos Grond

Volg Musiek Soos Grond gerus ook op sosiale media: facebook, twitter en instagram

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.